Page 1 of 1

Triggercam.

Posted: Fri Jun 14, 2019 10:33 am
by Gawie(13mm)
Net so nou en dan verskyn daar 'n produk op die mark wat jou laat wonder hoekom jy nie self daaraan gedink het nie. Ander kere word 'n produk bekendgestel waaroor jy al lank droom en al self 'n prototipe probeer prakseer het. ;D Die Triggercam kan by laasgenoemde ingedeel word.

Daai video's van kopskote op 450m, kan nou verewig word met die Triggercam.

Die beste van alles, is dat dit in Suid Afrika ontwikkel is en plaaslik bemark word.
Smitstertjie het kort voor Huntex melding gemaak van die nuwe katoeter en dit is dan ook daar bekendgestel. Inligting oor die Triggercam en hoe hy werk was maar skraps. Intussen is daar 'n paar video's op Youtube geplaas.

Ek moet erken dat ek dit sterk oorweeg het om 'n "Sideshot" in te voer en saam met 'n GoPro te gebruik, maar die totale paket sou my net oor die R10 000 kos. Ek was ook nie lus om met 'n selfoon op my geweer te jag nie. :o

Nico Harris het laat weet dat hy 'n prototipe getoets het en dat ek maar kan laat loop. Deur hom, het ek met die behulpsame mense by Triggercam kontak gemaak. My tydlyn was bitter kort, siende dat ek hom op my kuier aan die Karoo wou toets.

Ek het hom Woensdag bestel op hul webtuiste en is per epos in kennis gestel dat hul wag op 'n besending van hul vervaardigers.
Dit was 'n angstigge naweek en Maandag oggend kry ek 'n vriendelike oproep van Renelle om te sê dat daar'n probleem is.
Pretoria sit sonder krag en nie een van die koerier maatskappye kan haar help nie, maar dat sy 'n plan sal maak en belowe dat ek my Triggercam betyds sal kry. Sy klim wraggies in haar motor en ry Johannesburg toe om my pakkie oornag weg te stuur. Dinsdag oggend, half agt, stop Aramex voor my kantoor met my pakkie.

Dus nou diens; dankie Renelle.

Genoeg gebabbel! ;D

Wat is in die pakkie?
'n Triggercam kamera. Verskeie spasieërders wat op die oogstuk van jou teleskoop pas. 'n USB kabel en 'n multi-gereedskapstuk. Daar is reeds 'n 8 Gig geheueskyfie in die Triggercam! Alles in 'n netjiese boksie.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190614/fe5746c3d617ca3bc0a8618e96a74f4e.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190614/19b2a410e4b5a22720b88570a950181a.jpg
My enigste negatiewe kommentaar is dat daar geen instruksies saam met die Triggercam kom nie. Nie eens bassiese aanwysings nie. Google en Youtube kon my egter in die regte rigting stuur.
https://youtu.be/wvq89uU_AtE

Ek het die Triggercam se applikasie op my selfoon afgelaai en die Triggercam op my teleskoop geinstalleer soos op die Youtube video en 'n paar skote op 'n springbok teiken op 200m geskiet. Die skote was hoog, want ek het nie voor die tyd die teleskoop gezero op 100 m nie. Image
https://youtu.be/VxAGLCqOiCQ

Ek het my 243 AI met 'n Leupold VX-3, LRP 8.5-25 gebruik.
Die skote op die baan is uit die lê houding afgeneem. Ek het die Archangel se interne tweepoot gebruik met my rys-sakkie as agterste rus. Die 200mm gong op 300m was volgende aan die beurt nadat ek die teleskoop op skoot gebring het.
Die foon applikasie laat jou toe om die video's te redigeer en klank of musiek by te voeg. Jy kan selfs 'n stemopname invoeg.
https://youtu.be/BhX8wIkkKcA

In die jagveld kon ek ook 'n skoot of twee opneem en ek belowe julle dat ek skaam kry vir die bollie wat ek aangevang het. >:D Die 3 ooitjies het kat en muis met my gespeel. Ek is egter trots op my eerste poging.
https://youtu.be/Xe7JDCUWVTQ


//uploads.tapatalk-cdn.com/20190614/53d8bf358b074664c11846145d1012d1.jpg

Die Triggercam is 'n bakgat katoeter wat ek met 'n oop gemoed sal aanbeveel. Indien jy 'n applikasie op jou foon kan laai en bestuur, sal jy regkom met die Triggercam. Daar is 'n paar klein goedjies wat pla, maar ek is seker dat sommiges uitgestryk kan word met die opgradering van die sagteware. Daar is nerens 'n aanduiding van hoeveel batterye krag beskikbaar is nie. Dieselfde geld vir die geheueskyfie.
Die LED liggies was ook moeilik sigbaar in die helder Karoo son. Die "biep" geluid wat jy hoor as jy 'n funksie aanskakel het egter hiermee gehelp, maar as dinge rof gaan, kan jy dit ook mis. Ek kan egter daarmee saamleef as ek dit opweeg teen die bou-kwaliteit van die produk en die kwaliteit van die opnames. Die mikrofoon werk uitstekend, soveel so dat ek in die vervolg moet let op my taalgebruik. ::)

