Page 1 of 1
Stof onder seiltjie
Posted: Fri Oct 11, 2019 8:53 am
by HJA
Goeie more,
Hoop iemand het raad vir my ivm stof onder seiltjie op bakkie na grond pad gery is.
Stof is baie erg alles ook vol stof.
Dankie
Henk
Re: Stof onder seiltjie
Posted: Fri Oct 11, 2019 9:00 am
by alecjohnson
Dit gebeur agv 'n vakuum wat gevorm word, met my bakkie het ek altyd kant venster en klein ruitjie middel oopgemaak wat baie gehelp het, nou met die oopflip ruite het ek nie die probleem nie, hulle het vents ingebou.
Stof onder seiltjie
Posted: Fri Oct 11, 2019 9:01 am
by Apie
HJA wrote:Goeie more,
Hoop iemand het raad vir my ivm stof onder seiltjie op bakkie na grond pad gery is.
Stof is baie erg alles ook vol stof.
Dankie
Henk
Daai seiltjie tree op soos ‘n diafragma pomp
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Stof onder seiltjie
Posted: Fri Oct 11, 2019 12:42 pm
by heywillie
Jy noem nie watse voertuig jy ry nie.
Daar is verskeie verskaffers wat dust seal kits verkoop.
Proauto Rubber is een van hulle:
https://proautorubber.co.za/Pages/Shop- ... 20kits&N=0
Re: Stof onder seiltjie
Posted: Fri Oct 11, 2019 3:17 pm
by JohanvB
Daai seiltjie suig sommer stof vanself.. Het self al verskeie metodes probeer, beste is maak kappie met skuif venster aan die kajuit se kant, wat jy ooplos, geen stof kom in nie, maar met die seiltjie, nope, jy ga stof vreet.
Re: Stof onder seiltjie
Posted: Fri Oct 11, 2019 4:14 pm
by 22-250 Sniper
Wat ook help as jy spons sny en dit in die klap vasknyp
Stop nie al die stof nie maar verminder dit heelwat
Sent from my Nokia 7 plus using Tapatalk
Re: Stof onder seiltjie
Posted: Fri Oct 11, 2019 4:19 pm
by tripodmvr
HD spons kan sekerlik die beste wees om te gebruik volgens 22-250 se raad.
Re: Stof onder seiltjie
Posted: Fri Oct 11, 2019 5:02 pm
by Apie
BushTech canopies maak ‘n netjies stof kit
Werk 98%
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Stof onder seiltjie
Posted: Fri Oct 11, 2019 7:36 pm
by JohanvB
Hmm.. Die man het NIE 'n kappie op sy bakkie nie.
Re: Stof onder seiltjie
Posted: Sat Oct 12, 2019 5:58 am
by Henry 7
Ek het lank terug 'n paar keer gaan toer en dieselfde probleem gehad...die cross bars bo op al die tralies loop dwars...toe maak ek vir my cross bars wat in die lengte loop maw van die neus na die gat van my bakkie...dit was die einde van my probleem...canvas seiltjie sonder air vents of wat ook al mens dit noem...dalk help dit.
Stof onder seiltjie
Posted: Sat Oct 12, 2019 8:12 am
by Apie
Apie wrote:BushTech canopies maak ‘n netjies stof kit
Werk 98%
Sent from my iPhone using Tapatalk
Die stof kit seel jou klap en bak waar die stof ingesuig word.
Seiltjie of kappie maak nie saak nie.
https://bushtech.co.za/vehicle/tail-gat ... x-dust-kit
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Stof onder seiltjie
Posted: Sat Oct 12, 2019 12:59 pm
by JohanvB
As daai werk vir net 'n seiltjie gaan honderde mense insluitend myself bitter bly wees.. As iemand die kit gekoop het vir sy bakkie met net 'n seiltjie gee biekie terugvoer asb
Re: Stof onder seiltjie
Posted: Sat Oct 12, 2019 5:56 pm
by Morkel
Ek het jetski gehad, hy het onder stuurwiel twee harde cones gehad en agter sitplek ook twee. As jy ry dan blaas daai seil op so het positieve druk en nooit was daai “toy” vol stof nie.
Dis ook mos die idee agter venster oop maak met n kappie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Stof onder seiltjie
Posted: Mon Oct 28, 2019 6:47 pm
by B Five
Ek het eendag n seiltjie gekoop vir my Hilux.
Die eienaar/ bestuurder het so na my gekyk en gese: Dit is n $@$ ding.
Re: Stof onder seiltjie
Posted: Tue Oct 29, 2019 7:07 am
by Stephan86
Ons het 'n dust kit op die Amarok laat sit, maar die manne het my vooraf gewaarsku, die kits werk op 'n canopy maar nie met 'n seiltjie nie.
Hul was reg, ek kry net so baie stof nou in die bak as voor die dust kit. Daai seiltjies kan net nie seel nie.
Re: Stof onder seiltjie
Posted: Thu Oct 31, 2019 6:52 pm
by Willem Grobler
Weet iemand dalk of die “shutter” / “roll-it” opsie minder stof as n seiltjie trek?
Re: Stof onder seiltjie
Posted: Thu Oct 31, 2019 7:59 pm
by ChristoK
Willem Grobler wrote:Weet iemand dalk of die “shutter” / “roll-it” opsie minder stof as n seiltjie trek?
Ek het een van daai shutter/roller opsies, maar hy trek maar net so lekker stof.
Maar hy is heelwat beter as 'n seiltje in baie ander aspekte.