Page 1 of 1
S355 vir 3006
Posted: Fri Apr 24, 2020 3:18 pm
by SmitH
Middag. Ek het vir jare GS Customs geskiet en soos julle weet is die nie meer beskikbaar nie en nou moet ek weer van vooraf begin. Ek het 100 Swift Scirocco 165gr koeels en 1 1/2 blik S355. Wat stel julle voor wat lading aan betref?
Groete SmitH
Re: S355 vir 3006
Posted: Fri Apr 24, 2020 3:49 pm
by tripodmvr
Scirocco het al reputasie vir fiemiesgeid om akkuraat te skiet. Dit gee ook meer druk weens die lang dravlak. Onder is Somchem se ladings vir S355. Ek sou begin met 50gr en spoed monitor.
168gr PMP SP
80.3mm TPL
Start 48.6 2 562 52.7
Max 54.0 2 851 52.8
Re: S355 vir 3006
Posted: Fri Apr 24, 2020 3:55 pm
by Skietstoel
Soos ek dit het is die S355 meer geskik vir ligter koels - so by 150 grein maar dink dit sal ook werk vir 165 greiners. Gewoonlik gooi mens so 3 grein minder as S365 vir dieselfde spoed. Raai jy kan begin met lading rondon 51 grein en dan maar toets vir spoed en akkuraatheid. Glo daar is manne wat wel sulke ladings ontwikkel het. Ek het al 52.5grein S355 gelaai agter 165gr Sierra Game King BTSP. Doppe was Winchester en CCI 200 primers en dit het goed geloop @ 2802’/s
Re: S355 vir 3006
Posted: Fri Apr 24, 2020 4:04 pm
by SmitH
Ja ek het so agter gekom dat die Sciroccos maar sukkel om te group. Het so 40 Hornady 165 interbonds wat ek mee kan begin sal maar die Sciroccos smous