Page 1 of 1

Hentiesbaai Maart 2020

Posted: Mon Mar 16, 2020 2:14 pm
by Alwyn
Middag Manne

So is ons besig om on sake tepak vir Hentiesbaai einde van die maand….. dis nou as die virus ons by die lughawe uit laat…..

Is hier van julle wat so bietjie kan riglyne gee vir die tyd van die jaar…. en ja ak weet mens vang nie vis in skube baar of by deduine hotel LOL

Ek hoor graag van julle!!

Re: Hentiesbaai Maart 2020

Posted: Mon Mar 16, 2020 8:43 pm
by Flip Nel
Alwyn wrote: Mon Mar 16, 2020 2:14 pm Middag Manne

So is ons besig om on sake tepak vir Hentiesbaai einde van die maand….. dis nou as die virus ons by die lughawe uit laat…..

Is hier van julle wat so bietjie kan riglyne gee vir die tyd van die jaar…. en ja ak weet mens vang nie vis in skube baar of by deduine hotel LOL

Ek hoor graag van julle!!
Wees gewaarsku Corona het nou hier ook uitgepop, op die oomblik koop die manne glo windhoek skoon en hulle vra dat mense hulle skaars hou en nie in groot groepe beweeg nie, weet nie hoe erg dit einde van die maand gaan wees nie.

Re: Hentiesbaai Maart 2020

Posted: Tue Mar 17, 2020 2:54 pm
by Chris Roux
Middag Alwyn

Ek was bevoorreg om so n paar weke terug daar te kon wees, 7de tot 14de Februarie. Die lekkerste deel van so n ekspedisie is die beplanning en pakkery. Ons het darem n paar vissies huis toe gebring. Klik gerus op die onderstaande skakel en leer meer oor die vis wat julle wil teiken. Die spesies wat in blou geskryf staan gee bietjie meer inligting as jy daarop klik.
Stywe lyne en geniet dit.


http://www.cellstop.com.na/weather/nami ... endar.html


PS. Ons het deur Botswana gery en met die terugkom slag by die grenspos is ons eers getoets vir koors en onder vra oor ons gesondheids toestand.Gelukkig het ons vis koors toe al reeds gedaal. ;D

Groetnis

Re: Hentiesbaai Maart 2020

Posted: Wed Mar 18, 2020 8:21 am
by Alwyn
More Julle

Dankie vir die trugvoer, ons het gister sie "call" gemaak en ons trip uit geskuif na November.

Chris dankie vir die link, baie waarde vol!

Groete
Alwyn

Re: Hentiesbaai Maart 2020

Posted: Wed Mar 18, 2020 1:41 pm
by FHM
Ja nee, ek sal nie nou aan die reis gaan oorgrens nie.
Cabinet Decisions 17 March 2020 Declaration of State of Emergency.pdf.pdf
Declaration of a State of Emergency by President Hage G. Geingob, 17 March 2020.pdf.pdf