Page 1 of 1

Aanbeveling gesoek.

Posted: Sun Sep 29, 2019 10:53 pm
by Karoo-jagter
Hello almal.

Ek is besig om 'n projek te begin ten bate van droogtehulp. Hiermee soek ek asseblief iemand wat julle kan aanbeveel om plakkers te maak wat op motors geplak kan word.

Die idee van die projek is om hierdie plakkers teen R50 te verkoop en dan alle winste aan droogtehulp te skenk . Dus soek ons iemand wat dit vir so goedkoop as moontlik kan maak en nie wins na jaag nie. Dit is vir 'n goeie doel.

Die plakkers is omtrent 15cm breed en 10cm hoog.

Enige insette sal waardeer word.

Groete
Pieter Botha

Nul82 drie88 6een85
20190928_101335.jpg
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
20190928_101252.jpg
IMG-20190925-WA0003.jpg

Re: Aanbeveling gesoek.

Posted: Sun Sep 29, 2019 11:03 pm
by Karoo-jagter
Van nader
20190928_101252.jpg
Sent from my SM-G973F using Tapatalk

Re: Aanbeveling gesoek.

Posted: Mon Sep 30, 2019 5:29 am
by ruaanb
ek stuur n pm

Re: Aanbeveling gesoek.

Posted: Mon Sep 30, 2019 6:52 am
by Ds J
Probeer teamworkprinters in Boksburg

Re: Aanbeveling gesoek.

Posted: Mon Sep 30, 2019 11:26 am
by Jake1
Slim plan, mooi gebaar, ek dink R100 per plakker kan ook werk

Re: Aanbeveling gesoek.

Posted: Mon Sep 30, 2019 11:32 am
by Karoo-jagter
Ek het darm toe reggekom dankie manne.

Jake ek is bang dit is 'n bietjie baie gewaag. Ek wil dit maar in die middel hou en nie mense skrik maak nie. Mense is welkom om meer te betaal as hulle sou wou. Fondse gaan direk aan die organisasie se rekening betaal word.

Weereens baie dankie vir almal se bydrae. Ek waardeer dit opreg.

Groete
Pieter

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

Re: Aanbeveling gesoek.

Posted: Mon Sep 30, 2019 12:12 pm
by Plaashaas
Waar koop ons Pieter?

Re: Aanbeveling gesoek.

Posted: Mon Sep 30, 2019 8:16 pm
by Karoo-jagter
Plaashaas wrote:Waar koop ons Pieter?
Naand Paashaas.

Die plakkers kan by my gekoop word.

Die idee is om moontlike besighede wat belangstel betrokke te kry in die dorpe buite die Noord-Kaap om te kan help met verkope en advertensie.

Bestellings kan by my geplaas word.

Daar is twee tipes om van te kies.

Dit is R50 per plakker.

My sel nr : nul82 drie88 6een85

Aangeheg is die twee tipes.

Dankie vir belangstelling.

Groete
Pieter
20190930_200345.jpg
20190927_183740.jpg
Sent from my SM-G973F using Tapatalk

Re: Aanbeveling gesoek.

Posted: Tue Oct 01, 2019 7:40 am
by ruaanb
Ek sal een van elk vat asb. Stuur details per pm.