Wapen Handelaar Lys Gauteng
Posted: Wed Jul 24, 2019 3:35 pm
Goeie dag manne,
Het iemand dalk n lys van wapen handelaars in Gauteng?
Ek het twee weke terug n pistool gekoop by n handelaar in Johannesburg(ek gaan eerder nie name noem nie), maar die vuurwapen se 350 vorm is nog nie afgehandel nie. Basies is die vuurwapen nie op die handelaar se naam nie so ek kan nie my lisensie aansoek by Lyttleton DFO inhandig nie, hulle weier as die 10.5 vorm nie wys dis op die handelaar se naam nie. Ek het nou al gespook om hierdie wapen op die handelaar se naam te kry, maar kom net nie reg nie. Ek het my jagters vereniging geskakel om raad te vra, hulle het gese ek moet die koop kanselleer omdat dit gewoonlik tot 3 maande kan vat. Ek het vandag die koop gekanseleer.
Ek is opsoek na n CZ P07 of CZ P10c verkieslik in FDE kleur, maar sukkel vreeslik om van hulle in die hande te kry.
Is hier dalk iemand om die forum met n handelaar lys van Gauteng? Ek wil bietjie rondbel vir pryse.
Groete,
Hennie Oelofse