Page 1 of 1
6.5 Creedmoor Lading
Posted: Tue Mar 31, 2020 6:54 pm
by AB7
Naand, sal iemand my asb kan help met n lading vir my Howa 6.5 Creedmoor 26" loop?
Data soos volg:
Punt: Hornady 143 Eld-x
Dop: Lapua SRP
Primer: CCI BR-4
Kruit: Somchem S365
Lot: 089
Dev: 0.1%
Lading: 41gr
Spoed Avg: 2586 vps
Loop Lengte: 660mm
H2O: 52.16gr
Dop Lengte: 48.65mm
Max TPL: 73.53mm
TPL: 72mm
Bearing Surface: 15.5mm
Patroon Lenghte: 36.35mm
Twist: 1:8
Laat weet asb as daar iets kort.
Byvoorbaat baie dankie
Groete
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 6.5 Creedmoor Lading
Posted: Tue Mar 31, 2020 8:27 pm
by tripodmvr
42,5gr vir 2680vps
Re: 6.5 Creedmoor Lading
Posted: Tue Mar 31, 2020 8:44 pm
by AB7
Baie dankie.
Is dit die vinnigste node vir hom?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 6.5 Creedmoor Lading
Posted: Tue Mar 31, 2020 9:14 pm
by tripodmvr
Korrek ja. Druk bereken as 46K psi, maar jou dop is reeds vol. Die volgende node is by 2790vps en 44,3gr gaan naby wees. Druk is nog baie veilig. Jy sal moet kyk hoe moontlik dit gaan wees.
AB7 65 Creed 143ELDX Node 5.png
Re: 6.5 Creedmoor Lading
Posted: Tue Mar 31, 2020 9:16 pm
by tripodmvr
My aanbeveling sal wees om daardie node te bekruip met 0,2gr inkremente vanaf 43,7gr (regstelling 33,7gr).
Re: 6.5 Creedmoor Lading
Posted: Tue Mar 31, 2020 9:40 pm
by AB7
Dankie ek sal altwee kyk. Sal laat weet as mens weer kan gaan skiet.
Baie dankie vir die hulp.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 6.5 Creedmoor Lading
Posted: Sat May 09, 2020 7:03 pm
by AB7
Naand.
Ek het toe geskiet gekry. My gemiddelde spoed was 2814vps op Chrony met die 44.3gr en 2723 met 43.7gr. So by die tromp is dit 2829vps en 2738vps.
Wat moet ek laai om by die 2790vps uit te kom?
Groete
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 6.5 Creedmoor Lading
Posted: Sat May 09, 2020 7:57 pm
by tripodmvr
Die spoedtoename vir 0,6gr dryfmiddel is buitensporig. My raad sal wees om te kyk dat jy 2780vps op die chrony probeer kry. Laai 3 tot 5 skote van 44gr en kyk hoe lyk die groep en spoed. Hoe lyk jou doppe se slagdopgate - het hulle nie gerek nie?
Re: 6.5 Creedmoor Lading
Posted: Sun May 10, 2020 6:29 pm
by Hansieslim
Sjoe, daai langer loop maak dinge darem baie veiliger.
Re: 6.5 Creedmoor Lading
Posted: Sun May 10, 2020 9:32 pm
by AB7
Nee geen druk tekens gekry nie. Ook gedink die spoed toename maak nie lekker sin in die 0.6gr toename in lading nie.
Sal so maak. Baie dankie vir die hulp
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 6.5 Creedmoor Lading
Posted: Sun May 10, 2020 10:20 pm
by Apie
tripodmvr wrote:Die spoedtoename vir 0,6gr dryfmiddel is buitensporig. My raad sal wees om te kyk dat jy 2780vps op die chrony probeer kry. Laai 3 tot 5 skote van 44gr en kyk hoe lyk die groep en spoed. Hoe lyk jou doppe se slagdopgate - het hulle nie gerek nie?
Stem
Jy het nie dalk per ongeluk 43.3 en 44.7 ipv van 43.7 een 44.3 gelaai nie?
1.4 grein verskil kan die 90fps opmaak
Sent from my iPhone using Tapatalk