Page 1 of 1

Beretta S56E o/u haelgeweer

Posted: Tue Nov 08, 2011 8:13 pm
by Christiaan
Naand manne,

Ek het alweer julle hulp, advies nodig op die boostaande o/u haelgeweer model.

Ek weet van een wat beskikbaar is vir R10 000 in n baie goeie toestand.

Is dit n goeie prys?

Het een van julle een?

Wat is die 'choke', of het hy lope wat kan ruil?

Het hy auto ejectors?

Voorbaad dank,

Christiaan

Re: Beretta S56E o/u haelgeweer

Posted: Mon Nov 28, 2011 10:13 am
by baboonstalker
Christiaan,

Presies die geweer het Saterdag op Classic Arms se veiling verkoop vir R10K.
Sy chokes is "full" en "Modified" oftewel 1/2"
Die geweer het wel ejectors, en jy kry hom in enkel of dubbel sneller.
Jy kon ekstra lope vir hom kry, maar Beretta maak hulle nie meer nie.
Musgrave het hulle destyds die land ingebring.

Ek stel belang as iemand weet waar ek dalk nog so 'n geweer kan kry. (classic Arms het nog van hulle, maar R12 500 is bietjie styf vir my)

Groete
Pieter

Re: Beretta S56E o/u haelgeweer

Posted: Mon Nov 28, 2011 10:16 am
by Beretta
Manne
Nou net net met n ou vriend van my gepraat het dieselfde Beretta vir R2300.00 verkoop as ek maar net geweet het
Beretta

Re: Beretta S56E o/u haelgeweer

Posted: Fri Aug 30, 2013 6:52 pm
by Johan Reyneke
Ek sit nou al meer as 2 weke en wik en weeg oor dieselfde tipe wapen. Ek het 'n offer gemaak van R10000 op die wapen nadat die persoon aanvanklik R14k wou gehad het, en dit lyk of hy dit gaan aanvaar. Die wapen is so 10 jaar oud, maar daar is nie sigbare slytasie op die wapen nie. Selfs die merke in die aksie gedeelte waar dit breek is nog duidelik sigbaar. Die loop is skoon, en die wapen handelaar het gese dat hy dit nog vir my diens ook. Die kolf het het geen duikies of merke nie, net op die kam gedeelte is daar 'n duikie wat sigbaar is wat lyk soos stamp teen iets wat rond was, maar kan herstel word sonder probleme. Die grafering is nog perfek.

Wat is die gevoel, is dit te veel vir so ou wapen, alhoewel beretta het baie goeie gewere gemaak, en glo ek maak nog steeds. Dit het nie chokes in nie en is enkel sneller. Blykbaar het ook nooit met chokes gekom nie.

Dit het 28" loop

Re: Beretta S56E o/u haelgeweer

Posted: Mon Sep 02, 2013 9:47 pm
by Johan Reyneke
Koop is afgehandel, more gou die aansoek gaan ingee, en dan wag.

Dit wil lyk of dit nie 'n slegte kopie gaan wees nie aangesien ek op classic arms een vir R12500 gesien het.