Page 1 of 1

Kaliber vir 'n 9 jarige.

Posted: Fri May 24, 2019 11:45 pm
by JacquesvT
Yes julle, ek het baie lank terug so bietjie uitgevra oor die 223 as jag kaliber vir my laaitie.

Maar wat my pla is die beperking wat n 223 gaan he. Ek hoor boere laat nie altyd toe dat jy met hom jag nie, en ja ek reken hy gaan beperk wees tot kleiner wild?

Nou ek het iewers n recoil chart gesien waar hulle reken die 243 het nie baie meer recoil as n 223 nie. Die recoil maak die ou nog bietjie bang so ek moet dit in ag neem.
Nou, is ek reg as ek se die 243 sal hom verder vat as die 223, maw hy kan groter wild eendag skiet?
Dan, indien julle sou reken dus n goeie keuse kaliber, watse loop lengte, twist en maak sou julle aanbeveel?

Eks maar n leuk so enige raad us welkom groot asseblief.

Thanks

Sent from my LG-H815 using Tapatalk

Re: Kaliber vir 'n 9 jarige.

Posted: Sat May 25, 2019 4:38 am
by Morkel
JacquesvT wrote:Yes julle, ek het baie lank terug so bietjie uitgevra oor die 223 as jag kaliber vir my laaitie.

Maar wat my pla is die beperking wat n 223 gaan he. Ek hoor boere laat nie altyd toe dat jy met hom jag nie, en ja ek reken hy gaan beperk wees tot kleiner wild?

Nou ek het iewers n recoil chart gesien waar hulle reken die 243 het nie baie meer recoil as n 223 nie. Die recoil maak die ou nog bietjie bang so ek moet dit in ag neem.
Nou, is ek reg as ek se die 243 sal hom verder vat as die 223, maw hy kan groter wild eendag skiet?
Dan, indien julle sou reken dus n goeie keuse kaliber, watse loop lengte, twist en maak sou julle aanbeveel?

Eks maar n leuk so enige raad us welkom groot asseblief.

Thanks

Sent from my LG-H815 using Tapatalk
Ek het eers my laaitie laat skiet met n springer lug geweer. Toe vir hom n 17 hmr gekoop toe skuif hy aan 22/250 toe gee die geweer n probleem en sonder dat hy dit weet ruil ek dit na 6,5x55, - wel die laaste 3 jaar het die mannetjie my 308 gevat en is nou 13. Die ander een is 10 en voor hy nie daai springer skiet sonder om te flinch nie bly hy net waar hy is. Om skool geld in die jag veld te betaal is net te duur en nie regverdig teenoor die bok.
Persoonlik dink ek 6,5x55 met 156 gr oryx “will kill” ek geniet die geweer.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Kaliber vir 'n 9 jarige.

Posted: Sat May 25, 2019 4:49 am
by Rudie
Persoonlik sal ek eerder kyk na een van die 6.5mm variante. Baie boere is selfs skepties oor die 243.

Indien jy besluit ok te herlaai kan jy 'n 120gr af laai op die laer node. Die 6.5 kan alles doen wat 'n 243 kan doen.

Sent from my SM-G965F using Tapatalk

Re: Kaliber vir 'n 9 jarige.

Posted: Sat May 25, 2019 5:40 am
by Bonesjara
My manne is 7 en 9.
Hulle skiet veel eerder tans my 243 as my 6.5 al voel die 2 vir my dieselfde.

Soos Blaser sê het hulle ook daisy en windbuks begin en nou 243. Hulle skiet met gemak 20 skote. Jy wil hom nie nou bang maak. My doel is om hulle n liefde vir skiet te gee en hulle goeie gewoontes te laat aanleer. Dus as jy nie self laai en die spoed kan afkry soos bo genoem sou ek 243 gaan.

Vir waarde vir geld kan jy nie n HOWA 243 van die rak af wen nie. Die plaasboer in Bots waar ons jaarliks jag gee díe wapen vir kliente wat nie wapens bring. Die roer het al oor die 2000 bokke geskiet en hy pamperlang hom nie.

Sent from my SM-N960F using Tapatalk

Re: Kaliber vir 'n 9 jarige.

