Page 1 of 1
Kurpers in plaasdam, waneer is beste tyd?
Posted: Sat Apr 11, 2020 1:45 pm
by koos 2
Middag almal
Wat se maande is beste tyd vir kurper vang ?
Is daar groot verskil in seisoen vie kurpers in plaas dam en grootdam bv Vaalkopdam?
Rede hoekom ek vra ons wil graag middel November die jongman wat vir kurper vang by vriende op Brits. Hulle het n plaas grond dam met kurpers in.
Enige ander advies sal baie wardeer word.
Baie dankie
Re: Kurpers in plaasdam, waneer is beste tyd?
Posted: Sat Apr 11, 2020 2:18 pm
by prohunt
Hallo Koos,
Kurper is maar 'n somermaande vis...die "oumense" het altyd gesê jy vang kurpers tydens die maande met die "r" in maw vanaf September tot April. Jy sal wel met moeite en afhangende van die weer buite daardie tyd ook kry maar hulle is lief vir die warm maande. November is 'n baie goeie tyd vir kurpers, afhangende natuurlik van die plaaslike weerstoestande wanneer jy wil gaan vang, hulle is nie lief vir koue fronte nie.
Groete
Johan
Re: Kurpers in plaasdam, waneer is beste tyd?
Posted: Sat Apr 11, 2020 2:19 pm
by J le Roux
Middel November gaan hulle lekker byt. Dobber met klein hoekie en ligte giwigge. so 80cm. Erdwurm of klein stukkie bruinbrood wat met vingers gerol is as jy nie wurms het nie.
Re: Kurpers in plaasdam, waneer is beste tyd?
Posted: Sat Apr 11, 2020 2:20 pm
by tripodmvr
In 'n plaasdam kan jy miskien makliker by diep water uitkom. Baars kruip ook dieper weg in die kouer maande.
Re: Kurpers in plaasdam, waneer is beste tyd?
Posted: Sat Apr 11, 2020 2:40 pm
by koos 2
Baie dankie vir almal se hulp sovêr.
Re: Kurpers in plaasdam, waneer is beste tyd?
Posted: Sat Apr 11, 2020 3:43 pm
by koos 2
Laaste vraag. Wat is julle opinie oor maroek voer plek maak in plaasdam?
Re: Kurpers in plaasdam, waneer is beste tyd?
Posted: Sat Apr 11, 2020 4:34 pm
by junglejulian
Ons het maklik in renosterkop dam so 2 diepvriesse vol gevang oor 4dae met Maroek as voerplek.molasse voerblok het ook baie goed gewerk.