Page 1 of 2

7rsaum

Posted: Sun Jun 02, 2019 9:37 pm
by Sakkie Rust
Naand
Kan iemand moontlik help met n min en max lading vir n ladder test .
7rsaum met VV N165 en n 180gr eld m punt

Dankie

Re: 7rsaum

Posted: Sun Jun 02, 2019 9:54 pm
by tripodmvr
Volgens my loer op QL gaan N165 te stadig wees. N150 gee beter spoed.

Watter spoedvlakke kyk jy na en wat is die looplengte.

Ek kan jou 'n brief gee dat QL jou vinniger en met baie minder koste by 'n node gaan kry as 'n ladder toets.

Re: 7rsaum

Posted: Sun Jun 02, 2019 10:04 pm
by Sakkie Rust
Baie dankie vir die help !
Die geweer het n 29" loop , wat ek op n ander platvorm raak gelees het kan jy met die N165 by 2934fps uitkom . Ek jaag nie spoed nie so tussen 2820 en 2930fps sal werk .
Het Norma doppe , lengte is 2.021" , H2O = 71.3gr ( dit is nuwe doppe wat nog nie in die kamer geskiet was nie !!!)
En dan cci magnum primers , TPL het ek ongelukkig nog nie .

Re: 7rsaum

Posted: Sun Jun 02, 2019 10:19 pm
by tripodmvr
Ek gaan nog na die opsies kyk, maar die 2930 vps is miskien moontlik, maar nie naby 'n node nie.

Re: 7rsaum

Posted: Sun Jun 02, 2019 10:30 pm
by Sakkie Rust
Baie dankie Tripod
As daar iewers n node le tussen 2820 en 2950.dan sal dit werk vir my .

Re: 7rsaum

Posted: Mon Jun 03, 2019 6:54 am
by tripodmvr
Ek het 2 dryfmiddels gekry wat by jou kriteria uitkom.

Norma MRP 2840vps en druk van 53K psi dopvulling 95%
VV N560 2830vps en druk van 53K psi dopvulling 95%

Beide se beginlading = 53gr en berekende spoed van 2700vps.

Re: 7rsaum

Posted: Sun Jul 07, 2019 11:36 am
by Sakkie Rust
More Tripod
Kan jy groot asb vir my kyk waar le die node met N165 .
Berger hybrid 180gr
TPL 79.82 ( 80.2mm teen die lands )
Dop lengte is 2.021"
H2O van gevuurder dop is 72.6gr
Loop 29"
Temp 18'c

59.0gr - 2787fps
59.5gr - 2792fps
60.0gr - 2819fps
60.5gr - 2831fps
61.0gr - 2876fps
61.5gr - 2882fps
62.0gr - 2900fps

Dankie !

Re: 7rsaum

Posted: Sun Jul 07, 2019 11:49 am
by JPS
Oom Marius, 2930fps mag dalk nie volgens quickload op node wees nie, maar daar is paar 7Rsaums wat op 2930 Fenominaal skiet op daai spoed.

Die wereld f klas kampioenskappe in 2017 in Kanada is ook gewen met 7Rsaum teen daai spoed. Die enigste nadeel is dat die loop tussen 800 en 1200 skotegroet teen daai spoed.

Selfde met ons SA’s die jaar ookgewen met Rsaum met daai spoed.

Re: 7rsaum

Posted: Sun Jul 07, 2019 12:17 pm
by tripodmvr
Ek gee 2 berekenings sodat julle self kan besluit waarnatoe.
Sakkie Rust 7RSAUM 180 Berger Hybrid VV165 Calc 2.jpg
Sakkie Rust 7RSAUM 180 Berger Hybrid VV165 Calc 1.jpg

Re: 7rsaum

Posted: Sun Jul 07, 2019 1:23 pm
by Sakkie Rust
Baie dankie Oom Marius
Is daar dalk n ander enkelbasis kruit wat my op daarsie spoed gaan bring met minder druk , en wat nie n crunch load is nie , ek sien met die an165 is die dop 103% vol so dalk n bietjie van n crunch load

Re: 7rsaum

Posted: Sun Jul 07, 2019 2:14 pm
by tripodmvr
Hier is twee ander dryfmiddels se data.
Sakkie Rust 7RSAUM 180 Berger Hybrid Norma MRP Calc 3.jpg
Sakkie Rust 7RSAUM 180 Berger Hybrid VVN560 Calc 4.jpg

Re: 7rsaum

Posted: Sun Jul 07, 2019 2:46 pm
by Rudie
JPS wrote:Oom Marius, 2930fps mag dalk nie volgens quickload op node wees nie, maar daar is paar 7Rsaums wat op 2930 Fenominaal skiet op daai spoed.

Die wereld f klas kampioenskappe in 2017 in Kanada is ook gewen met 7Rsaum teen daai spoed. Die enigste nadeel is dat die loop tussen 800 en 1200 skotegroet teen daai spoed.

Selfde met ons SA’s die jaar ookgewen met Rsaum met daai spoed.
JPS, wat is die dryfmiddel wat die manne gebruik om daar te skiet? Ek het gesien die IMR 7828 werk baie lekker en skiet teen 2840 mooi. Is nou al deur 4831sc, VV N560 en kry nie 'n beter lading as die een teen 2840 nie. Soos jy sê daar is baie Saums wat gellukig is teen 2930 fps


Sent from my SM-G965F using Tapatalk

Re: 7rsaum

Posted: Sun Jul 07, 2019 3:11 pm
by tripodmvr
Sakkie Rust 7RSAUM 180 Berger Hybrid IMR7828 Calc 5.jpg

Re: 7rsaum

Posted: Sun Jul 07, 2019 3:27 pm
by Sakkie Rust
Dankie Oom Marius
Net gou n vraag , ek sien die spoed word bereken om by daardie +/- 2930 te wees , hoe vergelyk dit met die barrel time , is die barrel time nog " korrek" vir n akkurate node ?

