Page 1 of 1

Wind Vane

Posted: Tue Jul 23, 2019 2:17 pm
by Antondup
Hi

Ek het onlangs hierdie "wind vane" gekoop wat saam met my weatherflow moet werk. met die eerste toets het ek agter gekom dat die vin agter ietwat klein is en spring heeltyd rond in verskillende rigtings. Dit kan n man lekker deurmekaar maak as jy graag die wind se rigting wil sien. Ek besluit toe sommer om gou n stuk balsa hout te vat en n groter vin met dit te maak. Dit het nogal goed gewerk en hy bly meer konstant in die rigting van die wind. die groter probleem wat ek gekry het is die skroef gedeelte wat aan die tripod moet vasmaak dien ook as die as waarom die hele ding draai. Dit bestaan net uit n skerperige pennetjie wat teenaan die boonste deel druk. Na die tweede dag se gebruik in winderige toestande het ek agter gekom die plastiek deel wat die pennetjie vashou het uit geskuur of gesmelt weens baie beweging en nou is die beweging van die ding bietjie styf en nie meer so effektief nie. n plan sal nou gemaak moet word om iets te maak wat die toestel toelaat om op "bearings" te draai in plaas van die ou pennetjie. Indien jy van plan is om so een te koop, weet net dat jy aanpassings sal moet maak om hom beter en effektief te laat werk.

Groete

Re: Wind Vane

Posted: Tue Jul 23, 2019 2:35 pm
by ruaanb
https://www.thingiverse.com/thing:2444368 - Ek het die een gebruik want ek het 'n vriend met 'n 3D printer.
Ek het geseelde bearings by BearingMan gekry waarop dit hardloop. Werk soos 'n droom.
Ek is seker jy sal idee kan kry van wat om te doen om dit te maak werk met dit wat jy het.

Re: Wind Vane

Posted: Tue Jul 23, 2019 3:26 pm
by Ammion
Ek het een van my BR vlaggies gebruik om 'n vane te maak. Gebruik ook 'n bearing en werk baie goed.

Re: Wind Vane

Posted: Tue Jul 23, 2019 3:35 pm
by knipmes
Miskien kan hierdie plan werk: My weerhaan se as loop in n pyp wat n albaster onder in het Werk goed

Re: Wind Vane

Posted: Wed Jul 24, 2019 12:35 pm
by Antondup
Dankie

Ek gaan maar ook iets ontwerp en laat 3D print and dan n bearing in sit. Dink dit gaan beste werk.

Groete

Re: Wind Vane

Posted: Sun Jul 28, 2019 9:47 pm
by ruaanb
ek het nou die een ook gemaak. sal bietjie toets en kyk wat werk die beste.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190728/cae620509b9c92e63987b55992a8ec63.jpg