Page 1 of 1

Wat sê jy op hierdie oomblik vir God?

Posted: Fri Apr 17, 2020 2:14 pm
by TFDADD
Op hierdie dag waar ons almal aanvanklik weer sou begin werk, skool bywoon, ens., is dit gepas dat ons met ons frustasies hieroor, die volgende lees en mooi daaroor dink.
Oggend Boodskap ~ Ds Hettie Wessels -
Vrydag, 17 April 2020 -

Daar is 'n stuk opstandigheid in my oor dit wat in die wêreld gebeur.
Ek is bang. Met tye, as ek eerlik is, sommer net kwaad.
Die swaarkry oorweldig my en ek weet dat dit in die nabye toekoms erger gaan word en nie beter nie.
Die boodskappe wat, baie goed bedoel, rondgestuur word ontstel my nog meer.

Dit laat my dink aan Job se vriende.
Ek dink ons moet waak teen maklike antwoorde in hierdie tyd.
Ons moet waak teen goedkoop teologie.
Ons moet erken dat ons nie weet nie.

Ons moet eerlik wees met ons emosies, ten minste teenoor God, Hy kan dit hanteer.
As jy kwaad is: Sê dit.
As jy by moed opgee is: Sê dit.
As jy wil huil, huil jou hart uit.
Skryf 'n brief, of 'n gebed of 'n gedig.
Skreeu in jpu kussing, kry oefening al is dit net paar strekke in die kombuis.
Lees deur die Psalms, elke moontlike emosie is daar opgeteken.

Opgekropte emosie maak siek.
As iemand oop maak teenoor jou, wees versigtig met jou woorde.
Soms is: "Ek weet nie" of "Stilbly" ook 'n antwoord.
Wees beskikbaar om te luister sonder om raad uit te deel.
En weet dat God elke oomblik met jou en in jou leef.

Nadenke:
Hoe reageer jy teenoor jou eie emosies op hierdie oomblik?
Hoe reageer jy teenoor ander se emosies?
Wat sê jy op hierdie oomblik vir God?

Teks:
Job 16:2 - 4 ~
2 "Hierdie soort argument het ek al baie gehoor. Julle is almal maar hopelose troosters.

3 Kom daar dan geen einde aan julle sinlose gepraat nie? Wat pla julle dat julle die laaste woord wil hê?

4 Ek sou ook soos julle kon praat as julle sou ly wat ek te ly het. Dan kon ek medelye met julle betoon en my kop meewarig oor julle skud."

Romeine 8:37-39 ~
37 "Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet.

38 Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte

39 of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here."

Gebed: Here gee my krag vir vandag.
Amen.

Re: Wat sê jy op hierdie oomblik vir God?

Posted: Fri Apr 17, 2020 6:07 pm
by 6mmMusgrave
Amen

Re: Wat sê jy op hierdie oomblik vir God?

Posted: Sat Apr 18, 2020 4:53 am
by Nardus van der Vyver
AMEN !!

Re: Wat sê jy op hierdie oomblik vir God?

Posted: Sat Apr 18, 2020 6:16 am
by EtienneA
Dankie hiervoor

Re: Wat sê jy op hierdie oomblik vir God?

Posted: Sat Apr 18, 2020 11:20 am
by Pvdw
Ja nee, die dinge wat gebeur kan ons as mensdom gebruik om ons wakker te laat skud en so ons verhouding met God die Vader, Jesus en die Heilige Gees reg te maak. Ek ervaar dit wat gebeur as net nog 'n poging van God om ons te waarsku dat die einde daagliks nader kom.