Page 1 of 2
Nuwe Registrasies en aansluitings
Posted: Wed Sep 04, 2019 12:13 pm
by jaracal
Ons ontvang tans baie registrasies van Spammers en ek probeer dit uitsorteer daarom dat die outomatiese registrasie proses vir eers gesluit is.
Indien jy graag wil aansluit stuur my 'n epos hein at jaracal.com en ek doen dit vir jou.
Dankie vir die geduld
Groete
Heinrich
Re: Nuwe Registrasies en aansluitings
Posted: Tue Sep 10, 2019 11:48 am
by Carlo2wors
More Manne
My naam is Carlo en is nuut op die Forum. Sien uit om by julle manne te leer.
Groete
Carlo
Re: Nuwe Registrasies en aansluitings
Posted: Tue Sep 10, 2019 12:29 pm
by Fanta300
More Carlo. Eish dit is nou "Short & Sweet"
Welkom, maar vertel bietjie meer.
Re: Nuwe Registrasies en aansluitings
Posted: Thu Jan 16, 2020 3:42 pm
by Stevensons
Middag Almal
Ek is Steven van Rensburg en het met `n goeie verwysing aangesluit by Jaracal.
Groete
Re: Nuwe Registrasies en aansluitings
Posted: Thu Jan 16, 2020 4:47 pm
by PWV
Welkom Stevensons. Hoop jy gaan 'n bydrae lewer en dit nie net 'n aansluiting is met die oog op 'n ruiltransaksie nie.
Re: Nuwe Registrasies en aansluitings
Posted: Fri Jan 17, 2020 9:04 am
by Francoisv
Stevensons wrote:Middag Almal
Ek is Steven van Rensburg en het met `n goeie verwysing aangesluit by Jaracal.
Groete
Welkom Stevenson. Ek hoop jy geniet dit hier, probeer bietjie uit brei oor jou skiet/jag sodat ons darem meer oor jou weet. Jy weet nou al darem wie grumpy is op die forum :-) Men's leer nogal baie hier deur meer te luister as te praat.
2 daughters. Plenty guns.
Re: Nuwe Registrasies en aansluitings
Posted: Fri Jan 17, 2020 4:41 pm
by Stevensons
Hi Francoisv, Waar begin ek, ek is reeds 18 jaar lid by SAJWBV Pta-Oos tak en neem deel in al ons skietkompitisies wat jaarliks aangebied word, het reeds Protea klere verwerf met ons President skietkompitisies en beoog om meer Veldskiet te doen hierdie jaar. Ons is `n redelike groot groep wat gereeld saam skiet al is dit van ander takke en streke, so word ons pelle en ruil altyd tegnieke en dinge onder mekaar uit wat baie help, jy weet mos, nooit te oud om te leer nie.
Groete
Steven
Re: Nuwe Registrasies en aansluitings
Posted: Sun Jan 19, 2020 2:10 pm
by Jancombrinck
Midddag almal
Ek is Jan Combrinck van Bloemfontein. Ek het 'n baie groot liefde vir skiet en jag, maar stel tans bietjie meer belang om te leer van die langafstand skiet.
Re: Nuwe Registrasies en aansluitings
Posted: Mon May 18, 2020 10:27 pm
by Hillvs
Hallo almal! Dankie vir toelating!
Ek sien baie uit na die groep!
Hill van Schalkwyk.
Ek is in Pietersburg.
Jag en Sportskut.
Herlaai al vanaf 1983.
Beste wense vir julle almal!
Hill
Re: Nuwe Registrasies en aansluitings
Posted: Tue May 19, 2020 4:57 am
by Lategan1
Hillvs wrote: Mon May 18, 2020 10:27 pm
Hallo almal! Dankie vir toelating!
Ek sien baie uit na die groep!
Hill van Schalkwyk.
Ek is in Pietersburg.
Jag en Sportskut.
Herlaai al vanaf 1983.
Beste wense vir julle almal!
Hill
Welkom Hill.
Sien jy is nie meer ‘n kuiken nie, dit is wat lekker is van Jaracal, alle skakerings neem deel!
Beste.
Re: Nuwe Registrasies en aansluitings
Posted: Tue May 19, 2020 9:17 am
by PWV
Welkom, Hill. Hoop jy geniet dit hier tussen die gun-manne!
Re: Nuwe Registrasies en aansluitings
Posted: Wed May 20, 2020 10:10 pm
by W Swanepoel
Naand manne. Dankie vir die toelating.