Posted: Sat May 25, 2019 5:54 am
by JacquesvT
Ek her vergeet om te noem hy het tans n .22 lug geweer. Hy skiet bitter goed papier, en ek vat hom gereeld veld toe vir n tarentaal.
Hy hou aan vir n groot geweer so ek het hom n deal gemaak dat as hy spaar en sy eie geweer koop, koop ek vir hom n scope. Hy het wel nog n paar maande oor maar ek begin nou al navors.

N paar mense het al vir my genoem van 6.5 cal, ek wil net dood seker maak.

Enige verdere raad welkom asb. Thanks

Sent from my LG-H815 using Tapatalk

Re: Kaliber vir 'n 9 jarige.

Posted: Sat May 25, 2019 6:39 am
by Apie
Iewers op hierdie forum is ‘n 6x45 te koop.

Ameikaners noem hom 6mm223

223 dop opgenek na 6mm.

My skiet ‘n 85 grein Gameking teen 2870fps en ‘n 100gr Hornady Interlock tussen 2550 en 2600fps.

Bitter min recoil en baie goeie doodmaakvermoë.
Groot voordeel van hom is dat hy minder geraas maak as ‘n 243 so sonder n demper is hy maklik hanteerbaar en maak min lawaai.
Probleem met die 6.5e is maar die terugskop.

As jou skootafstande beperk gaan wees sal ‘n 6.5Grendel wel kan werk.
Sy trajek is net bietjie gradeboogagtig.

Anders as jy ‘n Tikka 223 met 1-8 twist loop kan kry kan jy n 70-75greiner in hom ook laai


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Kaliber vir 'n 9 jarige.

Posted: Sat May 25, 2019 7:59 am
by Armand Steenkamp
Nee ek sal verseker die 243 aanbefeel. Ek het byde 243 en 6.5x55 en die 6.5 skop heelwat meer as my 243.

Re: Kaliber vir 'n 9 jarige.

Posted: Sat May 25, 2019 8:46 am
by Malan123
243 sal baie mooi loop. As hy probleme gee kry net 'n lekker knaldemper.

Re: Kaliber vir 'n 9 jarige.

Posted: Sat May 25, 2019 11:59 am
by rockrabbit
6.5 Grendel Howa mini met 95gr VMax

Re: Kaliber vir 'n 9 jarige.

Posted: Sat May 25, 2019 12:16 pm
by Nico de Jager
Ek sal n 6x45 sterk aanbeveel. Carel Kolesky het een wat in die mark is.

Re: Kaliber vir 'n 9 jarige.

Posted: Sat May 25, 2019 2:22 pm
by Glocked
Alhoewel die 6.5mm's die mark domineer en op almal se lippe is, het alles mos maar 'n plek. Die 243 sal nog vir baie jare lank lewe, en is die antwoord op baie vrae. Ek dink vir dit wat jy nodig het, en op jou vrae, is die 243 ook die regte antwoord.

Re: Kaliber vir 'n 9 jarige.

Posted: Sun May 26, 2019 12:23 pm
by Frederik
6.5x55 met knaldemper om begin skiet toe hy 10 was my seun is nou 14 maar geniet sy 6.5 vreeslik. Die jaar het hy by BASA begin skiet sonder die knaldemper.

Vroeer die jaar het hy wildebees met my 375 gekap en gister met Deon se 404 geskiet so lyk of hy nooit gehoor het van 'n flinch nie.

Re: Kaliber vir 'n 9 jarige.

Posted: Sun May 26, 2019 12:38 pm
by Apie
Alles wat almal hierbo sê het baie meriete.

Die geweer se gewig en lengte gaan die hanteerbaarheid vir die jong man bepaal.

As julle bakkie jag of voorsit gaan die gewere met dempers werk, dan is ‘n 243 of die groter kapisiteit 6.5e bakgat.

As jy sonder ‘n demper(lees ligte geweer) gaan werk en dalk meer uit veld posisies gaan jag sou ek glo dat ‘n .223 met swaar gewig punte of 6x45 tipe geweer reg is( min terugskop en sagter knal) vir hom.

Soos Frederik hierbo het.

Op 14 jaar is die mannetjies al lekker sterk ennkan die groter kalibers baie mooi hanteer


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Kaliber vir 'n 9 jarige.

Posted: Sun May 26, 2019 8:24 pm
by Baasvark
Beide my seuns oefen die afgelope 3 jaar met my .243.

