Page 1 of 1
Entry level double
Posted: Tue May 28, 2019 8:19 am
by 30-0Kwes
Is daar so iets soos 'n entry level double?
Waarna sal jy kyk as 'n beginer met min kennis oor n double?
Kaliber, maak, prys natuutlik, ens?
Re: Entry level double
Posted: Tue May 28, 2019 8:20 am
by tripodmvr
Wat wil jy jag - grootte van prooi sal kaliber dikteer.
Re: Entry level double
Posted: Tue May 28, 2019 8:35 am
by 30-0Kwes
Vir my is buffel bo an die lys, maar ook van die groter bok spesies soos Eland, Bwb, ens.
Re: Entry level double
Posted: Tue May 28, 2019 8:41 am
by DWB
Bly maar weg van die goedkoper dubbels…
Kaliber gewys sal iets soos 'n 450/400 jou goed behandel vir jou behoeftes.
Party ouens is gelukkig met Merkel, ander nie.
Heym en Verney Carron blyk die meeste aftrek te kry deesdae.
Re: Entry level double
Posted: Tue May 28, 2019 8:51 am
by tau
Krieghoff se ouer roere was baie goed en in hulle prysklas word dit seker as "entry level" beskou. Ek weet die slimmer manne beweer die nuwes is nie dieslefde gehalte nie.
Re: Entry level double
Posted: Tue May 28, 2019 9:11 am
by tripodmvr
'n 9,3x74 is 'n opsie as jy dit slegs een of twee keer vir buffel gaan gebruik.
Re: Entry level double
Posted: Tue May 28, 2019 9:26 am
by Monster
Ek was verbaas oor Ralph Badenhorst se dubbel pryse en sal graag een van hulle koop. Die PH modelle het niks fancy op nie en was baie goed geprys
Re: Entry level double
Posted: Tue May 28, 2019 9:47 am
by LoopSoosStroop
Monster wrote:Ek was verbaas oor Ralph Badenhorst se dubbel pryse en sal graag een van hulle koop. Die PH modelle het niks fancy op nie en was baie goed geprys
Daar is hoeka 'n man hier wat mal is oor hulle kolwe, veral die stuk hout voor die sneller. Waar is Pappabeer nou?
Re: Entry level double
Posted: Tue May 28, 2019 10:54 am
by Capt. Yoda
LoopSoosStroop wrote:Monster wrote:Ek was verbaas oor Ralph Badenhorst se dubbel pryse en sal graag een van hulle koop. Die PH modelle het niks fancy op nie en was baie goed geprys
Daar is hoeka 'n man hier wat mal is oor hulle kolwe, veral die stuk hout voor die sneller. Waar is Pappabeer nou?
Hyt gese hy is reeds vandag besig om sy nuutste RB roer in te skiet
Re: Entry level double
Posted: Tue May 28, 2019 12:04 pm
by Johan van Wyk
Ek weet nie wat al die vervaardigers se dubbels kos nie maar "goedkoop" en "dubbel" hoort in my beskeie mening nie in een sin nie. Dit gaan tot `n groot mate afhang wat jou begroting is, en wat jy kan kry daarvoor.
Re: Entry level double
Posted: Tue May 28, 2019 1:36 pm
by Wouter Roets
Johan
Ek neem aan daar gaan so n uitnodiging na 30-0kwes se kant toe gaan om so n glasie of twee whiskey te kom nuttig.
Groetnis
Wout
Re: Entry level double
Posted: Tue May 28, 2019 1:58 pm
by Eland
Enige dubbel is maar n duur storie al kyk jy net na die ammunisie wat saam dit gepaard gaan.
Doen maar huiswerk en bekyk die beskikbaarheid van ammunisie komponente en wat jy beplan om te jag voor jy besluit op die cal.
9.3, 375 & 450 komponente is relatief vollop, doppe kan van tyd tot tyd duur of skaars wees
450/400 punte is nie volop nie, Peregrine maak hulle wel en is n goeie keuse.
470 is volop. moontlik ook jou algemeenste dubbel en goed geprys in vergelyking.
500 en op raak net buitensporig.
Ek het besluit op n VC in 470NE, het ook n deposito neergesit op n 450/400 Sabatti, maar nie baie gelukkig met die regulasie nie en het liewer ontrek.
Die VC nadat die aangepas is vir my, skiet soos n droom en groepeer wonderlik sonder moeite met van die beter gehalte fabrieks ammunisie as Hornady se DGX reeks (ek oeffen net met Hornady) Norma, Barnes en handladings groepeer onder n duim. maar bygese, ek het n red dot sight laat op sit wat bitter baie help, al doen dit afskiet aan die geweer se traditionele voorkoms.
Heym & Merkel is ook gladnie sleg nie.
Maak net seker van die waarborg indien jy mono solids wil skiet, party fabrikate waarborg net met FMJ.
9.3x74 is marginaal vir buffel, ek persoonlik sal dit nie aanbeveel nie.
Kans is groot dat die dubbel se regulasie teen n laer FPS gaan wees, as n 9.3x62.
Die laer spoed kan jou patroon affekteer deur nie voldoende "oop" te maak nie en te reageer soos n solid met n verminderde wond kanaal.
Sterkte met jou keuse!
Re: Entry level double
Posted: Tue May 28, 2019 2:07 pm
by Johan van Wyk
Johan van Wyk wrote:Ek weet nie wat al die vervaardigers se dubbels kos nie maar "goedkoop" en "dubbel" hoort in my beskeie mening nie in een sin nie. Dit gaan tot `n groot mate afhang wat jou begroting is, en wat jy kan kry daarvoor.
Hang af van die begroting en wat op die mark is op `n gegewe stadium, Wouter!
Re: Entry level double
Posted: Tue May 28, 2019 2:07 pm
by Frederik
Op die tweedehandse mark kan mens partykeer goeie winskoppie optel.
Timming en geld moet net beskikbaar wees. Daar is nou 'n redelike goeie 500NE beskikbaar van een van die ouer BASA lede seker nie meer as 50 skote deur hom nie.
Re: Entry level double
Posted: Tue May 28, 2019 2:58 pm
by Pappabeer
Eland wrote:
Ek het besluit op n VC in 470NE, het ook n deposito neergesit op n 450/400 Sabatti, maar nie baie gelukkig met die regulasie nie en het liewer ontrek.
Was die betrokke Sabatti waarna jy gekyk het nuut, of een van die fatale Cabellas modelle wat “gereguleer” is deur die kroon met n dremmel te molesteer?
Re: Entry level double
Posted: Tue May 28, 2019 8:24 pm
by 30-0Kwes
Dankie vir almal se advies so ver. Hoor nog graag van julle
Re: Entry level double
Posted: Wed May 29, 2019 1:38 am
by Eland
Pappabeer wrote:Eland wrote:
Ek het besluit op n VC in 470NE, het ook n deposito neergesit op n 450/400 Sabatti, maar nie baie gelukkig met die regulasie nie en het liewer ontrek.
Was die betrokke Sabatti waarna jy gekyk het nuut, of een van die fatale Cabellas modelle wat “gereguleer” is deur die kroon met n dremmel te molesteer?
Die betrokke Sabatti was blykbaar die plaaslike agent se Demo model. Eks goed bewus van die Sabattis wat so gemolesteer was, maar die ene was nog in n baie goeie kondisie so op die oog af.
Re: Entry level double
Posted: Wed May 29, 2019 11:09 am
by LoopSoosStroop
Bring vir my twee Howa .375 Rugers en ek sweis vir jou 'n ding aanmekaar.