Ekstra brandstof vir die lang pad.
Posted: Wed Nov 27, 2019 5:06 pm
Ek kyk nou die dag so bietjie deur my foto's en gewaar 'n paar van waar ek en my vriende oppad was Calvinia toe, maar dit toe nie heeltemaal tot daar gemaak het nie.
Over geset seinde, is ek nie onlangs saamgenooi na die einste skiet nie. Die manne het selfs hul vrouens en kinders saam gevat om seker te maak, daar is nie plek vir my nie.
Ek verstaan hul onwilligheid om my weer saam te nooi. Ek het hul immers vir 4 ure teen die pad laat wag. Ek het toe maar besluit om 'n Tankwa Karoo-oorlewingshouer aanmekaar te slaan.
Vanweeë die ooreenkoms met soortgelyke brandstof houers vir daai lang togte, het ek dit goed gedink om dit onder die hofie te plaas.
Twee ure se kap en beitel en daar staan hy.
Ek moet nog Kaap toe om 'n rubber seël te gaan koop om hom stofdig te maak, maar ek is nou moeg en die bottel is leeg. Ek het maar met 'n leë een begin ander was dit dalk twee weke.
[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201911 ... 7f0a5c.jpg[/IMG]
[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201911 ... a3bcf4.jpg[/IMG]