Page 1 of 1

Pelle Jag Junie 2019

Posted: Thu Aug 08, 2019 7:15 pm
by Ben Remington
Goeie naand aan almal...

Die afgelope Mei en Junie het vriende en familie kom jag....vir van hulle 'n eerste keer in die Kalahari. Van die kinders het ook hulle eerste diere geskiet....die skote het mooi geloop en hier en daar moes Ruger help met 'n af voorbeen of 'n skoot effe vêr terug agter die longe...altyd lekker as daar nie gewonde diere agterbly in die veld nie. Die een maat wou baie graag 'n mooi kudubul op die voet skiet, na slegs 3 minute se stap het ons op 'n baie mooi volwasse kudubul afgekom , hy was rustig aan die wei tussen die Witgatte en Bessiebosse. Ons het ons kans mooi afgewag vir 'n oop skoot ,toe my maat wou skiet was daar net daardie een takkie in die hart-long area voor die bok, ons het seker 'n goeie agt minute vir hom gewag om daardie halwe meter vorentoe te tree. Die skoot het geloop en 'n abnormale harde klapgeluid kon gehoor word , en ek kon sien hoe hierdie besonderse bul net al verder van ons weg hardloop sonder om te gaan staan...Myburgh was nie vêr van ons af nie by die bakkie en ek het vir hom gesê hy moet vir Ruger losmaak. Die skut was baie bekommerd op hierdie stadium en wou weet hoe maak ons nou....nou een van die wonderlikste dinge vir my is om te sien hoe enige hond wat kan spoorsny sy werk doen. Ruger het soos hy gewoonlik maak begin heen een weer hardloop om vir bloed te soek. Toe hy min of meer op die plek kom waar die bok gestaan het , het hy so paar keer op sy agterpote gaan staan en rondgekyk en koers ingeslaan, en binne omtrent 'n minuut het ek sy kenmerkende blaf gehoor, ons het stadig nader gegaan tot ons die swaaiende horings kon sien wat vir Ruger probeer skep, ons moes egter eers seker maak dis die regte bul, ons kon egter sien die bok is effe van balans af op die voorlyf en het ons kans afgewag op 'n goeie hartskoot. Met nadere ondersoek kon ons sien die eerste skoot het een van die voorbene gedeeltelik gesplinter net onder die brisket. Soos gewoonlik het Ruger daardie aand onder dik komberse geslaap en 2 lekker vet skaaptjops gekry vir aand ete. Kalibers gebruik is .308, 270, 6.5 CM, 243 en .223. Soos al die ander vorige jare het die .270 weer sy werk op langafstande gedoen op die grootwild met goeie lyfskote.

Myburgh wil ook nie meer hê ek moet sy fotos post nie, hy sê hy kan dit self doen. ;D ;)

Hier is paar fotos.

Groetnis

Re: Pelle Jag Junie 2019

Posted: Thu Aug 08, 2019 7:16 pm
by Ben Remington
...........

Re: Pelle Jag Junie 2019

Posted: Thu Aug 08, 2019 7:17 pm
by Ben Remington
.........

Re: Pelle Jag Junie 2019

Posted: Thu Aug 08, 2019 7:20 pm
by Ben Remington
..........

Re: Pelle Jag Junie 2019

Posted: Thu Aug 08, 2019 7:21 pm
by Ben Remington
...........

Re: Pelle Jag Junie 2019

Posted: Thu Aug 08, 2019 7:22 pm
by Ben Remington
.............

Re: Pelle Jag Junie 2019

Posted: Thu Aug 08, 2019 7:24 pm
by Ben Remington
.........

Re: Pelle Jag Junie 2019

Posted: Thu Aug 08, 2019 7:25 pm
by Ben Remington
''''''''''

Re: Pelle Jag Junie 2019

Posted: Thu Aug 08, 2019 7:27 pm
by Ben Remington
..........

Re: Pelle Jag Junie 2019

Posted: Thu Aug 08, 2019 7:28 pm
by Ben Remington
..........

Re: Pelle Jag Junie 2019

Posted: Thu Aug 08, 2019 7:29 pm
by Ben Remington
.........

Re: Pelle Jag Junie 2019

Posted: Thu Aug 08, 2019 7:30 pm
by Ben Remington
..........

Re: Pelle Jag Junie 2019

Posted: Thu Aug 08, 2019 7:31 pm
by Ben Remington
...........

Re: Pelle Jag Junie 2019

Posted: Thu Aug 08, 2019 7:33 pm
by Ben Remington
...........

Re: Pelle Jag Junie 2019

Posted: Thu Aug 08, 2019 8:45 pm
by JohanvanZyl
Jaloers!!!!! Mooi gedoen

Re: Pelle Jag Junie 2019

Posted: Fri Aug 09, 2019 6:05 am
by J le Roux
Dit lyk by lekker, julle is geseen.

Re: Pelle Jag Junie 2019

Posted: Fri Aug 09, 2019 8:44 am
by win270
Baie mooi foto's en vertellinge, Ben. Dis nou die tipe lewe wat soveel van ons stadsjapies na hunker.

Re: Pelle Jag Junie 2019

Posted: Fri Aug 09, 2019 8:51 am
by FHM
JohanvanZyl wrote:Jaloers!!!!! Mooi gedoen
Ja dis verkeerd, maar ek stem Johan. Ek is GROEN !

Lekker vertel Ben en die fotos is regtig mooi.
Daai knapie van jou word groot met jag soos ek in my jong dae. Hy gaan dit eendag aan jou kleinkinders vertel voor n vuur met groot oe en mondjies wat oophang ;)

Re: Pelle Jag Junie 2019

Posted: Fri Aug 09, 2019 11:52 am
by PWV
Pragtig, Ben..

Re: Pelle Jag Junie 2019

Posted: Sat Aug 10, 2019 12:49 pm
by THOMAST
Baie mooi vertel en fotos, Ben.
Daai rooi sand maak my erg verlang.
Ek het dit al gesê , maar sê dit weer: As jy jou eers jou tone in daai kalahari sand rond gewikkel het, los jy 'n stuk van jou hart daar.

Re: Pelle Jag Junie 2019

Posted: Mon Aug 12, 2019 11:09 am
by Vlakvark Soldaat
Dis hoe die hemel lyk! Lekker Ben!

Re: Pelle Jag Junie 2019

Posted: Mon Aug 12, 2019 11:50 am
by sako 30-06
Dankie vir die deel en mooi fotos, dit maak n man lekker jaloers.

Wat het daai eerste koedoe gemeet? Dis n besonderse mooi bok.

Re: Pelle Jag Junie 2019

Posted: Mon Aug 12, 2019 12:01 pm
by Plaashaas
Dankie Ben. MOOI bokke! Daai eerste bul is besonders

Re: Pelle Jag Junie 2019

Posted: Mon Aug 12, 2019 2:05 pm
by FrancoisW
Mooi gedoen Ben. Baie mooi fotos.