Page 1 of 1

Nuwe dryfmiddel skaal van Frankford Arsenal - Oorsig op Yout

Posted: Sat Sep 14, 2019 2:11 pm
by tripodmvr
Nou al verskeie van sy videos gekyk en hy verstaan van herlaai en presisie gewere.

https://youtu.be/db9XM5fb4mE

Re: Nuwe dryfmiddel skaal van Frankford Arsenal - Oorsig op

Posted: Wed Sep 18, 2019 3:40 pm
by Klopper
Is hulle al in SA beskikbaar en wat sal hulle prys?

Re: Nuwe dryfmiddel skaal van Frankford Arsenal - Oorsig op Yout

Posted: Sun Nov 17, 2019 10:19 pm
by Bennie Bester
Driepoot,
Na aanleiding van die video wat jy geplaas het, het ek so n bietjie begin kyk na die Intellidropper. Hy is ongelukkig nie in Suid Afrika beskikbaar nie. Ek het toe maar die kans gevat en een deur Amazon bestel. So ver is ek baie tevrede. Ek het nog nooit n ander een gehad waarteen ek hom kon vergelyk nie, maar hy gooi baie akkuraat en het weinig mis gooie.
Dit is net jammer die App werk nie met Android in Suid Afrika nie. Of ek is maar net dom om dit te laat werk.
Groete Bennie

Re: Nuwe dryfmiddel skaal van Frankford Arsenal - Oorsig op

Posted: Mon Nov 18, 2019 11:42 am
by Geno
Klopper wrote: Wed Sep 18, 2019 3:40 pm Is hulle al in SA beskikbaar en wat sal hulle prys?
R4815.00 by my.

Re: Nuwe dryfmiddel skaal van Frankford Arsenal - Oorsig op Yout

Posted: Mon Nov 18, 2019 2:10 pm
by Bennie Bester
Ai Geno,
Hoekom laat weet jy eers nou?

Re: Nuwe dryfmiddel skaal van Frankford Arsenal - Oorsig op

Posted: Mon Nov 18, 2019 5:06 pm
by Capt. Yoda
Geno wrote: Mon Nov 18, 2019 11:42 am
Klopper wrote: Wed Sep 18, 2019 3:40 pm Is hulle al in SA beskikbaar en wat sal hulle prys?
R4815.00 by my.
Ata hardloop bq een teen daai lab skaal van jou om te kyk hoe konstant hy goou toe, pappa kort n skaal wat self gooi

Re: Nuwe dryfmiddel skaal van Frankford Arsenal - Oorsig op Yout

Posted: Tue Nov 19, 2019 2:02 pm
by knipmes
Ek sien S&O het nou n uitverkoping (Kersfees) Die betrokke skaal is R5495 op hulle lys Koop maar by Geno :)

Re: Nuwe dryfmiddel skaal van Frankford Arsenal - Oorsig op Yout

Posted: Mon Nov 25, 2019 11:13 am
by Draegan
Ek sien die skaal kry lekker reviews, sien die skakel: http://bulletin.accurateshooter.com/201 ... er-review/

Re: Nuwe dryfmiddel skaal van Frankford Arsenal - Oorsig op Yout

Posted: Fri Nov 29, 2019 6:47 pm
by Bennie Bester
Net n vinnige terugvoer. Ek het die App afgelaai gekry met die hulp van my skoon seun. Alles werk baie mooi met die Bluetooth. Onthou die nuutste is Intellidropper 1.1
Groete
Bennie Bester