Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Moore Julle
Soos iemand eendag iewers in n fliek gesê het “I’m no preacher man”... ek’s defnitief nie een nie! Daar is n paar manne wie se jop dit is. Maar daars n paar goed wat my gedagtes karring.
Ek dink onwillekeurig aan……
Familie, vriende en kenisse wat ons aan die dood afgestaan het
Twee maats in die hospital, een wat by die dood omgedraai het
Gebedelyste wat langer raak
Die “DUIWELSE” land waarin ons bly
Hartseer, alleenwees en leed
Gesondheid
Droogte - honger en dors…mens en dier
Finansies
As jy te lank vir jou Quickload berekening wag….grappie
Maar ek vergeet……
My oë het vanoggend oopgegaan….. en dis Vrydag
Van elkeen wat elke dag vir my gespaar is
Vir elke person wat op sy unieke manier my lewe aangeraak het en daagliks ondersteun
U beskermende hand
Almal wat vir my lief en dierbaar is
Al het ek seer is ek vir my geliefdes gespaar
Om reën te maak vat tyd, dit sal val… vertrou
Al het ek min…..is daar met nog minder as ek
Onse Vader…dankie
Vir deure wat U vir ons oopmaak
U voetspore in die sand
Genade onbeskryflik groot ……
………AMEN
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."