220 swift
Posted: Sun Aug 11, 2019 10:08 am
Hallo Almal
My eerste geweer wat ek gekoop het was n .220 swift. Was nog baie meer onnosel as wat ek nou is, het nie te veel van gewere geweet nie, maar n ou oom het hom adverteer en op die ou end het ek hom gekoop vir R2500. Ekt gedink dis n moerse bargain, maar lang storie kort, die geweer is gebou op n portugeuse mauser aksie en die loop is natuurlik redelik klaar geskiet. Ekt nie daai tyd geld gehad nie en die geweer het in my kluis gestaan vir baie lank. Intussen het ek soos ek vroer genoem het darem so biki minder onnosel geraak en ek besit n redelike verskeidenheid gewere en kalibers. Die ou 220 wou ek nooit van ontslae raak nie omrede dit my eerste geweer was. (Ek was van klein tyd elke dag in die veld as ek nie in die koshuis was nie en was mal oor skiet en jag en die veld. Pa het my sy .22 geleen maar nooit soos my ander boerseun pelle vir my my eie geweer gekoop nie. Later jare moes ek ook hoor ek skiet sy lope klaar. Dink uit pure rebelsgeid het ek toe biki oorboord gegaan)
Uiteindelik kom ek tot die punt. In ag geneem dat dit n portugeuse mauser aksie is, dink julle dis die moeite werd om n nuwe loop op te sit, dalk n ander kolf en dan die geweer my dedicated varminter te maak. Ek besit reeds die matrysse en seker 300 doppe. Ek besit ook n .223 bull barrel wat seker maar dieselfde werk doen.
Ek hoor graag opinies en raad.
Groete
Bruwer
Sent from my SM-N960F using Tapatalk