Re: 7rsaum

Posted: Sun Jul 07, 2019 4:15 pm
by tripodmvr
Nee, glad nie. Onthou net dat daar wel baie nou nodes tussen die hoof nodes voorkom. Hulle is dus baie streng beperk tot lae ES ladings sodat die spoed baie konstant bly.

Re: 7rsaum

Posted: Sun Jul 07, 2019 4:34 pm
by Capt. Yoda
Onthou ook meeste gewere wat manne hier in saum bou se loop lyk soos n springs sierra se xhaust so sy node band kan baie wyer wees as n normale sporter loop of hy kan hom glad nie steur aan OBT nie, dit is al baie bewys dat die 1.25”/HV/straight taiper lope maar bq van hul eie kop volg. Meeste manne wat komperteur is ook nie baie gepla oor of hy by 55k of 65k psi druk is nie die tyken wys hom wat hy wil sien

Re: 7rsaum

Posted: Sun Jul 07, 2019 7:56 pm
by JPS
Rudie wrote:
JPS wrote:Oom Marius, 2930fps mag dalk nie volgens quickload op node wees nie, maar daar is paar 7Rsaums wat op 2930 Fenominaal skiet op daai spoed.

Die wereld f klas kampioenskappe in 2017 in Kanada is ook gewen met 7Rsaum teen daai spoed. Die enigste nadeel is dat die loop tussen 800 en 1200 skotegroet teen daai spoed.

Selfde met ons SA’s die jaar ookgewen met Rsaum met daai spoed.
JPS, wat is die dryfmiddel wat die manne gebruik om daar te skiet? Ek het gesien die IMR 7828 werk baie lekker en skiet teen 2840 mooi. Is nou al deur 4831sc, VV N560 en kry nie 'n beter lading as die een teen 2840 nie. Soos jy sê daar is baie Saums wat gellukig is teen 2930 fps


Sent from my SM-G965F using Tapatalk
AR2209 soos dit in Australia bekend is. In die US word dit verpak en verkoop as Hodgdon H4350, dis die wat ons hier kry. Dit is met Rsaums wat 29” plus lope het.

Re: 7rsaum

Posted: Sun Jul 07, 2019 8:00 pm
by JPS
Capt. Oblivious wrote:Onthou ook meeste gewere wat manne hier in saum bou se loop lyk soos n springs sierra se xhaust so sy node band kan baie wyer wees as n normale sporter loop of hy kan hom glad nie steur aan OBT nie, dit is al baie bewys dat die 1.25”/HV/straight taiper lope maar bq van hul eie kop volg. Meeste manne wat komperteur is ook nie baie gepla oor of hy by 55k of 65k psi druk is nie die tyken wys hom wat hy wil sien
Ditto,

Ek neem ook aan, siende ek Sakkie se ander gewere gesien het en al langs hom gelê het en skiet dat die een van daai gewere is met pype soos jy hier noem ::)

Re: 7rsaum

Posted: Sun Jul 07, 2019 8:13 pm
by Sakkie Rust
Oom Marius
Hoe lyk die berekeninge vir H4350?

Dankie Jan
Is H4350 redelik beskikbaar hier by ons ?

Re: 7rsaum

Posted: Sun Jul 07, 2019 8:18 pm
by JPS
Sakkie, ek weet nie of daar nog oor is nie Safari het dit gehad.

Glo daar sal weer inkom. H4350 is maar soos ons S365( alhoewel baie dieselfde brandspoed bedoel ek meer soos ons beskikbaarheid van S365 is maar aan en af op rakke). Daar was vir lang ruk niks in US beskikbaar ook nie so die manne hier het maar gespring om dit te koop toe dit op die rakke verskyn.

Re: 7rsaum

Posted: Sun Jul 07, 2019 8:22 pm
by tripodmvr
Sakkie Rust 7RSAUM 180 Berger Hybrid H4350 Calc 6.jpg
Sakkie Rust 7RSAUM 180 Berger Hybrid AR2209 Calc 7.jpg

Re: 7rsaum

Posted: Sun Jul 07, 2019 8:32 pm
by Sakkie Rust
Baie dankie Oom Marius !

Re: 7rsaum

Posted: Sun Jul 07, 2019 10:08 pm
by JPS
Oom Marius,

Is altwee op default waardes gedoen?

AR2209 en H4350 is presies dieselfde kruit.

AR2209 word uitgevoer en verpak deur Hodgon in die US as H4350.

Re: 7rsaum

Posted: Tue Jul 09, 2019 8:40 pm
by Sakkie Rust
Naand Oom Marius
Mag ek maar weer op oom se knoppie druk asb !?

Kan oom asb vir my kyk as ek my TPL aanpad na 79.4mm en 79.15mm met VV N165 en Norma MRP , hoe dit die berekeninge verander .

Dankie Sakkie

Re: 7rsaum

Posted: Wed Jul 10, 2019 7:34 am
by swc-tr
JPS wrote:Oom Marius,

Is altwee op default waardes gedoen?

AR2209 en H4350 is presies dieselfde kruit.

AR2209 word uitgevoer en verpak deur Hodgon in die US as H4350.
Jan, al wat QL uitwys, is dat daar maar ook verskille in hulle batches kruit is.
Soos jy korrek aanneem, AR2209 en H4350 is dieselfde kruit.