Page 1 of 1

Lisensie hulp

Posted: Thu Mar 05, 2020 7:23 am
by RudolphP
More almal

Ek het die geleentheid gekry om 'n haelgeweer oor te neem by 'n oom wat ek ken.

Ek besit op die oomblik 'n 308 so my bevoegdheid ens. is alreeds in plek.

Wie kan my dalk help met 'n motivering vir die haelgeweer? Hy sal hoofsaaklik vir kleiduif skiet gebruik word en dalk af en toe vir jag doeleindes.

Groete
Rudi

Re: Lisensie hulp

Posted: Thu Mar 05, 2020 7:37 am
by Plaashaas
Het jy bevoegdheid vir haelgeweer?

Re: Lisensie hulp

Posted: Thu Mar 05, 2020 7:44 am
by Dirk777
RudolphP wrote: Thu Mar 05, 2020 7:23 am More almal

Ek het die geleentheid gekry om 'n haelgeweer oor te neem by 'n oom wat ek ken.

Ek besit op die oomblik 'n 308 so my bevoegdheid ens. is alreeds in plek.

Wie kan my dalk help met 'n motivering vir die haelgeweer? Hy sal hoofsaaklik vir kleiduif skiet gebruik word en dalk af en toe vir jag doeleindes.

Groete
Rudi
Ek kan jou help. Kan my Whatsapp op 083 4 nul agt, nul twee 3 0 Dirk

Re: Lisensie hulp

Posted: Thu Mar 05, 2020 8:08 am
by RudolphP
Plaashaas wrote: Thu Mar 05, 2020 7:37 am Het jy bevoegdheid vir haelgeweer?
Ja, ek het toe ek my jag geweer gekry het my bevoegdheid vir 'n handwapen en haelgeweer ook gedoen

Re: Lisensie hulp

Posted: Sat Mar 07, 2020 8:48 am
by obasch
Net 'n bietjie raad. Bekom toegewyde status, NHSA is seker die maklikste o dit te doen en gerieflikste om op datum te hou. Haelgeweer ammunisie koop mens gewoonlik in kaste van 250 en daarvoor het jy nodig dat jou lisensie 'n Section 16 lisensie moet wees. Doen dit voor jy die lisensieaansoek doen, jy moet aansoek doen vir 'n lisensie vir toegewyd jagter of sportskut.

Re: Lisensie hulp

Posted: Sat Mar 07, 2020 12:59 pm
by BenJacobs
obasch wrote: Sat Mar 07, 2020 8:48 am Net 'n bietjie raad. Bekom toegewyde status, NHSA is seker die maklikste o dit te doen en gerieflikste om op datum te hou. Haelgeweer ammunisie koop mens gewoonlik in kaste van 250 en daarvoor het jy nodig dat jou lisensie 'n Section 16 lisensie moet wees. Doen dit voor jy die lisensieaansoek doen, jy moet aansoek doen vir 'n lisensie vir toegewyd jagter of sportskut.
Ek stem saam. En by NHSA is dit rĂªrig bitter eenvoudig!

Re: Lisensie hulp

Posted: Sat Mar 07, 2020 8:57 pm
by tripodmvr
'n Lang storie dink ek skrik iemand af wat jou motivering moet lees. Wees eerlik (jy sweer dat alles waar en korrek is) met wat jy die haelgeweer voor gaan gebruik. Daar is sekerlik meer as een kleiteiken klub in Pta en as jy geld neersit kan jy daar skiet. Jy hoef nie noodwendig 'n lid te wees nie. Meeste haelgewere is redelik veeldoelig en sal dus vir jag ook gebrui kan word.

Die aanbeveling oor toegewyde status is baie belangrik vir nou en ook dan in die toekoms wanneer jy ander vuurwapens wil koop.

Re: Lisensie hulp

Posted: Sun May 31, 2020 11:18 am
by RudolphP
Ek het nou uiteindelik bietjie tyd om hierdie uit te sorteer en toer kom ek agter ek het nooit my bevoegdheid gedoen vir 'n haelgeweer nie...

Wie sal my in Pretoria met dit kan help?

Sent from my SM-A505F using Tapatalk


Re: Lisensie hulp

Posted: Sun May 31, 2020 11:55 am
by obasch
Centurion Indoor Shooting