Die oudste een is 11 en die jongste een 9.

Beide het hulle eerste bokke met hom verlede jaar gejag.

Ek dink soms is hulle minder gevoelig vir die terugskop as wat ons besef.

Natuurlik sal kolflengte 'n groot rol speel maar el stem ook dat 'n .243 die beste keuse is.

Bygese is my twee laaities redelik stewig gebou en kan dit 'n rol speel.

Sent from my SM-G975F using Tapatalk

Re: Kaliber vir 'n 9 jarige.

Posted: Sun May 26, 2019 8:26 pm
by Baasvark
8 en 10 toe hulle gaan jag het.[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201905 ... 9a962c.jpg[/IMG][IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201905 ... cf1ffe.jpg[/IMG]

Sent from my SM-G975F using Tapatalk

Re: Kaliber vir 'n 9 jarige.

Posted: Mon May 27, 2019 8:11 am
by Kolhasie
243 beslis

Re: Kaliber vir 'n 9 jarige.

Posted: Mon May 27, 2019 8:59 pm
by Alwin
My kinders het almal begin skiet tussen 6 en 9 jaar. (En nee, ek het nie 'n TV nie. ;) ) Tot op 9 was die 22 met verstelbare kolf die maklike gunsteling. Daarna het ek hulle soms toegelaat om 1 skoot met groter gewere te skiet, as hulle graag wou. Soms het hulle vir nog gevra en ander kere het hulle gesê "dankie, dit was lekker".

My advies is om elke kind toe te laat om te vorder soos wat hy of sy verkies. Om die waarheid te sê, ek laat my kinders my eers bietjie soebat, voor ek hulle toelaat om met enige wapen te skiet (al wil ek graag hê hulle moet). Op die manier voel hulle nooit hulle moet dit doen om my te plesier nie. Dit maak skiet vir hulle lekker en maak dat hulle beter reageer op instruksie. Selfde geld vir jag. Hulle begin onder by mossies en tiptolle, en vorder dan stadig na groter goed soos hase, tarentale ens. Elke jagtog is 'n nuwe avontuur en uitdaging. Teen die tyd dat hulle 'n duiker mag skiet is hulle al heel bedrewe.

Om 'n kleintjie te vinnig en te veel te laat doen laat die pa toe om met sy vernuftige spruit te kag spog, maar beteken nie juis veel vir die kind nie. Dit kan hulle maklik skopsku maak en sommer net bederf, dan wardeer hulle niks meer nie.

Daar is niks fout daarmee om 'n kind met 'n .22 te laat begin en dan later op te gradeer na 'n 223 toe nie. Beperk hulle ook op diere wat hulle wel wettig met die kalibers mag jag. Die kleinkaliber gewere hoef ook nie in onbruik te verval as hulle dan na 'n groter kaliber kan opgradeer nie. Tot vandag skiet ek meer skote per jaar met my .22 en 223 as met al die groter gewere saam.

Re: Kaliber vir 'n 9 jarige.

Posted: Mon May 27, 2019 9:57 pm
by Blink Stefaans
Apie wrote:Iewers op hierdie forum is ‘n 6x45 te koop.

Ameikaners noem hom 6mm223

223 dop opgenek na 6mm.

My skiet ‘n 85 grein Gameking teen 2870fps en ‘n 100gr Hornady Interlock tussen 2550 en 2600fps.

Bitter min recoil en baie goeie doodmaakvermoë.
Groot voordeel van hom is dat hy minder geraas maak as ‘n 243 so sonder n demper is hy maklik hanteerbaar en maak min lawaai.
Probleem met die 6.5e is maar die terugskop.

As jou skootafstande beperk gaan wees sal ‘n 6.5Grendel wel kan werk.
Sy trajek is net bietjie gradeboogagtig.

Anders as jy ‘n Tikka 223 met 1-8 twist loop kan kry kan jy n 70-75greiner in hom ook laai


Sent from my iPhone using Tapatalk
Daai 6x45 is n bakgat roer. Snuif snuif net so aan kruit en afhangende van groefdraai kan jy lekker swaar punte teen bos jag spoed gooi. En as jy lus het kan jy hom lig laai vir ongediertes.
Regtig n puik kaliber vir n jong man en vir papa as hy bietjie wil speel.
Loop lewe met swaarder punte gaan ook puik wees

Kaliber vir 'n 9 jarige.

