Page 1 of 1

Beste maand vir visvang in Angola?

Posted: Wed Dec 18, 2019 7:08 pm
by KalahariKlong
Naand maats,

Ek wil graag op n visvang toer gaan maar wil graag hoor by die manne wat weet wat sal die beste maand wees om te gaan.
Dit gaan van die strand af wees. Die toer sal in die Flamingo, Dunes en Kunene area wees.
Die opsies is van junie tot Augustus.
My teiken spesies sal maar kabeljou, leervis, shad haai wees.
Help met raad asb?

Groete
KK

Re: Beste maand vir visvang in Angola?

Posted: Wed Dec 18, 2019 8:31 pm
by alecjohnson
Ek weet nie self nie, maar praat met Shawn May van Go Fish, hy is 'n mense mens en ek is seker hy sal jou goeie raad kan gee. Hy doen ook toere na Angola. As jy facebook het kan jy Go Fish soek en na sy vangste kyk.

Toe ek nog in Albertinia was het hy my van haaivang geleer.

Re: Beste maand vir visvang in Angola?

Posted: Wed Dec 18, 2019 8:35 pm
by KalahariKlong
alecjohnson wrote: Wed Dec 18, 2019 8:31 pm Ek weet nie self nie, maar praat met Shawn May van Go Fish, hy is 'n mense mens en ek is seker hy sal jou goeie raad kan gee. Hy doen ook toere na Angola. As jy facebook het kan jy Go Fish soek en na sy vangste kyk.

Toe ek nog in Albertinia was het hy my van haaivang geleer. in ruil dat ek vir hom klein lewindige haaie voorsien vir 'n klant.
Dankie Alec.
Dit is juis op een van sy toere wat ek gaan.
Ek sal hom more n lui gee.

Baie dankie.

Re: Beste maand vir visvang in Angola?

Posted: Wed Dec 18, 2019 8:41 pm
by Nella
plaas asb bietjie meer inligting rondom die toer van jou as jy nie omgee nie..
dis iets wat ek bitter graag nog wil gaan doen.

Re: Beste maand vir visvang in Angola?

Posted: Wed Dec 18, 2019 8:44 pm
by KalahariKlong
Nella wrote: Wed Dec 18, 2019 8:41 pm plaas asb bietjie meer inligting rondom die toer van jou as jy nie omgee nie..
dis iets wat ek bitter graag nog wil gaan doen.
Nella jy kan op hulle webwerf gaan loer ook.
https://www.gofishtours.com/fishing-tou ... hing-tour/
As jy vir my jou epos adress stuur sal ek vir jou ook al die inligting aanstuur.

Re: Beste maand vir visvang in Angola?

Posted: Thu Dec 19, 2019 8:05 am
by Frederik
Die enigste keer wat ek daar was,was in Oktober/November 2006 ek het die Go Big or Go Home reeks van Spyker Kruger hulle gefilm oor Angola. Dit was veronderstel om die beste tyd van die jaar te wees maar met weer wat deesdae nie voorspelbaar is nie weet jy nooit nie.
Ons het blykbaar nie so goed gedoen nie en bitter min Kab uitgetrek bo 3kg maar ons het tonne gevang van die kleiner eetvis vis in Bias dos Tigres het ons lekker haai ook gevang en met die groot plat water is dit nogal 'n ondervinding om 'n haai uit te trek sonder golwe wat help.

Baie spotties ook gevang maar meestal kleiner kabeljou, lekker Garrick in die Kunene rivier.
Ek is nie groot visserman nie maar die avontuur alleen om op met die kus te ry was vir my groot belewenis behalwe die visvang.

Re: Beste maand vir visvang in Angola?

Posted: Thu Dec 19, 2019 11:01 am
by Flip Nel
Ek was April maand by Flamingo het taamlik van die kleiner eetvis gevang maar volgens die manne by Flamingo is winter die beste tyd om te van, glo van Junie tot September. Volgens hulle spoel dit in die winter sloepe wat die vis lok. Vriende het July gegaan en hulle het mooi groot vis gevang by Flamingo.

Re: Beste maand vir visvang in Angola?

Posted: Thu Dec 19, 2019 7:10 pm
by KalahariKlong
Baie dankie julle. Ja nee verseker Flip ek sien ook baie uit na die ry en kamp.
Ek verstaan ook maar dat winter die beste tyd is.

Re: Beste maand vir visvang in Angola?

Posted: Thu Dec 19, 2019 7:55 pm
by Nico de Jager
Ek het n vriend wat sê hy weet presies watse 2 weke die vis op enige plek byt......die week voor hy daar aankom....en die week nadat hy weg is!

Re: Beste maand vir visvang in Angola?

Posted: Thu Dec 19, 2019 9:12 pm
by KalahariKlong
Nico de Jager wrote: Thu Dec 19, 2019 7:55 pm Ek het n vriend wat sê hy weet presies watse 2 weke die vis op enige plek byt......die week voor hy daar aankom....en die week nadat hy weg is!


Ek wonder het ek nie ook daai probleem nie :laugh: :laugh: :laugh:

Re: Beste maand vir visvang in Angola?

Posted: Mon Dec 23, 2019 5:35 pm
by ruaanb
Kontak vir Hannes by Flamingo Lodge in Angola. Jy sal beste advies by hom kry.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Beste maand vir visvang in Angola?

Posted: Thu Dec 26, 2019 7:49 am
by KalahariKlong
Baie dankie vir almal se raad.
Ek het datums vas gemaak vir 04 Julie tot 16 Julie en sien verskriklik baie uit.

Groete
KK