Page 1 of 1
My Kalahari-jag....
Posted: Tue Jul 16, 2019 7:07 pm
by Myburgh Howa
Goeie naand almal....
My pa het my Kalahari toe gevat die vakansie en ek en hy het dit baie geniet. Ons het lekker vuur gemaak en saam om die vuur gesit en koffie en koeldrank gevat. My pa het my elke oggend vroeg wakker gemaak en dan het ons gaan jag. Ek jag al van kleins af saam met my pa en soms was hy maar moeilik met my, maar met rede, veral as dit by wapenveiligheid kom.
Hier is vir oom-hulle 'n paar fotos.
Groete
Myburgh
Re: My Kalahari-jag....
Posted: Tue Jul 16, 2019 7:09 pm
by Myburgh Howa
..........
Re: My Kalahari-jag....
Posted: Tue Jul 16, 2019 7:22 pm
by Cbird
Watse voorreg!
kan nie wag vir die dag wat my bullietjie oud genoeg is vir ons beurt nie.
Re: My Kalahari-jag....
Posted: Tue Jul 16, 2019 9:16 pm
by Pumba30-06
Baie geluk en geniet elke oomblik wat jy kan saam jou pa!
Re: My Kalahari-jag....
Posted: Wed Jul 17, 2019 5:35 am
by tripodmvr
Myburgh, en daardie gemsie met die kort horings????????
Re: My Kalahari-jag....
Posted: Wed Jul 17, 2019 6:26 am
by joe rocket
Baie geluk Myburgh. Mooi bokke.
Re: My Kalahari-jag....
Posted: Wed Jul 17, 2019 6:56 am
by Plaashaas
Mooi seun. Dankie vir die deel.
Ps: Onthou die fotos van die windpomp, vuur en hond ook.
Re: My Kalahari-jag....
Posted: Wed Jul 17, 2019 7:31 am
by ruaanb
Mooi so jong man!
Re: My Kalahari-jag....
Posted: Wed Jul 17, 2019 7:35 am
by FrancoisW
Hi Myburg,
Was lekker om jou en jou pa nou die dag te ontmoet.
Jy skiet darem lekker en mooi raak.
Geniet elke oomblik.
Groete
Re: My Kalahari-jag....
Posted: Wed Jul 17, 2019 7:45 am
by Antondup
Baie geluk Myburg
Baie mooi Springbok daai!
Groete
Re: My Kalahari-jag....
Posted: Wed Jul 17, 2019 8:07 am
by matewis
Baie mooi Boeta!
Re: My Kalahari-jag....
Posted: Wed Jul 17, 2019 8:24 am
by kudu375
Hallo Myburgh,
Ek volg nou al n ruk lank jou jag avonture saam met jou Pa, en ek moet vir jou sê as ek so na al daardie kalahari en jagfotos kyk,was ek al n paar keer saam met julle langs die vuur met n koffie in die hand.
Maar dan skrik ek wakker en moet ek maar voortbeur hier in die stad...
As ek altyd so na jou Pa se plasings gekyk het op Jaracal kon ek ook nie wag dat die dag aanbreek waneer ek en my seun kan saam jag nie(wat toe ook so was in Junie en hy sy eerste bok kon skiet, verseker die hoogtepunt van my jag loopbaan)
Ek hoop om nog baie van jou,jou pa en ruger se kalahari avontuur te lees. Dit is baie spesiaal wat julle twee het.
Dankie dat julle dit met ons deel.
mooi dag (en hard leer-skool raak ook klaar)
Re: My Kalahari-jag....
Posted: Wed Jul 17, 2019 11:53 am
by joe rocket
O ja Myburgh, ek dink al die ooms sal met my saamstem dat jy beter as jou pa skiet... Maar onthou net hy het jou mooi geleer

Re: My Kalahari-jag....
Posted: Wed Jul 17, 2019 12:08 pm
by win270
Netjies, Myburgh!! Jy en jou pa het ervaringe wat menigtes van ons in die stad se monde laat kwyl. Geniet dit in die veld en hou aan om ons te bederf met foto's en vertellinge. Jy kan gerus begin vertel wat al jou geheime is om suksesvol te kan jag. Skootplasing, snellerbeheer, wind, lig, ens, ens. Ek is seker iets gaan ons leer in die proses.
Groetnis
Win270
Re: My Kalahari-jag....
Posted: Wed Jul 17, 2019 3:09 pm
by Myburgh Howa
Baie dankie ooms.
Re: My Kalahari-jag....
Posted: Wed Jul 17, 2019 4:45 pm
by Myburgh Howa
tripodmvr wrote:Myburgh, en daardie gemsie met die kort horings????????
Daardie bok met die kort horings is so gebore oom. Die oom waar ons hom geskiet het, het gesê hy lyk nie mooi tussun sy, toe vra hy vir ons of ons hom vir hom sal skiet, en nooit sal ons nee sê nie.
Geniet oom se dag verder.
Re: My Kalahari-jag....
Posted: Wed Jul 17, 2019 4:49 pm
by Myburgh Howa
FrancoisW wrote:Hi Myburg,
Was lekker om jou en jou pa nou die dag te ontmoet.
Dit was lekker, oom het net te kort gekuier.
Re: My Kalahari-jag....
Posted: Wed Jul 17, 2019 4:51 pm
by Myburgh Howa
joe rocket wrote: Maar onthou net hy het jou mooi geleer

Ja oom dit sal ek altyd onthou.

Re: My Kalahari-jag....
Posted: Wed Jul 17, 2019 4:53 pm
by tripodmvr
So, Poena het gesneuwel. Was dit nog 'n jong bok? Sawwe vleisies vir jou pa se winkeltande.

Re: My Kalahari-jag....
Posted: Thu Jul 18, 2019 5:01 pm
by partner
Dankie vir die deel. Bitter baie trots op jou.
Re: My Kalahari-jag....
Posted: Fri Jul 19, 2019 11:14 am
by Ben Remington
Mooi geskiet Boesman..altyd lekker saam jou in die veld...sien jou weer móre in die Kalahari ou pel.
Re: My Kalahari-jag....
Posted: Fri Jul 19, 2019 11:29 am
by Philip_R
Baie mooi gedoen Myburg.