Page 1 of 1

Zebra braai wors - help met resep

Posted: Tue Apr 14, 2020 12:54 pm
by FHM
Manne kan iemand my help met 'n resep vir Zebra wors maak asb?

Re: Zebra braai wors - help met resep

Posted: Tue Apr 14, 2020 3:22 pm
by Andre308
FHM,

Julle Nam manne is dan die groot Zebra eet gemeenskap.

Gebruik die Zebra vleis (verkieslik die taaier snitte) maar maak seker dat jy al die Zebra vet afsny.

Meng hom 70% tot 75% vleis met vet 30% tot 25%. Daar sal ek bees biscuit of skaap stert vet gebruik...met bees die No 1 opsie.

Dan is Crown se Original Plaaswors Boerewors spice die een wat ek maar gebruik. Daar volg ek hulle aanwysings soos op die pak.

Om die wors te laat hang soos dit gestop word vir so 12 ure voor verpak maak ook dat dit n baie beter braai wors raak.

Groete
Andre

Re: Zebra braai wors - help met resep

Posted: Wed Apr 15, 2020 12:48 pm
by FHM
Thanks Andre, ek het nog net salami en steaks geproe - nog nie die willeperd-wors erens raakgeloop nie.
Mooiloop!

Re: Zebra braai wors - help met resep

Posted: Wed Apr 15, 2020 5:09 pm
by jenn
Ons maak ook Zebra wors en almal vra vir nog. Meng ook 70% vleis en 30% vet en dan wors speserye van jou keuse. Gooi net so n tikseltjie knoffel by. Nou nie so baie dat dit 'n knoffel wors is nie. Ja Zebra vet moet af.

Re: Zebra braai wors - help met resep

Posted: Thu Apr 16, 2020 6:56 am
by FHM
jenn wrote: Wed Apr 15, 2020 5:09 pm Ons maak ook Zebra wors en almal vra vir nog. Meng ook 70% vleis en 30% vet en dan wors speserye van jou keuse. Gooi net so n tikseltjie knoffel by. Nou nie so baie dat dit 'n knoffel wors is nie. Ja Zebra vet moet af.
Dankie Jenn, gaan hom n go gee ;)