Page 1 of 1
Oats in Boerewors
Posted: Mon Nov 14, 2011 1:34 pm
by pietjacobs
Dag alamal,
Ek sien nou op "Kom Braai" op ASTV dat hulle gooi Oats by die boerewors mengsel. Ek was ongelukkif te laat om presies die resep te kan volg, maar wat doen die Oats dan? Is daar van julle wat dit ook so maak. Sal dit graag wil probeer.
Lekker jag,
Piet
Re: Oats in Boerewors
Posted: Mon Nov 14, 2011 1:42 pm
by Triple2
Het jy dan nog nooit gehoor van Pap 'n wors nie?

Het die resep ook gemis, kan maar net dink dat die oats die worsmensel sal bind??
Groete
Re: Oats in Boerewors
Posted: Mon Nov 14, 2011 1:43 pm
by Monrique (SJ)
Ek like maar my oats in n bakkie saam met botter en suiker.
Weet dat die oats swel en gee meer wors met dieselfde hoeveelheid vleis, ens.
Groetnis
Re: Oats in Boerewors
Posted: Mon Nov 14, 2011 1:44 pm
by pietjacobs

so as jy jou wors gaan verkoop gooi Oats in, anders bly weg
Re: Oats in Boerewors
Posted: Mon Nov 14, 2011 1:49 pm
by Jaco Alberts
Middag Piet,
nognie in wors gemaak, geproe of gesien nie, maar ek gebruik 'n klein hoeveelheid oats wanneer ek frikkadelle maak in die bos ( wildsvleis ), dit bind met die maalvleis en hou hom mooi rond en lekker !
groete
Jaco
Re: Oats in Boerewors
Posted: Mon Nov 14, 2011 2:58 pm
by ablm468
Pietjacobs
Ek maak nie braaiwors sonder oats nie, die doel van die oats is om die wors 'n los tekstruu te gee.
Ons het by die jagtervereeniging 'nmna van Crown National gehad wat demo geodn het op wors maak. Gooi 1 kg oats by =/- 30kg vleis, sit jouy vleis 2x deur die mincer gooi 5 liter yswater op 30 kg vleis met 1 liter swart asyn en 500ml worchester sous met 1 kg pak crown spice en siedaar die lekkerste wors wat jy kan kry.
Ek word by elke braai komplimenteer op "Hans se wors".
Moet dit self se ditr is die lekkerste wors wat ek nog gemaak het.
Oats is 'n moet.
Laat hoor as jy dit getoets het.
Groetnis
Re: Oats in Boerewors
Posted: Mon Nov 14, 2011 3:01 pm
by pietjacobs
Dankie Hansman, gaan volgende week skiet dan sal ek hom probeer.
Re: Oats in Boerewors
Posted: Mon Nov 14, 2011 6:45 pm
by Christo
Ek gebruik dit ook al lankal in dro?wors. Die rede is dat die oats vog opneem en uitsit en as die wors droog word krimp dit dan weer. Gee dro?wors 'n baie lekker bros tekstuur. In gewone wors "rek" dit die wors. Jy kry net meer, slaghuise koop iets wat hulle juis insit om minder vleis te hoef gebruik.
Re: Oats in Boerewors
Posted: Tue Nov 15, 2011 10:12 am
by Jeagermeister
Was ook al by waar daar Oats in die boerewors gegooi is...
Moet se daar was 'n Witvet skaap se vet in daai wors, en die Oats hou die vet lekker in die wors, so as jy daai worsie braai is hy 'n tipe sappig...
Net so fotokie of twee van die skapie...
[img width=360 height=480]
http://i799.photobucket.com/albums/yy27 ... co1042.jpg[/img]
[img width=360 height=480]
http://i799.photobucket.com/albums/yy27 ... co1039.jpg[/img]
[img width=360 height=480]
http://i799.photobucket.com/albums/yy27 ... co1040.jpg[/img]
Mooi glad loop
JM
Re: Oats in Boerewors
Posted: Wed Nov 16, 2011 2:39 pm
by Dawie D
JM
Dis nou soos hy moet lyk

Re: Oats in Boerewors
Posted: Wed Nov 16, 2011 3:01 pm
by Triple2
Die jakkals wat daai skapie vang sal vrek van cholesterol

Re: Oats in Boerewors
Posted: Wed Nov 16, 2011 3:43 pm
by Dawie D
Baie 2's
Gaan jy n mark he vir daai vet jakkies. (Hulle lyk so lekker want hulle vang so lekker)

Re: Oats in Boerewors
Posted: Wed Nov 16, 2011 4:11 pm
by Triple2
Gooi hulle saam Geno se zebras in die polony. Niemand sal weet nie.