Page 1 of 1

Waar is die visse...

Posted: Thu Dec 26, 2019 7:56 am
by wynis
Ek loer van oggend op die forum en ek sien nie eers een foto van visse wat die Desember gevang is nie. Ons ry more na Kleinbrak se wêreld en ek bars van die opgewondenheid om te gaan vis vang.
Kom aan manne, wys bietjie as julle iets gevang het...


Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Waar is die visse...

Posted: Thu Dec 26, 2019 9:01 am
by prohunt

Re: Waar is die visse...

Posted: Thu Dec 26, 2019 10:15 am
by Jake1
Dis 'n monster Kabeljou daai!

Re: Waar is die visse...

Posted: Thu Dec 26, 2019 10:19 am
by Jake1
My seuntjie met 'n Swartbaars in Olifantsrivier gevang Groblersdal omgewing

20191226_101804.jpg

Re: Waar is die visse...

Posted: Thu Dec 26, 2019 11:34 am
by wynis
Die rekening is oop gemaak met ‘n monster Kabeljou en ‘n Lekker groot Swartbaars!
Daar is not vis daar buite
Mooi so manne!


Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Waar is die visse...

Posted: Thu Dec 26, 2019 12:13 pm
by KalahariKlong

Baie netjies, daai manne ken hulle storie.

Re: Waar is die visse...

Posted: Thu Dec 26, 2019 3:52 pm
by sako 30-06
Daai lyk soos gofish se boot in mosselbaai?
Mooi vis,baie geluk.

Re: Waar is die visse...

Posted: Thu Dec 26, 2019 8:20 pm
by Armand Steenkamp
Galjap uit Hentiesbaai!

Re: Waar is die visse...

Posted: Thu Dec 26, 2019 8:51 pm
by prohunt
sako 30-06 wrote: Thu Dec 26, 2019 3:52 pm Daai lyk soos gofish se boot in mosselbaai?
Mooi vis,baie geluk.
Jy is reg Sako, dit is Shawn Mey se boot in die agtergrond. Ek het my eie boot maar het die dag saam met hom uitgegaan. Die foto met die boot in die agtergrond is by Mosselbaai Bootklub geneem maar die vis is naby Gourits gevang.

Seën

Re: Waar is die visse...

Posted: Fri Dec 27, 2019 6:14 am
by sako 30-06
Wat het die kabeljou geweeg?
Wil self binne die volgende paar dae n trip saam hulle bespreek.

Baie mooi visse julle, ek kon gisteraand net n smooth hound vang.

Re: Waar is die visse...

Posted: Fri Dec 27, 2019 12:12 pm
by prohunt
sako 30-06 wrote: Fri Dec 27, 2019 6:14 am Wat het die kabeljou geweeg?
Wil self binne die volgende paar dae n trip saam hulle bespreek.

Baie mooi visse julle, ek kon gisteraand net n smooth hound vang.
Volgens die lengte/gewigtabel ongeveer 38kg.

Re: Waar is die visse...

Posted: Tue Jan 07, 2020 6:01 pm
by Vlakvark Soldaat
Ek weet Torpedo hier op die forum het weer wild gevang, ek dink 28 vis in 3 dae, rock en surf alleenlik...

Jake, daai man se glimlag is groter as die bass sin! Netjiese size een daai!
Prohunt, daai is n mase kabeljou, geluk!
Armand, netjies daai!

Re: Waar is die visse...

Posted: Sun Jan 12, 2020 4:26 pm
by wynis
Image

Ek het darem genoeg kolsterte, stompneuse en knorhane gevang vir ‘n paar aandetes. Sien al klaar uit na my volgende see vakansie in Junie om vir elwe en dalk leervis te gaan.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Waar is die visse...

Posted: Mon Jan 13, 2020 7:15 am
by Vlakvark Soldaat
Netjies daai Wynis!

Ons gaan in April na Umhlanga toe, so ek begin ook reeds rondvra vir goeie spots en lekker tips. Maar klink my daai plek is leeg gevang...

Re: Waar is die visse...

Posted: Mon Jan 13, 2020 8:57 am
by wynis
Vlakvark Soldaat wrote:Netjies daai Wynis!

Ons gaan in April na Umhlanga toe, so ek begin ook reeds rondvra vir goeie spots en lekker tips. Maar klink my daai plek is leeg gevang...
Dankie Vlakvark Soldaat. Ek vermoed ook jy sal ‘n bietjie uit Umhlanga moet ry om ernstig te gaan vang. Daar is wel mooi plekkies om te vang op die Noordkus. Ek is ook seker dat jy naby die lighuis by Umhlanga vroeg oggend elwe en dalk ander vis sal kry.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Waar is die visse...

Posted: Mon Jan 13, 2020 1:41 pm
by Jake1
20200113_133843.jpg
So 4 Swartbaars laas week in baie sterk stroom gevang op fluke, Texas pegged strop, in Olifantsrivier Groblersdal area

Re: Waar is die visse...

Posted: Tue Jan 14, 2020 7:42 am
by Antonie
Op Hartenbos se strand gevang Desember maand. Naby Beneke (nie seker van spelling) se klip.

Re: Waar is die visse...

Posted: Tue Jan 14, 2020 12:27 pm
by sako 30-06
Mooi visse manne, dit lyk darem of almal n vars vissie op die kole kon gooi.

Min dinge so lekker soos vars vis, ek gaan sukkel om weer winkel hake te eet.

Re: Waar is die visse...

Posted: Tue Jan 14, 2020 2:44 pm
by Chris Roux
Ek was darem self gelukkig om n paar vir die pan te vang. Hierdie grunter het dit net net gemaak. Tweede gooi van die oggend en toe sit hy.

Re: Waar is die visse...

Posted: Sun Jan 19, 2020 8:30 am
by Dale SH
Silver Steenbras 5.2 kg
East Coast of East London
January 1st 2020

Re: Waar is die visse...

Posted: Sun Jan 19, 2020 7:56 pm
by Trompie
Ekt al heelwat vis die laaste paar maande gekry op kunsaas maar nog niks regtig spectacular nie. Hier is ñ bass op Fat Ika gevang en Karp op loodkoppie in dik gras
20191005_100623.jpg
20190608_092626_HDR~2.jpg
Sent from my LG-H870 using Tapatalk


Re: Waar is die visse...

Posted: Mon Jan 20, 2020 12:03 pm
by JuanPaul
Seilvis Desember gevang en weer vrygelaat

Re: Waar is die visse...

Posted: Mon Jan 20, 2020 12:08 pm
by JuanPaul
En `n paar Dorados saam met my dogter