Posted: Mon May 27, 2019 10:09 pm
by Tiny Hunter
Ek moes ongelukkig begin skiet op nege met n 30-06 Mauser en my Oupa het nie veel gedink aan terugskop nie want dis waarmee hy begin het. Ek is nou nie n fyn skut van geaardheid nie maar het wel n gelukskoot geslaan met die dat ek nie n flinch aan geleer het nie. My jongste neef is n paar jaar jonger as ek en hy het dieselfde pad gestap. Hy is nou 16 en sukkel nogsteeds met n flinch. Ek sou sê mens moet liewer nie die kans vat nie en van jongs af reg leer. Dink die .243 sal n baie goeie opsie wees want hy slaan harder as n .223 maar in my opinie minder as bv. 6.5 Creed. Het die vakansie die twee na mekaar geskiet en mens voel wel n verskil.

Net my 2c

Re: Kaliber vir 'n 9 jarige.

Posted: Mon May 27, 2019 10:16 pm
by Arnold
Daar is min senterslag gewere wat so lekker skiet soos n 223. Ek geniet myne en sy baie min terugskop vreeslik. Sodra jy opstap na die 243 verdubbel jou lading amper en dit maak n reuse verskil aan terugskop.

Omdat ek self herlaai kan ek my nie beperk tot "beskikbare" ammo nie. My voorstel sou wees om n 6.5 Creed met n dun loop te kry en hom lig te laai met 108gr koeëls. n Silencer help ook baie en as die knal weg is sê jou brein ook vir jou jy hoef nie bang te wees vir daai ding nie.

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

Re: Kaliber vir 'n 9 jarige.

Posted: Wed May 29, 2019 9:51 pm
by Apie
Blink Stefaans wrote:
Apie wrote:Iewers op hierdie forum is ‘n 6x45 te koop.

Ameikaners noem hom 6mm223

223 dop opgenek na 6mm.

My skiet ‘n 85 grein Gameking teen 2870fps en ‘n 100gr Hornady Interlock tussen 2550 en 2600fps.

Bitter min recoil en baie goeie doodmaakvermoë.
Groot voordeel van hom is dat hy minder geraas maak as ‘n 243 so sonder n demper is hy maklik hanteerbaar en maak min lawaai.
Probleem met die 6.5e is maar die terugskop.

As jou skootafstande beperk gaan wees sal ‘n 6.5Grendel wel kan werk.
Sy trajek is net bietjie gradeboogagtig.

Anders as jy ‘n Tikka 223 met 1-8 twist loop kan kry kan jy n 70-75greiner in hom ook laai


Sent from my iPhone using Tapatalk
Daai 6x45 is n bakgat roer. Snuif snuif net so aan kruit en afhangende van groefdraai kan jy lekker swaar punte teen bos jag spoed gooi. En as jy lus het kan jy hom lig laai vir ongediertes.
Regtig n puik kaliber vir n jong man en vir papa as hy bietjie wil speel.
Loop lewe met swaarder punte gaan ook puik wees
Myne is nou gelaai vir die bos.
23gr S321 vir 2524fps met 100gr Hornady SP Interlocks

My laaitie wat nou 9 is gaan saam jag en met hom skiet.

Hy het op 8 jarige ouderdom 4 Springbokke met die 85gr Gamekings geskiet teen 2870fps in die Karoo.

Geen demper en hy hanteer self die geweer, lig genoeg daarvoor.

Ek het self al ‘n paar vlakvarke met hom gerol en is heel tevrede met sy vermoë!

Ons gaan die naweek Marken toe en kyk of ons ‘n rooibok of vlakvark met hom kan looi!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Kaliber vir 'n 9 jarige.

Posted: Thu May 30, 2019 9:27 am
by LoopSoosStroop
Nog 'n stem vir .223, verkieslik in 'n klein geweertjie. Genoeg vir stap jag vir Springbokke en Rooibokke. Ek sal graag wil he hulle moet self die geweer kan dra, vashou en skiet. Ja hulle sal kan skiet met 'n full size .30-06 met demper, maar mens sal altyd dan moet help vashou of bakkie/voorsit jag.