Page 1 of 1
Mantis X training system
Posted: Sun Jun 23, 2019 5:52 pm
by 30-06
Goeie naand.
Het enige iemand ondervinding van die stelsel.
Ek wil graag meer uitvind hieroor en oorweeg dit om een aan te skaf as dit werklik kan help met die analise van my skiet tegniek.
meeste inligitng op die net handel oord handwapens.
My behoefte is gewere.
Die meeste van ons skiet flyers wanneer ons groepe skiet.
Ons wonder dan of dit ons of die toerusting is.
Dit klink of die toestel die raaiwerk kan uithaal en jou foute uitwys.
Re: Mantis X training system
Posted: Tue Jun 25, 2019 10:17 am
by 30-06
More manne.
Kan dit dan wees dat hier op die forum nie iemand is met kennis van die stelsel nie.
Daar was dan selfs n artikel in die Landbouweekblad hieroor.
Die opskrif was.
Nuwe toestel leer jagter raak skiet
Re: Mantis X training system
Posted: Tue Jun 25, 2019 10:43 am
by Capt. Yoda
Ek is nie seker of dit die Mantis is nie maar in die US gebruik die manne al jare lank die selfde tiepe ding op veral .22s en hulle se dit leer jou baie oor veral sneller beheer
Re: Mantis X training system
Posted: Tue Jun 25, 2019 1:20 pm
by Jaco V
Ek ken glad nie die Mantis sisteem nie en kan sodoende nie opinie lewer nie, ek het wel baie ervaring met die "Scatt rifle training system", gaan Google dit, dit is wat meeste van die olimpiese skiet disiplines gebruik vir analise en oefening.
Dit werk regtig goed as jy op daardie vlakke wil kompeteer.
Re: Mantis X training system
Posted: Tue Jun 25, 2019 1:37 pm
by Capt. Yoda
Ja Scatt is die een wat ek aan gedink het
Re: Mantis X training system
Posted: Tue Jun 25, 2019 4:23 pm
by 30-06
Dit wil voorkom asof dit soortgelyke stelsels is.
Uit die aard van die saak is daar n massiewe verskil in prys.
Die Mantis se prys is meer bekostigbaar vir die gewone man wat net sneller beheer wil verbeter.
My vraag is of die produk dit sal kan doen.
Daar is duidelik nie baie inligting by ons manne hieroor beskikbaar nie.
Dalk skiet ons manne klaar goed genoeg.