Wenzel Swanepoel van die Midvaal area.
Jag. Hengel en sommer alles wat lekker is solank dit in die bos is of op of langs die water.
Jag gewere. Hael gewere. Pistool. Boog.
Re: Nuwe Registrasies en aansluitings
Posted: Thu May 21, 2020 10:50 am
by PWV
Welkom, Wenzel. Geniet die pitkos en die kaf hier op die Forum.
Re: Nuwe Registrasies en aansluitings
Posted: Thu May 21, 2020 12:25 pm
by Lategan1
Welkom, geniet.
Beste.
Re: Nuwe Registrasies en aansluitings
Posted: Fri May 22, 2020 9:48 am
by Eben Liebenberg
Goeie more almal.
Ek het nou nuut aangesluit.
Ek woon in Wellington en werk in die Paarl.
Ek is 'n sportskut (veral langafstand) en jagter.
Het 'n paar goedjies om te verkoop. Ons het mos altyd nuwe planne!
Groete.
Eben Liebenberg
Re: Nuwe Registrasies en aansluitings
Posted: Fri May 22, 2020 9:56 am
by Lategan1
Welkom Eben hier uit die Boland.
Moet tog niks sê oor jou .270 nie(vir ingeval jy hom nog het) vreeslike vooroordele op Jaracal jeens hierdie ou staatmaker! Blykbaar het dit nie meer ‘n bestaansreg nie.
Beste.
Re: Nuwe Registrasies en aansluitings
Posted: Fri May 22, 2020 10:08 am
by Eben Liebenberg
Dankie.
Ek het nog my 270 en sy 2de loop is amper gaar.
Gaan volgende jaar sy 3de loop kry.
Maar ons hou dit stil!
Groete.
Re: Nuwe Registrasies en aansluitings
Posted: Fri May 22, 2020 11:25 am
by tripodmvr
Welkom aan die nuwelinge. Vir verkoop van items sal ek aanraai dat julle eers die reëls vir sulke plasings goed deurlees.
Wenzel, ek sien jy is naby my gesetel.
Re: Nuwe Registrasies en aansluitings
Posted: Fri Jun 19, 2020 11:59 am
by Divan Fourie
Middag almal nou aangesluit Eks Divan Fourie van Bloemfontein
Re: Nuwe Registrasies en aansluitings
Posted: Fri Jun 19, 2020 2:28 pm
by Francoisv
Divan Fourie wrote:Middag almal nou aangesluit Eks Divan Fourie van Bloemfontein
Welkom Divan, hoop jy geniet dit hier. Waarmee skiet jy meeste van die tyd?
2 daughters. Plenty guns.
Re: Nuwe Registrasies en aansluitings
Posted: Fri Jul 31, 2020 8:33 am
by OptimaArms
Hello mede jagters en sport skutte
Ek sluit aan by Jaracal naamens Optima Arms, ons is 'n nuwe wapen winkel hier in die wesrand van JHB.
Ek is verwys na die forum as 'n goeie bron van inligting en besigheid in die bedryf en will graag se dat
al begin ons klein, kan ons meeste van die "brand name" produkte in kry, ek is self 'n ge-kwalifiseerde
optics tegnikus so ek kan enige vrae aansiende daai afdeling antwoord vir die mense as nodig.
Ek gaan binne die komende weeke begin van ons produkte, gewere en herlaai toerusting op die forums sit, so hou 'n oog uit vir dit.
Ek sien uit om my eie kennis en besigheid saam met julle to groei.
Groete
James Fourie
Re: Nuwe Registrasies en aansluitings
Posted: Fri Jul 31, 2020 2:48 pm
by ruaanb
Welkom James
Re: Nuwe Registrasies en aansluitings
Posted: Fri Oct 09, 2020 8:30 pm
by André Kruger
Goeie naand my naam is André Kruger. Ek hoop ons kan lekker op die groep gesels.
Re: Nuwe Registrasies en aansluitings
Posted: Sun Oct 25, 2020 3:31 pm
by fouriejohan_1
Middag ouens en vrouens,
My naam is Johan Fourie ek is nuut op hierdie groep. Lekker om hier te wees.
Groete Johan Fourie
Re: Nuwe Registrasies en aansluitings
Posted: Sun Oct 25, 2020 3:58 pm
by jaracal
Baie welkom Johan, hoop jy geniet dit hier.
Heinrich