Page 1 of 1
Alweer 'n S365 / S355 na vraag
Posted: Mon Feb 03, 2020 11:57 am
by Omnia
Ek weet die vraag is nou al oor en oor gevra , en baie sal se luister die man dan nie maar 'n ruk is nou al verby en as enigiemand kan help skreeu asb.
Ek is nie 'n teiken skieter nie ek soek net die bok moet val , so ek soek nie 30 skote in 1 gat nie .
Die vraag is watter kruit is nou die selfde gewig (gr) op die S365 en die S355 . Se nou die selfde maar waar julle gesien het daar nie 'n groot verskil is nie .
Re: Alweer 'n S365 / S355 na vraag
Posted: Mon Feb 03, 2020 12:59 pm
by J le Roux
Middag Omnia
Ek neem aan jou S365 en S355 is op? Jy sal die herlaai met 'n nuwe kruit moet aanpak soos enige ander nuwe lading. Daar is manne wat jou met QL sal kan help indien jy die informasie soos benodig kan gee.
Andersins gaan daar darem gehelp word met begin and maks ladings indien jy die kaliber en kooels wat jy beplan om te gebruik kan verskaf.
Laat weet maar gerus.
Re: Alweer 'n S365 / S355 na vraag
Posted: Mon Feb 03, 2020 5:37 pm
by tripodmvr
Jy sal beide jou S365 en S355 heel suksesvol met S341 kan vervang. Dit sal soortgelyk as S355 presteer, daarom sal jou nodespoed, met die geweer wat beter skiet met S365, laer wees. Vir bosveldjag gaan dit heelwaarskynlik nog goed werk.
Re: Alweer 'n S365 / S355 na vraag
Posted: Tue Feb 04, 2020 8:24 am
by cornejvr
Wat van s361 as alternatief vir s365,ek sit ook in diselfde geval as omnia.Ek wil my 2506 weer opstart,ek skiet 100gr en ligter. Julle terugvoering sal opreg waardeur word.
Sent from my SM-A505F using Tapatalk
Re: Alweer 'n S365 / S355 na vraag
Posted: Tue Feb 04, 2020 8:49 am
by tripodmvr
S361 is bietjie stadig vir 100gr en gee 96% ontbranding. Nodespoed is by 3200vps. Hoe ligter die koeël gaan raak hoe swakker sal dit vaar.
S341 se dopvul is net 81% (in my oë nog heel veilig - gebruik dacron as dit te laag is vir jou) en nodespoed is ook by 3200vps. Ontbranding is 100%. Hoe ligter mens nou gaan op gewig hoe beter gepas is die S341.
Re: Alweer 'n S365 / S355 na vraag
Posted: Tue Feb 04, 2020 10:27 am
by cornejvr
Dankie oom tripod,oom het nie dalk vir my n veilige begin lading met s341 en 100gr Sierra nie,ek waardeur die hulp baie.
Sent from my SM-A505F using Tapatalk
Re: Alweer 'n S365 / S355 na vraag
Posted: Tue Feb 04, 2020 1:42 pm
by tripodmvr
Begin by 48gr - druk van 50K psi word voorspel en spoed van 3050vps met 24 duim loop.
Re: Alweer 'n S365 / S355 na vraag
Posted: Tue Feb 04, 2020 3:19 pm
by cornejvr
Baie dankie oom tripod
Sent from my SM-A505F using Tapatalk