Page 1 of 1

Wat se MUTI?

Posted: Mon Jul 22, 2019 11:22 am
by Bushwack
Dagsê aan almal,

Ek jag maar gereeld op voerbakke met die normale lekke en lusern en soms bietjie lemoene...WAT IS JOU MUTI wat jy gebruik?

Ek sal graag bietjie wil hoor wat bring julle bokke bietjie vinniger in, is daar iets wat julle 'secret' is? ++>:

Re: Wat se MUTI?

Posted: Mon Jul 22, 2019 12:33 pm
by Eduard Venter
Ek jag nou wel nie boog nie maar my wild (veral koedoes) is mal daaroor om 'n blok klipsout te lek. Dit is nie 'n wondermiddel nie maar goedkoop en hou lank. Hulle lek dit in die somer ook. Glo nie dit gaan die bokke op strepe laat inkom nie maar dit sal bietjie meer lewe gee aan die spesifieke voorsit plek. Maak net seker met die boer of hy wel klipsout toelaat as hy beeste in dieselfde kamp het.