Page 1 of 1
Nuwe Kruit vir 300wm
Posted: Tue Nov 12, 2019 5:11 pm
by jacques85
Dag se almal.
Ek het so tydjie terug besluit om al my somchem te verkoop en oor te gaan na invoer kruit. Ek soek nou raad oor watse kruit ek wil skiet in my 300wm.
Huidig skiet ek 208gr ELD-M met 72gr S385 teen 2840fps met Norma doppe en CCI250's.
Ek het gekyk na N570 om meer dop volume te kry maar hier is tans niks beskikbaar by ons nie. Watter van die ander fabrikate kan mens ook na kyk wat mooi sal loop met die bogenoemde kombinasie? Ek wil hom op druk na so rofweg 2890fps want wat ek gelees het is dit waar daai 208's wil hardloop.
Dankie
Re: Nuwe Kruit vir 300wm
Posted: Tue Nov 12, 2019 5:45 pm
by tripodmvr
Jy gee nie looplengte nie, want dit gaan die nodespoed beinvloed. Norma MRP lyk na 'n gepaste dryfmiddel om te gebruik.
Re: Nuwe Kruit vir 300wm
Posted: Tue Nov 12, 2019 5:54 pm
by jacques85
Skuus. Dis n 24" howa BB. Sal na hulle ook kyk dankie.
Sent from my LYA-L09 using Tapatalk
Re: Nuwe Kruit vir 300wm
Posted: Tue Nov 12, 2019 6:12 pm
by tripodmvr
Die spoed wat jy noem van 2890vps is slegs bereikbaar by maks druk. Die laer node is naby aan 2780vps. Die 24 duim loop gaan jou beperk met hierdie swaar koele.
Re: Nuwe Kruit vir 300wm
Posted: Tue Nov 12, 2019 6:14 pm
by Capt. Yoda
N560 en skiet hom wa hy skiet, of dit nou 2800 of 2890 is daai ekstra paar foet gaan nie ao groor verskil maak nie
Re: Nuwe Kruit vir 300wm
Posted: Tue Nov 12, 2019 6:17 pm
by jacques85
N560 het ek ook na gekyk maar die mense se wag vir N570. Ek sal sodra ek nuwe kruit kry terug gaan op QL en kyk op waar die beste node gaan wees en dan daarvan af te werk gaan. Dankie julle.
Sent from my LYA-L09 using Tapatalk
Re: Nuwe Kruit vir 300wm
Posted: Tue Nov 12, 2019 6:19 pm
by Capt. Yoda
Ek weet nie of 570 gaan heel brand in jou 24" loop nie, ons almal hier skiet ma n560 met 200 tot 215gr koels uit ons korter lope
Re: Nuwe Kruit vir 300wm
Posted: Tue Nov 12, 2019 7:31 pm
by Dale SH
N570 will be too slow with your 24 inch barrel.
You will be building a nice flame thrower if you try use it.
If you have cases with good H20 volume then N565 will also work for your 208 grain bullets, otherwise it will be N560 or Norma MRP.
Re: Nuwe Kruit vir 300wm
Posted: Tue Nov 12, 2019 7:34 pm
by tripodmvr
Capt. Oblivious wrote: Tue Nov 12, 2019 6:14 pm
N560 en skiet hom wa hy skiet, of dit nou 2800 of 2890 is daai ekstra paar foet gaan nie ao groor verskil maak nie
Norma gee selfde werkverrigting as N560 en het 'n goedkoper aankoopprys.
Re: Nuwe Kruit vir 300wm
Posted: Tue Nov 12, 2019 7:40 pm
by Mellies
Norma se MRP. Dink nie 570 is die beste roep vir n 300wm nie.
Jy gaan brul om n 208gr @ 2890 te gooi.
Ons kry n 200gr eldx by 2910voete uit n 27” loop.
Met n vleisie
Re: Nuwe Kruit vir 300wm
Posted: Wed Nov 20, 2019 4:02 pm
by jacques85
Dankie almal. Ek het toe belsuit op norma se MRP. Sal laat weet wat hy maak
Groete
Re: Nuwe Kruit vir 300wm
Posted: Tue Nov 26, 2019 7:34 am
by Pinkes
Laatweet asb hoe dit gaan met die MRP kruit...gaan binnekort moet aanskaf
Re: Nuwe Kruit vir 300wm
Posted: Tue Nov 26, 2019 8:09 am
by LoopSoosStroop
In watter verpakking grote kom die Norma kruit? Ek sien dit is ongeveer R800 'n houer.
Re: Nuwe Kruit vir 300wm
Posted: Tue Nov 26, 2019 8:39 am
by Capt. Yoda
500gr
Re: Nuwe Kruit vir 300wm
Posted: Tue Nov 26, 2019 11:37 am
by jacques85
LoopSoosStroop wrote: Tue Nov 26, 2019 8:09 am
In watter verpakking grote kom die Norma kruit? Ek sien dit is ongeveer R800 'n houer.
maak vir jou so. ek wag nog vir hulle dan sal ek begin met lading ontwikkeling.
Re: Nuwe Kruit vir 300wm
Posted: Thu Feb 06, 2020 5:02 pm
by jacques85
Middag almal. Na maande se wag het ek eers vm my norma mrp kruit opgetel. Ekt gewoonlik 72gr s385 gelaai en wat ek sien op norma se webblad moet ek rondom die omgewing na 63-66gr laai. Ek skiet 208gr Eld-m uit n 24" dikloop howa. Ek het gemaklik 2830fps geskiet en sal weer in daai spoed grens wil kom. Is daar dalk enige iemand wat so kombinasie het wat vir my n begin lading kan gee sodat ek my berekeninge op QL kan doen. Ek het gehoop vir meer dop vulling met die norma kruit.
Sent from my LYA-L09 using Tapatalk
Re: Nuwe Kruit vir 300wm
Posted: Thu Feb 06, 2020 7:43 pm
by tripodmvr
My QL wys op 69gr MRP as 'n goeie beginlading. Wees net versigtig vir die verskillende doppe. Sommiges Normas was swaar (270gr) en ander by 215gr.
Weeg 'n dop en kyk watter dopvolume jy het. QL se waarde vir Norma is 95,5gr. Indien joune kleiner is sal jy moet aanpas.
Re: Nuwe Kruit vir 300wm
Posted: Thu Feb 06, 2020 8:34 pm
by jacques85
Dankie baie. Sal weeg voor ek begin.
Sent from my LYA-L09 using Tapatalk
Re: Nuwe Kruit vir 300wm
Posted: Tue Apr 21, 2020 11:19 am
by jacques85
Net n update op die draad. Ek het intussen my 300wm n nuwe pyp op gesit. Ek het doppe geweeg en het wel die ligter doppe gehad. Ek het gelaai 72.5gr MRP en by n gemiddelde spoed gekom van 2890fps. Moet se spoed was redelik konstant. doppe is nog gesize vir my vorige loop se kamer so kan ook n effek he. Ek het so bietjie op QL gespeel en gaan nog opgaan na 72.8 en 73.1 en kyk hoe lyk groepe sodra die lockdown verby is.