Page 1 of 1

Hatsan AT44-10

Posted: Sun Jun 02, 2019 11:45 am
by Morne77
More. Wil graag net hoor wat julle manne dink van die PCP. N pel van my wil dalk syne verkoop. Voordele, Nadele. Ek skiet nie kompetisie nie. Sal hom op die plot gebruik vir die rotte by die vark kos dalk. Groete Morne

Sent from my SM-A510F using Tapatalk

Re: Hatsan AT44-10

Posted: Sun Jun 02, 2019 1:35 pm
by Ratel
Ek het een so bietjie meer as n jaar terug gekoop. Baie akkuraat en die 10 skoot magasyn is n plesier. Ek het gevind dat die standard windbuks koeeltjies te lig is en bont skiet. Hy is baie akkuraat met JSB monsters. Eerste tien skote het tien mynahs opgelewer. Afhangend van die prys is dit n goeie koop.

Re: Hatsan AT44-10

Posted: Sun Jun 02, 2019 2:07 pm
by Morne77
Baie dankie. Ek moet nog prys praat. Hy het n Air max scope, silencer en voetpomp. Wat kos so n setup nou?

Sent from my SM-A510F using Tapatalk

Re: Hatsan AT44-10

Posted: Sun Jun 02, 2019 2:37 pm
by LUAN

Re: Hatsan AT44-10

Posted: Sun Jun 02, 2019 3:11 pm
by Plaashaas
Koop! Die 13gr Premier werk baie goed. My beste skoot is kraai op 110m.

Re: Hatsan AT44-10

Posted: Sun Jun 02, 2019 3:22 pm
by Ratel
Ek het R6000 betaal met silencer, scope, duik silinder, ekstra magasyn en koppelstuk vir duik silinder. Ek sou se Google vir nuwe prys en besluit van daar af. Maar die geweer self is goeie kwaliteit en vakmanskap