Page 1 of 1

Rem 700 sps 26” loop lading vir 243

Posted: Sun Jul 28, 2019 8:48 am
by petri
Hallo almal, ek wil graag leiding vra op die bogenoemde geweer se ladings, volgens vervaardiger spec het hy vreemde twist van 1:9 en1/8stes. Kan iemand dalk help met goeie begin punt, wil graag Hornady 87gr -V-Max skiet. Baie dankie

Re: Rem 700 sps 26” loop lading vir 243

Posted: Sun Jul 28, 2019 9:32 am
by Armand Steenkamp
Met watse kruit?

Groetnis

Re: Rem 700 sps 26” loop lading vir 243

Posted: Sun Jul 28, 2019 11:19 am
by tripodmvr
Gaan Google Vihtavuori, Norma en Hodgon. Lovex is ook 'n nuwe dryfmiddel op die mark.

Re: Rem 700 sps 26” loop lading vir 243

Posted: Sun Jul 28, 2019 12:32 pm
by petri
Die dryfmiddel sal S365 wees.

Re: Rem 700 sps 26” loop lading vir 243

Posted: Sun Jul 28, 2019 1:07 pm
by tripodmvr
Alvorens mens kan raad gee sal jy eers moet sien hoe die dryfmiddel met 'n beginlading doen. www.somchemreload.com
Skiet sonder knaldemper en gee die lotnommer van die S365 ook deur.

Re: Rem 700 sps 26” loop lading vir 243

Posted: Sun Jul 28, 2019 1:13 pm
by Dirkvh
petri wrote:Die dryfmiddel sal S365 wees.

Begin by 37.5gr en werk maar op in halwes vir eers. Moet nie 40gr oorskry tensy jy toegang tot kronograaf het en iemand naby jou wat weet van herlaai tov QL of ladder of OCW ens.

Re: Rem 700 sps 26” loop lading vir 243

Posted: Sun Jul 28, 2019 1:40 pm
by tripodmvr
Spoed is seker die' belangrikste om veilige ladings saam te slaan.

Re: Rem 700 sps 26” loop lading vir 243

Posted: Mon Jul 29, 2019 5:34 am
by neef
Dag se petri, ek het met die selfde roer n baie mooi groep met 100gr gamekings gekry op 2950ft/s jy kan biekie swaerder pille gooi met daai groef in die loop, lekker skiet maat

Re: Rem 700 sps 26” loop lading vir 243

Posted: Mon Jul 29, 2019 8:16 am
by tripodmvr
Ek het die 87SP van Hornady in my 26 duim RPR geskiet en nodes van 2920, 3050 en 3270 bereken na my skietsessie. Ons weet almal hoe snaaks S365 brand tussen Lotte en daarom is 'n beginlading van 37,5gr baie wys. Met lading en spoed kan beter waardes bereken word om 'n veilige nodespoed te kry.