Page 1 of 1
416 Rigby voorgestelde ladings
Posted: Sun Mar 01, 2020 5:05 pm
by Apie
Dag Manne
So het die dag aangebreek en my CZ 416 Rigby is tuis...
Ek het op bestelling 400gr Claw bonded en Range punte en het 100 x 400gr Frontier Game Ranger geplateerde punte saamgekry.
Met die S365 skaarste(en die feit dat ek nie mal oor baie recoil is nie) wil ek nie graag kruit mors nie.
Enige tips, moets moenies etc?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 416 Rigby voorgestelde ladings
Posted: Sun Mar 01, 2020 7:35 pm
by DWB
Wanneer kom skiet jy BASA

Re: 416 Rigby voorgestelde ladings
Posted: Sun Mar 01, 2020 8:10 pm
by tripodmvr
Norma MRP of MRP-2. Gaan loer by Norma reloading
Re: 416 Rigby voorgestelde ladings
Posted: Mon Mar 02, 2020 8:40 am
by Wouter Roets
Lian
Met S365 en die lae drukvlakke waarmee n mens werk in die 416 Rigby het ek gevind dat jou BRF hier by die 0.4000-0.4100 rond hardloop. Fed 215 is juis ontwerp vir die tiepe rondtes so ek sal dit sterk aanbeveel. Krimp is natuurlik ook n moet. Rolkrimp hou ek van meer as factory crimp oor dopleeftyd. Maak seker jou doppe is dieselfde lengte en as jy die bekke debur probeer om nie te veel in hulle te sny nie. Ek probeer hom so square sny as wat ek kan deur net die bur aan die buite en binne kant weg te vat. Hierdie gee konstandheid in die krimp proses. Gebruik n plat sandsakkie tussen geweer en skouer of iets soos n Caldwell lead sled skietrus as jy vir groepering skiet.
Groetnis
Wout
Re: 416 Rigby voorgestelde ladings
Posted: Mon Mar 02, 2020 3:09 pm
by Smitstertjies
Baie goeie raad van Wouter hierbo. S385 werk ook lekker in hom as jy nie S365 kry nie. Ek het ook gevind dat die S385 bietjie matiger recoil gee vir dieselfde spoed. Ek laai 93gr S385 agter n 400grein Swift Aframe vir 2350 fps. Dopvulling is 97% en nogsteeds onder maks druk. Vihtavuori N560 behoort ook mooi te werk.
416 Rigby voorgestelde ladings
Posted: Mon Mar 09, 2020 3:03 pm
by Apie
Dankie Manne
Het vandag toetsladings met 400gr Frontier Game Rangers geskiet
85 tot 88gr het so van 2240 tot 2300fps gegee.
Kon nie my oefening klaarmaak nie omdat die bye in my teikenwal ingetrek het en nie mal is oor daai 400greiners in hulle huis nie.
Het toe op boom laaste skote so op 70meter uit kniel houding geskiet.
7 skote
Kan nie wag vir my Claw punte om te kom nie, die wildebeeste gaan huil!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 416 Rigby voorgestelde ladings
Posted: Mon Mar 09, 2020 3:35 pm
by Apie
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 416 Rigby voorgestelde ladings
Posted: Mon Mar 09, 2020 3:36 pm
by DWB
Lekker man!
Re: 416 Rigby voorgestelde ladings
Posted: Mon Mar 09, 2020 5:50 pm
by tripodmvr
As jy S385 oorweeg kan S361 ook 'n opsie wees. Laasgenoemde dink ek is darem nog verkrygbaar.
https://www.norma-ammunition.com/en-gb/ ... /416-rigby
Re: 416 Rigby voorgestelde ladings
Posted: Mon Mar 09, 2020 6:54 pm
by Henlo
Eks bly daai 416 werk bietjie hy het heeltemal te lank gestaan en stof opgaar, laatweet as iets voor hom val
Re: 416 Rigby voorgestelde ladings
Posted: Mon Mar 09, 2020 9:12 pm
by Apie
Henlo wrote:Eks bly daai 416 werk bietjie hy het heeltemal te lank gestaan en stof opgaar, laatweet as iets voor hom val
Einde Mei!
Sent from my iPhone using Tapatalk