Page 1 of 1

CZ200S 5.5mm

Posted: Sun Jul 14, 2019 7:55 pm
by Smit@50
Manne help asb. Ek het so n geweer aangeskaf , maar wil weet wat se patrone werk met die geweer. Ek wil nie 30 verskillende patrone gaan koop nie. Gee raad asb.


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro

Re: CZ200S 5.5mm

Posted: Sun Jul 14, 2019 8:06 pm
by Xplicitly
Smit@50 wrote:Manne help asb. Ek het so n geweer aangeskaf , maar wil weet wat se patrone werk met die geweer. Ek wil nie 30 verskillende patrone gaan koop nie. Gee raad asb.


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
JSB Diabolo Exact. Probeer die 5.52 of 5.53mm. Dit is sy kos.

Sent from my SM-G965F using Tapatalk

Re: CZ200S 5.5mm

Posted: Mon Jul 15, 2019 2:01 pm
by Eland
Stem!

JSB 18.13grn. werk oor die algemeen baie goed in meeste 5.5mm PCP's.

kyk maar wat jou spoed doen met die 18grn, as hy biekie lae FPS gooi, kan jy 13grn probeer, maar persoonlik verkies ek die 18grn rondom 820-860fps.
Op my gewere kry ek die beste akkuraatheid & n goeie skoot telling in daai opstelling.

Onthou ook om daai loop eers mooi skoon te maak dat jy die fabrieks jam uit die loop kry.

Re: CZ200S 5.5mm

Posted: Mon Jul 15, 2019 2:12 pm
by Xplicitly
Ek het al gesien dat die beste groepe rondom 900fps lĂȘ. Nie vinniger nie. Dit is amper asof daar turbulensie plaas vind vinniger as dit en dan akkuraatheid beinvloed.

Sent from my SM-G965F using Tapatalk

Re: CZ200S 5.5mm

Posted: Mon Jul 15, 2019 2:29 pm
by Ammion
Smit@50 wrote:Manne help asb. Ek het so n geweer aangeskaf , maar wil weet wat se patrone werk met die geweer. Ek wil nie 30 verskillende patrone gaan koop nie. Gee raad asb.


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Definitief die 13.43gr JSB Exact RS - die 18 & 16gr pellets is te swaar vir die CZ200 gewere. Dink hulle is almal oorspronklik 12fpe gewere en kan bietjie op gestel word na 15-16fpe