Page 1 of 1

Hulp met afgebreekte skroef verwyder

Posted: Tue Mar 31, 2020 9:16 pm
by Eight
Enige iemand in Pretoria wat my moontlik sal kan help om die afgebreekte skroef in die foto te kan uithaal. Teen betaling natuurlik. Dit is n stainless steel skroef van 5.5mm wat ge loctice is met rooi loctite in aluminium.

Re: Hulp met afgebreekte skroef verwyder

Posted: Tue Mar 31, 2020 10:39 pm
by Pappabeer
Jy het een van twee opsies.

Jy kan hom met n gasvlam verhit om die Locktite los te kry, en dan n flat kop in grind en hom uitdraai

Opsie B is om hom uit te boor en weer thread te sny. Dit is maklik in aluminium. Jy gaan dalk wel van 5,5mm op moet gaan na 6mm

Re: Hulp met afgebreekte skroef verwyder

Posted: Wed Apr 01, 2020 6:45 am
by tripodmvr
Die probleem is om in hierdie tyd die werk te doen as jy nie die gereedskap het nie. In opvolging van Pappabeer is om 'n kleiner gat deur die bout te boor en dan met 'n "easy out" dit te probeer verwyder. Dit egter na die hittebehandeling.

https://youtu.be/Z9zFgB8lTNM

Re: Hulp met afgebreekte skroef verwyder

Posted: Wed Apr 01, 2020 8:48 am
by Knewel
Eight as jy naby was kon ek jou dalk gehelp het maar is hier onder in die kaap. Ek boor elke dag afgebreekte cap screws uit housings en goed uit. Moet liewer nie die skroef met die hand probeer uitboor nie. Jy gaan in ander tale praat



Sent from my SM-A750F using Tapatalk


Re: Hulp met afgebreekte skroef verwyder

Posted: Wed Apr 01, 2020 9:54 am
by Eight
Dankie almal