Page 1 of 1

IMR4350 en 25-06 Remington Loop mooi

Posted: Fri Jul 19, 2019 11:15 am
by Brno308 jagter
Hi Kerels

Ek het gaan ladings toets oor die naweek en absoluut puik groepe (Ek jag, skiet nie skyf nie) gekry met IMR4350 en my 25-06 Rem gelaai met 117gr Sierra Gameking punte en Sako doppe met CCI200 slagdoppe

Lading 1: 48gr IMR4350 gemiddelde spoed was 2850ft/s met 3 x ladings groepering was 22mm

Lading 2: 49gr IMR4350 gemiddelde spoed was 2934ft/s met 3 x ladings groepering was 18mm

Lading 3: 50gr IMR4350 gemiddelde spoed was 3001ft/s met 3 x ladings groepering was 24mm

Geen druk tekens nie en met my 25-06 Rem en 30-06 wat boonop nou deiselfde kruit "like" sal ek nooit weer dink aan S365 en S385 nie!

Groete

Re: IMR4350 en 25-06 Remington Loop mooi

Posted: Fri Jul 19, 2019 1:05 pm
by Lourens
Jy bedoel seker jou 3de lading was 50gr en nie ook 49gr nie?

Vir interessantheid, wat was jou TPL gewees?

Re: IMR4350 en 25-06 Remington Loop mooi

Posted: Fri Jul 19, 2019 2:16 pm
by Brno308 jagter
Lourens wrote:Jy bedoel seker jou 3de lading was 50gr en nie ook 49gr nie?

Vir interessantheid, wat was jou TPL gewees?
Sorry Lourens jy is reg was 50gr gewees.

My TPL is 79.75mm met 'n 0.50mm jump. My geweer is 'n Weatherby Vanguard S2 Sporter