Page 1 of 1
Burris XTR III is oppad
Posted: Mon Jun 17, 2019 6:56 pm
by Dumbluck
Burris se nuwe weergawe van die XTR reeks is oppad, dit sal verduidelik hoekom die XTRii's so skaars geraak het.
Ek is baie beindruk met die XTR II 3-15x50 op my 223 en ek moet sê ek was opgewonde oor 3.3-18 XTR III tot ek sy prys gesien het
Ek wonder of hulle nie hulself uit die mark uit gaan prys nie. Daar is 'n nuwe kersfeesboom kruishaar opsie maar hulle het illumination weggeneem. Baie vreemd vir my.
https://www.jaracal.com/download/file.php?mode=view&id=46093&sid=1a1616e4e0f50f7ea97e456ad5b5e7d0
https://www.jaracal.com/download/file.php?mode=view&id=46094&sid=1a1616e4e0f50f7ea97e456ad5b5e7d0
https://www.burrisoptics.com/scopes/xtr-iii
https://www.burrisoptics.com/scopes/xtr ... .3-18x50mm
https://www.burrisoptics.com/scopes/xtr ... 5-30x56-mm
https://www.burrisoptics.com/reticles/scr-2
Re: Burris XTR III is oppad
Posted: Mon Jun 17, 2019 8:33 pm
by Arnold
Oulik maar soos jy sê wonder ek ook met watse scopes hy nou moet kompeteer terwyl dit in my oë met die Vortex GenII PST moet boks.
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Re: Burris XTR III is oppad
Posted: Tue Jun 18, 2019 8:53 am
by Capt. Yoda
Alles is nou gemik vir of ELR of PRS, met n 120 moa interne verstelling en FFP is die nie n ligtegtat scope nie.
As die scopes goed is en reg track met goeie glas vat dit een review van n ou op Snipershide wat se die scope kompeteer baie goed teen x en Y wat meer kos en dit is n lekker prs scope en die manne gaan op hulle spring, nog beter een ou wat nie geborg is nie moet n groot comp wen met een op sy geweer. Met n SRP van bq oor die $2000 sal hulle seker hier by $1500 verkoop.
Ek dink daai scope is vir n bq hoer mark as die PST gemik, sou raai hy is direk gemik op Bushnell se mark aandeel in die PRS
Re: Burris XTR III is oppad
Posted: Tue Jun 18, 2019 2:15 pm
by Arnold
Hulle het darem die regte foto vir hulle bemarking ... die PRS seisoen wenner van 2018

FoV lyk goed vir PRS maar ek is nie 'n voorstaander van FFP vir ELR nie alhoewel hulle baie interne verstelling beskikbaar het.
Sal maar sien wat hulle hier kos. Burris was nog altyd vir my goeie glas vir die geld.
Re: Burris XTR III is oppad
Posted: Fri Aug 09, 2019 10:40 pm
by Dumbluck
Hulle geniet al klaar verniet bemarking.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190809/8c796a5aa915aa96a87a6586b3f6b332.jpg
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: Burris XTR III is oppad
Posted: Mon Aug 12, 2019 2:27 pm
by TianEbersohn
Word hy in die Fillipyne gemaak?
Re: Burris XTR III is oppad
Posted: Mon Aug 12, 2019 2:42 pm
by Capt. Yoda
Manne sal sekerlik binnekort se hy word saam met Rudolph in NF se fabriek gemaak
Re: Burris XTR III is oppad
Posted: Mon Aug 12, 2019 3:49 pm
by Eugene
Ek het die xtr ii en dis in alle opsigte 'n great teleskoop vir my. Behalwe dat die paralaks na 800m nie meer vir my erg effektief is nie. Hoop die iii se paralaks verstelling is beter.
Re: Burris XTR III is oppad
Posted: Wed Jan 08, 2020 9:58 am
by Coetzer Cilliers
Ek dink ook die XTR3 gan te duur wees.....ek sien hulle gan die 5.5-30x56 nogsteeds net kan maak met 90MOA elevation....indien hulle dit gan doen gan die manne net meer Vortex PST's koop...ek kan nie sien dat iemand R10k meer gan betaal vir n XTR3 as vir n PST nie
As hulle die elavtion kom opstel na 120MOA toe of iets dan was dit dalk nander storie
net my 5c
Re: Burris XTR III is oppad
Posted: Fri May 15, 2020 2:48 pm
by Dumbluck
Sjoe daai XTR III prys lyk goed!
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: Burris XTR III is oppad
Posted: Sat May 16, 2020 1:10 pm
by Boesman1
Het jy al besigheid gedoen met hul? Daai pryse lyk te goed om waar te wees
Sent from my iPad using Tapatalk
Re: Burris XTR III is oppad
Posted: Sat May 16, 2020 1:21 pm
by sako 30-06
Boesman1 wrote: Sat May 16, 2020 1:10 pm
Het jy al besigheid gedoen met hul? Daai pryse lyk te goed om waar te wees
Sent from my iPad using Tapatalk
Ek kan net goed praat van VLT, praat sommer met Divan.
Hulle het laas my foutiewe scope vervang met n nuwe een.
Re: Burris XTR III is oppad
Posted: Sun May 17, 2020 12:00 pm
by figjam
Ek het gebel oor daai xtr3. Daar was net een en hy was in Moa.
Re: Burris XTR III is oppad
Posted: Fri May 14, 2021 9:19 pm
by Dumbluck
Het enigeiemand al so scope in die hande gekry?
Ek het my kans gemis om een 2de hands te koop. Hulle was op 'n tyd te koop vir R24000 ma ek kry nie nou weer die post/advertensie op Facebook nie.
Ek is op soek na een as iemand weet waar hul wegkruip.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: Burris XTR III is oppad
Posted: Sun May 16, 2021 10:07 am
by Toyrsi
Praat met Flash.
Hy het n XTR3.
Het bietjie met hom gespeel. Baie impress.
Sent from my JNY-LX1 using Tapatalk
Re: Burris XTR III is oppad
Posted: Mon May 17, 2021 7:28 am
by Gerhardu
Dumbluck wrote: Fri May 14, 2021 9:19 pm
Het enigeiemand al so scope in die hande gekry?
Ek het my kans gemis om een 2de hands te koop. Hulle was op 'n tyd te koop vir R24000 ma ek kry nie nou weer die post/advertensie op Facebook nie.
Ek is op soek na een as iemand weet waar hul wegkruip.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Ek glo die nuwe prys gaan amper dubbel dit wees.