Page 1 of 1

Vithavouri N550 of Hodgdon H4350

Posted: Thu Feb 27, 2020 9:47 pm
by Koggelbeer
Middag manne

Nou dat ons sukkel met die somchem s365 moet ek kyk na een van die bogenoemde kruite of wat stel julle nog voor?
Gaan 87gr Hornady V-max skiet in Howa 1:10 twist 243 win

Hoor graag van julle


Sent from my SM-A705FN using Tapatalk


Re: Vithavouri N550 of Hodgdon H4350

Posted: Thu Feb 27, 2020 9:52 pm
by jankraay
Ek sou die 4350 probeer.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Vithavouri N550 of Hodgdon H4350

Posted: Fri Feb 28, 2020 1:56 am
by Dumbluck
Ek het nou onlangs 'n pel begin help, ons het nog net 2 toets ladings geskiet maar dit sal jou 'n idee gee.

Howa 243 dun loop 22" 1:10
Sako dop H2O 53.0gr
87gr Vmax
COAL 2.650" (40 thou van lande)

H4350
41.5gr 2996fps (ES35)
42.0gr 3041.8fps (ES 23)
Labradar

Ek het net vinnig gespeel op die rekenaar om te kyk waar die node is.
Gordons Reloading Tool: 40.3gr 2920fps
Quickload: 40.5gr 2940fps

Dalk kan iemand anders ook loer? skimp skimp

Op daai node verloor jy baie spoed teenoor S365, ek weet nie of die volgende node veilig is nie. Die manne met meer ondervinding sal moet raad gee. Passop net as jy begin met N550, hy brand baie warmer as wat QL voorspel, ek sal by 39gr begin.

Re: Vithavouri N550 of Hodgdon H4350

Posted: Fri Feb 28, 2020 4:30 am
by Matewis28
Dumbluck wrote: Fri Feb 28, 2020 1:56 am Ek het nou onlangs 'n pel begin help, ons het nog net 2 toets ladings geskiet maar dit sal jou 'n idee gee.

Howa 243 dun loop 22" 1:10
Sako dop H2O 53.0gr
87gr Vmax
COAL 2.650" (40 thou van lande)

H4350
41.5gr 2996fps (ES35)
42.0gr 3041.8fps (ES 23)
Labradar

Ek het net vinnig gespeel op die rekenaar om te kyk waar die node is.
Gordons Reloading Tool: 40.3gr 2920fps
Quickload: 40.5gr 2940fps

Dalk kan iemand anders ook loer? skimp skimp

Op daai node verloor jy baie spoed teenoor S365, ek weet nie of die volgende node veilig is nie. Die manne met meer ondervinding sal moet raad gee. Passop net as jy begin met N550, hy brand baie warmer as wat QL voorspel, ek sal by 39gr begin.
Dit lyk min of meer presies soos my setup My node lĂȘ of 41.5gr maar ek gebruik IMR4350 aangesien ek my buurman oorkant die pad se 30-06 patrone ook laai gebruik ons albei nou dieselfde kruit.

Re: Vithavouri N550 of Hodgdon H4350

Posted: Fri Feb 28, 2020 5:32 am
by 6.5/284Norma
Voorstel: Kyk na Norma URP en 204.

Ek skiet URP en H4350 in my 6mm Creedmoor met 87 Berger. Kry beter spoed met baie minder druk met URP.

Re: Vithavouri N550 of Hodgdon H4350

Posted: Fri Feb 28, 2020 7:06 am
by tripodmvr
Ek het al probeer om Norma "uit die closet" te laat kom, maar almal het net VV, IMR en Hodgon in hul gedagtes. En gewoonlik is Norma goedkoper en gee 50gram ekstra dryfmiddel.

Die ander opsie is Lovex wat bykans soos IMR en Hodgon presteer. R550 per 500 gram.

Re: Vithavouri N550 of Hodgdon H4350

Posted: Fri Feb 28, 2020 9:41 am
by Koggelbeer
Baie dankie vir julle insette, dink ek gaan kyk na die Hodgdon h4350, ons local geweer winkel doen net Hodgdon , Vithavouri en Imr kruit .

Enige iemand wat Hodgdon h4350 laai met 87gr vmax in 24" howa bull barrel 243?

Sent from my SM-A705FN using Tapatalk


Re: Vithavouri N550 of Hodgdon H4350

Posted: Fri Feb 28, 2020 9:57 am
by Malan123
Ek het oorgeskakel van s365 na VV N550. Nog nie 'n dag spuit nie. Hy werk bitter mooi.