Page 1 of 1

Lig groote

Posted: Wed Apr 22, 2020 6:02 pm
by jakkat
Middag manne hoop dit gaan goed en almal is veilig

Ek weet nie of die topic al op gekom het van te vore nie maar ek kry dit nie, wat is julle mening oor die groote van die spotlight koppe? Ek het n 140, 170 en n 240 maar ek het nog nooit die 240 gebruik nie dit het vir my te helder gelyk in die nag my logika wou se dat n dit n jakkals makliker sou ligsku maak, gebruik nog altyd n 170 maar dit het al gebeer dat ek kan voel die 170 gee net nie daardie laaste biedjie lig wat rk nodig het op n baie verdere afstand as n jakkals nie verder wil roer nie en op n plek staan maar kan nie uitmaak nie. Jag van julle manne met n 240 wat is julle mening. Wil nie op manne se tone trap nie dit was net my mening oor n 240 kop.

Re: Lig groote

Posted: Wed Apr 22, 2020 6:32 pm
by Malan123
Voor ek oor is na thermal het ek 240 met filter gebruik vir tussen staan plekke. 170 rifle mount met dimmer en filter op staan plekke

Re: Lig groote

Posted: Thu Apr 23, 2020 6:30 am
by naas222
stel jou 240 op iets tussen flood en spot... as hy verder is draai hom op spot... en natuurlik n dimmer

Re: Lig groote

Posted: Thu Apr 23, 2020 7:05 am
by Geno
'n 240mm op spot gestel met 'n dimmer is baie veelsydig. Ek gebruik 2x van hulle op my stoel. Een wit, en een met 'n amber filter.
Tussen staanplekke skiet ek met die lig, en ruil dan gewere op 'n staanplek en skiet met thermal.

Re: Lig groote

Posted: Thu Apr 23, 2020 7:49 am
by BeesBreet
Ek gebruik ook n 240 met dimmer vir skiet en 140 vir soek lig

Re: Lig groote

Posted: Thu Apr 23, 2020 9:01 pm
by Eduard Venter
240mm met dimmer op die geweer en dan 170mm soeklig is maar wat ek gebruik.

Sent from my SM-A520F using Tapatalk


Re: Lig groote

Posted: Fri Apr 24, 2020 12:57 pm
by Henrie_270
Gebruik ook 240mm met amber filter en dimmer op en tussen staanplekke vir skiet. Grootte van lig gaan nie jakkals ligsku maak slegs as jy misskiet, te veel jag in n area of die jakkalse oorroep en doodbrand met lig. Groter lig gaan net seker maak dat jy gouer en verder jak kan sien en skiet. As jy nie kan sien nie kan jy nie skiet nie...

Gebruik my 170 as handlig om oe tussen staanplekke op te tel...

Mooiloop