Page 1 of 1

Swak diens van SAPD

Posted: Tue Nov 29, 2011 10:22 pm
by Ponkie
Manne

Ek probeer vandag ons plaaslike polisiestasie (Willowmore) bel om deurgeskakel te kan word na die vuurwapenaansoeke-afdeling, sodat ek my Pa se 308 op my eie naam kan sit, maar in 'n tydperk van 2 ure wat ek 4 keer gebel het, het hulle nie eenkeer die telefoon geantwoord nie!!! :o Die rede hoekom ek so omgekrap was, is wat as ek nou dringend die Polisie se diens nodig gehad het en hulle antwoord nie die foon nie?

Ek sal hulle seker by die Ooskaap se hoofkantoor of die distrikskantoor bietjie kan aangee? Enige van julle ook al so ondervinding gehad en my dalk kan se wat die regte pad is om te stap? Dis nie die eerste keer wat dit gebeur nie, so ek wil dit maar onder die aandag van iemand bring wat hulle net bietjie kan gas gee, so kan mens darem nie op die staat se rug ry nie!!

Groetnis
Ponkie

Re: Swak diens van SAPD

Posted: Tue Nov 29, 2011 10:44 pm
by JoevR
Ponkie, ja die amptenare kan soms baie laks wees. As jy rerig wil kla, kontak die stasiebevelvoerder. Weet nie of dit gaan help nie. As ek iets by SAPS wil uitsorteer, gaan ek maar persoonlik. Nie dat dit altyd help nie. Hoe ver is jy van jou plaaslike SAPS?

Wat is jou navraag, oorplaas van jou pa na jou naam word op dieselde vorm gedoen as vanaf 'n handelaar, jy vul net 'n ander deel op die vorm in by huidige eienaar, of privaat eienaar. Nie so nie?

Groete
Joe

Re: Swak diens van SAPD

Posted: Wed Nov 30, 2011 4:41 am
by Gerhard
Ponkie,

Ek het maar die Stasie Bev gebel.

Nooit met hom gepraat gekry nie maar ek met die Bev se sekretaresse gesels het het dinge darm gebeur...

Sterkte...

Re: Swak diens van SAPD

Posted: Wed Nov 30, 2011 4:19 pm
by stf
Ponkie,
Die gebieds bevelvoerder is Kolonel Thys Nolte, hy is in Willowmore, sel no 082sewesewe97106.
Vir die oordrag van n wapen, moet jy weer n sap 271 voltooi, aansoek vir vuurwapen lisensie.
Stf

Re: Swak diens van SAPD

Posted: Wed Nov 30, 2011 4:42 pm
by Ponkie
STF

Dankie vir die nommer, sal hom beslis 'n luitjie gee. Ek het toe darem die vorms gekry, sal hulle venaand begin invul, want die wind hou my nog 'n aand uit die veld!

Groetnis
Ponkie

Re: Swak diens van SAPD

Posted: Wed Nov 30, 2011 6:37 pm
by theedge
Ponkie sterkte hoop jy kom reg.