Page 1 of 1

Fox call

Posted: Mon Nov 18, 2019 8:40 pm
by DiscoBiscuit
Goeie dag,

Wie het kennis van die toestel?

https://www.facebook.com/photo.php?fbid ... =3&theater

Re: Fox call

Posted: Mon Nov 18, 2019 8:43 pm
by DiscoBiscuit
//uploads.tapatalk-cdn.com/20191118/b5a7303699c8d1229d9a5b6709fbae04.jpg


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Fox call

Posted: Mon Nov 18, 2019 9:12 pm
by tripodmvr
//uploads.tapatalk-cdn.com/20191118/b5a7303699c8d1229d9a5b6709fbae04.jpg

Re: Fox call

Posted: Tue Nov 19, 2019 8:45 am
by prohunt
Hallo Disco,
Ek het nog nie die stelsel gesien nie maar as ek lees hoe hy gebruik word lyk dit vir my na net nog 'n baie vinnige manier om jakkalse nog meer roepsku te maak. As daar nie uitgekyk word vir jakkalse wat inkom nie gaan jy verseker op 'n stadium kry dat die roeper klipharde roepklanke begin speel wanneer 'n jakkals reeds naby is of besig is om in te kom. Die persoon wat wil skiet se optrede wanneer 'n jakkals inkom is krities belangrik. Dit sluit in die volume verstelling ens. As daai jakkals toegelaat word om tot baie naby die roeper te kom gaan hy agterkom wat is aan die gang. Dit kan dalk in sommige areas goed werk maar in die Karoo/Klein-Karoo en van die ander areas gaan jy verseker nie genoeg slagysters kan stel om die inroep effektief te maak nie. 'n Onbemande roepstasie is volgens my nie die antwoord vir skelm jakkalse nie. Gaan dalk werk vir 'n paar dommes. Dis maar my opinie.
Groete

Re: Fox call

Posted: Tue Nov 19, 2019 1:25 pm
by wlm
Ek verstaan nie die alleen staan en roep vir 5 dae nie. wat wil jy bereik?

Fox call

Posted: Tue Nov 19, 2019 4:51 pm
by DiscoBiscuit
Hier is die antwoord op FB van die eienaar van die produk.
Die vraag was of jy nie die jakkals slim maak as net roep en nie skiet nie.

“
Die feit dat jy hom kan skiet is opsioneel, jy kan daar wag ook om te skiet as hy inkom. Die doel van die roeper is om die menslike faktor weg te neem. Jy kan die roeper solank as 5 nagte in veld in jou probleem area los. Stel jou roepe wat jy wil roep deur die nag. Argumentsonthalwe kan jy bv n Jakkals alleen roep vir maandag aand 09h10 stel en n kos roep 09h14. Die roeper roep net wat jy programeer om te roep en die tyd om te roep. Jy stel jou ysters of hokke vir katte vooraf in die area waar jy wil roep. Gaan plaas dan jou lokase, gif by jou ysters en sit jou roeper uit. Die roeper roep nie heelnag nie. Net wan eer jy hom programeer om te roep. Maw jy programeer hom met n getoetste roep wat vir jou werk. Daar is op sy SD kaart +- 100 roepe op van Heinrich Funk. En jy kry nog addisioneel roepe by wat jy kan oplaai of jy kan jou eie roepe laai. Hierdie roeper het ek juis getoets met my skelm jakkalse. As hy inkom, kom hy agter daar is niks en tel dan die lokaas op en trap of in yster of tel gif op. Ek was baie suksesvol. PD Jacobs in die Vrystaat wat Jakkals jag vir n lewe doen het hom ook getoets met baie sukses. In die paket kom lokase en gif van Pieter Scheekluth by. Daar kom ook n slagyster stel kursus by van Pieter Schneekluth.
“


Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Fox call

Posted: Tue Nov 19, 2019 5:31 pm
by wlm
Dankie
Nou verstaan ek beter.