Die Triggercam pas oor die oogstuk van jou teleskoop en verklein jou oog tot teleskoop afstand met ongeveer 'n duim. 'n Goeie demper of tromprem is dus aan te beveel. Uit die vuis het ek die impak op 'n bok gemis, maar ek kon op die video sien waar die skoot breek en kon die koeël, die bok hoor tref.
Die bok was op 88m. Die Triggercam was vas op my oogstuk, maar die sluitring van die oogstuk self, was nie mooi vas nie. Dit is hoekom die beeld effens gekantel is. Ek het ook die verkeerde verstelling vir die opname gebruik en dus is die beeld en klank nie gesinkroniseer nie. :-[
https://youtu.be/bKQPIUP35gI

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190614/940d2f70cc0d07dbde770245ca2322c3.jpg

Vir net onder R7500.00 is hy nie goedkoop nie, maar 100% meer as dit werd.

Re: Triggercam.

Posted: Fri Jun 14, 2019 10:48 am
by Smitstertjies
Goeie review Gawie.

Ek het ook toe maar een aangeskaf, en op sy eerste jag het hy sy geld klaar betaal. My pa se oge het hom nou heeltemal in die steek gelaat (Na 30 jaar se diabetes). Hy sukkel om n bok op 100m deur die scope raak te sien. Die laaste paar jagtrips ry hy maar net saam.... Met die triggercam is ek en hy die digte bosveld in. Ons het gemsbokke op so 80 meter gekry wat glad nie van ons bewus was nie. Ek kon my pa rustig op skoot kry terwyl ek die selfoon skerm dophou. Ek kon duidelik sien toe hy mooi stabiel op die blad was en ek het hom gefluister die skoot kan maar loop. Die gemmie het net daar in sy spore geval.

Die video van daai bok wat val sal n ewige souvenir bly!

Re: Triggercam.

Posted: Fri Jun 14, 2019 12:39 pm
by andre007
Netjies Gawie

Re: Triggercam.

Posted: Fri Jun 14, 2019 12:49 pm
by Wouter Roets
Gaafster

Ek het lanklaas so n mooi en profesionele terugvoer gelees op n forum. Welgedaan maat!

Groetnis
Wouter

Re: Triggercam.

Posted: Fri Jun 14, 2019 3:26 pm
by Basie2



Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Triggercam.

Posted: Sat Jun 15, 2019 10:18 am
by Gawie(13mm)
Dankie manne.
Ek hoop om binnekort nog 'n paar videos te plaas. Die makoue sit swart op die graanlande. >:D

Die Triggercam is ook 'n fantastiese hulpmiddel tydens 'n baansessie. Met die dat jy die beeld deur die teleskoop, direk op jou selfoon deur WiFi kan monitor en opneem, kan jy heelwat leer oor jou eie skietgewoontes en vinnige aanpassings of verstellings maak.
Tydens ons laaste baansessie daar in Carnarvon, kan ons baie mooi die Mirage korroleer met die wind. Omrede daar niks gras in die veld is nie en die droeë karoobossies glad nie beweeg nie, was daar geen visiuele aanduiding van wind nie. Sonder die Triggercam sou ek en my skietmaat al ons ammo uitgeskiet het. Na die eerste skoot kon ons die video terugspeel en die nodige aanpassings maak.

Re: Triggercam.

Posted: Mon Jun 17, 2019 1:20 pm
by Bees
Dag Pêrre!

Die bestuurder van hierdie besigheid (Triggercam) is 'n vriend van my en ek moet erkenning aan hom gee vir die hoeveelheid moeite en dinkwerk wat hulle in hierdie konsep ingeset het. Die konsep kom nou al 8 jaar of langer en om die speelding te ontwerp het hom baie trips oorsee gekos. Hoop julle manne geniet die toestel en koop dit op strepe, die memories wat ons bank (ek was gelukkig om deel te wees van die testing vanaf die eerste concept device) is ongelooflik en ons kyk die jagvideos oor en oor.

@Wildjagter kan bietjie onse vids gooi op youtube en die link hier post dan kan julle sien hoe mooi die vids uitkom. Enigste trick is om seker te maak jou device is mooi gemount en stewig en reguit gemount so gaan bietjie skietbaan toe en maak seker daarvan.

Lekker jag bulle, gooi vrae indien julle het.

Groete

Bees

Re: Triggercam.

Posted: Mon Jun 17, 2019 1:51 pm
by Gian_dP
Dankie Gawie. Dit lyk na 'n lekker opleidingsinstrument en manier om mooi jagvideos te kry.

Mooi daar uit die vuis geskiet!

Sent from my SM-G920F using Tapatalk