Page 1 of 1
Verkeers boetes, iemand ry met my reg nr.
Posted: Thu Feb 13, 2020 8:59 am
by Arnold van Wyk
Iemand al die probleem gehad, ek kry boetes maar al die fotos wys voertuig nie eers die selfde as myne nie.
Re: Verkeers boetes, iemand ry met my reg nr.
Posted: Thu Feb 13, 2020 11:34 am
by RUPERT
Ek het dit nou weer gehad met my E-toll. N wit hardbody towe trok het my reg nr ook gebruik. Ek het E-tol gebel en vir hulle die storie vertel.
Hulle se toe ek moet n affidavit gaan afle en vir hulle stuur sodat hulle dit van my naam kan afhaal.
Ek het toe gevra of hulle ook met die Enatis sisteem gekoppel is en hulle se toe ja. Toe moes ek maar vir hulle vertel om die poepol te kry wat
moet seeker maak dat die voertuig in die foto ooreenstem met die informasie op die Enatis sisteem en dalk sal hulle dan agter kom of ek vir die
E-toll moet betaal.
Ek dink jy kan maar dieselfde doen. Vat die dokument waarop jou liksens kom en gaan wys vir hulle dat hulle nie hulle werk doen nie.
Groente
Re: Verkeers boetes, iemand ry met my reg nr.
Posted: Thu Feb 13, 2020 12:58 pm
by HunterB
Ek kry dieslefde, n wit SUV wat net my motorfiets se ou nommerplaat boetes kry. Die foto wys die wit voertuig met n langwerpige nr plaat maar hulle dink dit is my rooi motorfiets. Hy het nie eers voor n nr plaat op nie. Sukkel al van Jun maand laasjaar af en het laasweek weer papier gekry. Die boete is by JHB metro so ons verkeerskantoor in die FS kan dit nie regstel nie...
Re: Verkeers boetes, iemand ry met my reg nr.
Posted: Thu Feb 13, 2020 1:05 pm
by RUPERT
die punt bly staan dat hulle stupid is. dIE VERKEERS DEPARTEMENTE het ook die Enatis stelsel en kan sien wat die storie is maar is te sleg om hulle werk te doen.
Re: Verkeers boetes, iemand ry met my reg nr.
Posted: Fri Jun 05, 2020 9:29 am
by Arnold van Wyk
IS hier iemand wat my kan help eienaar opspoor, ek het vin nr van voertuig wat met my nr plaat rondry.
Re: Verkeers boetes, iemand ry met my reg nr.
Posted: Fri Jun 05, 2020 9:31 am
by andre007
Waars ons PI.....
Re: Verkeers boetes, iemand ry met my reg nr.
Posted: Fri Jun 05, 2020 9:57 am
by tripodmvr
Manne, ek ignoreer die Etol en al die boetes soos 'n rooi robot. Los die mors van tyd. Dink net hoe ape hulle sal wees wanneer die' inligting in 'n hof sou uitkom. Ek wag vir 'n dagvaarding.
Hier by ons het hulle nou boks spoedmeters wat automaties jou "vang" en afneem. Die meeste spoed in 'n 60km sone word getoon as 71-75km/h. Ek ry voltyds met my GPS in my voertuig en tog word ek nog gevang. My probleem met die apparaat is dat jy nie reg van voor gevang word nie en daarom kan die spoed nooit reg wees nie. Ek weier dus om te betaal as daar 'n boete in my pos is.
Re: Verkeers boetes, iemand ry met my reg nr.
Posted: Fri Jun 05, 2020 2:43 pm
by OosKaapJagter
Arnold, ek weet nie mooi hoe kon jy die VIN nommer in die hande kry nie. Indien jy egter 'n bedrog klagte by die polisie gaan aanmeld sal hulle maklik die voertuigeienaar op die NATIS stelsel kan opspoor.
Ek weet dit is 'n frustrasie, maar dit is meer van 'n frustrasie om gereeld te reageer op boetes.
Moenie sommer aanklagkantoor toe gaan nie. Vra jou DFO wie is 'n skerp polisieman in jou area en kontak hom. Dit help altyd as jy deur 'n "kontak" werk.