Page 1 of 2

416 Rigby scope?

Posted: Sun Apr 26, 2020 6:33 pm
by BigBoreFanatic
Ek sit met my lisensie kaartjie in my hand vir my geweer maar dié is in Safari se kluis...
Volgens hulle website is hulle eers die 1e Mei weer oop.
Hoe dit ookal sy, ek moet n teleskoop vir die roer kry en wil graag voorstelle kry?
Zeiss, Leupold, Nightforce maak almal scopes vir die kalibers. Wat van March(?) e.a.?

Re: 416 Rigby scope?

Posted: Sun Apr 26, 2020 8:43 pm
by Pappabeer
Die beste teleskoop vir n groot kaliber waarmee ek nog te doen gehad het is die Swarovski Z6 1-6x24. Die nuwe Zeiss V8 is te lomp en bulky. Die Swarovski Z8 1-8 is seker n opsie maar is baie duur.
Leupold VX6 1-6 is ook n goeie opsie. Vir n gevaarlike wild geweer soek jy nie n scope met n groot windage turret wat die laai en uitwerp van patrone/ doppe belemmer, soos met die taktiese tipe scopes van Vortex etc nie

Re: 416 Rigby scope?

Posted: Sun Apr 26, 2020 9:55 pm
by Capt. Yoda
Daai Z6 wat daddybear van praat

Re: 416 Rigby scope?

Posted: Mon Apr 27, 2020 8:38 am
by wlm
Kyk ook na Trijicon

Re: 416 Rigby scope?

Posted: Mon Apr 27, 2020 9:55 am
by Smitstertjies
Ek het vir jou n Trijicon Accupoint 1-4. Briljante scope. Kruishaar is permanet verlig sonder n battery. Driehoek pillar post kruishaar wat dit bitter maklik maak om ook oop oe te skiet.

Hy het ook klaar CZ Warne QD ringe op.

Re: 416 Rigby scope?

Posted: Mon Apr 27, 2020 11:23 am
by Frederik
Daardie Trijicon gaan mooi loop en ek is seker dat Martin vir jou goeie prys sal gee.

Re: 416 Rigby scope?

Posted: Mon Apr 27, 2020 11:58 am
by Sako75
Ek het 'n nuwe, ongebruikte Schmidt & Bender 1.5-6x42 Zenith FD7 wat ek graag wil verkoop.

https://www.schmidtundbender.de/en/prod ... enith.html

Re: 416 Rigby scope?

Posted: Mon Apr 27, 2020 12:34 pm
by BigBoreFanatic
Ek wik en weeg tussen Swarovski en Zeiss. Beide 8x vergroting, Zeiss groter lens.
Nightforce belaglike prys. So ook March en Minox.
Leica vergroting 6.3.
Leupold miskien beste waarde vir geld?
Trijcon heeltemal onbekend aan my, ook die swaarste onder die lot.

Re: 416 Rigby scope?

Posted: Mon Apr 27, 2020 1:54 pm
by JVT172
Net 'n stupid vraag....hoekom moet die 416 'n scope kry?

Re: 416 Rigby scope?

Posted: Mon Apr 27, 2020 2:31 pm
by PierrieT
Pappabeer wrote:
Leupold VX6 1-6 is ook n goeie opsie.
Hier gaan ek beaam wat Pappabeer se. Die Leupold VX6 1-6 is ‘n uitstekende opsie op ‘n groot kaliber en waarde vir geld. Dis ‘n kompak betroubare scope.

Ek het self so oukie op my 416 Rigby met quick detach mounts. Hy doen die job en as ek wil kan ek nog oop visier roete gaan as jy die ruigtes gaan in vaar.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 416 Rigby scope?

Posted: Tue Apr 28, 2020 9:12 am
by Wouter Roets
BigBore

Jy sal nie n fout maak met die uitstekende kopie nie. viewtopic.php?f=19&t=77240

Moet jou nie vir n oomblik blind staar teen die x5 vergroting nie, aangesien dit in praktyk meer as voldoende is vir die geweer se aanwending.

Groetnis
Wouter

Re: 416 Rigby scope?

Posted: Tue May 12, 2020 11:31 am
by Smitstertjies
JVT172 wrote: Mon Apr 27, 2020 1:54 pm Net 'n stupid vraag....hoekom moet die 416 'n scope kry?
Oopvisier werk net tot so 100m in my opinie.

Ballisties vaar die 416 nie te sleg tot op 250m nie. Ek het n paar bokke al ander kant 200m met myne geskiet. n Scope op QD ringe is die antwoord.

Re: 416 Rigby scope?

Posted: Tue May 12, 2020 12:44 pm
by MyLani
I had a Burris 3-9x40 with Warne QD's on my 416.
Worked wonders out the 250m with the 350gr Barnes TSX.
Scope comes off for the 400gr Dzombos to use open sights

Re: 416 Rigby scope?

Posted: Tue May 12, 2020 2:06 pm
by Forester

Re: 416 Rigby scope?

Posted: Tue May 12, 2020 3:14 pm
by BigBoreFanatic
Ek kry nie die korrel en die visier van my CZ SC 416 Rigby behoorlik opgelyn nie - die wangstuk is óf te hoog óf die visiere te laag. Dís waarom ek 'n scope moet op kry.
Ek het op die Leupold besluit nadat ek hom met die Swarovski, Nightforce, Leica en Zeiss by Safari vergelyk het. Hulle langs die Leupold gehou en na 'n siersteen muur 400-500m gekyk.
Die NF was die swakste en ook die duurste. Leupold die helderste en ook die goedkoopste.

Re: 416 Rigby scope?

Posted: Tue May 12, 2020 4:36 pm
by Frederik
Laat Morkel & Crouse jou wangstuk en kolf uitsorteer groot kaliber geweer wat lekker sit skop baie minder.

Re: 416 Rigby scope?

Posted: Tue May 12, 2020 9:01 pm
by Koos Barnard
Om net weer terug te kom na die vraag oor hoekom 'n .416 'n scope benodig. Die manne het al klaar geantwoord oor die verder skiet as 100m. Die ander rede is dat as jy gewoonweg jag en die bok staan in die skaduwee, jy hom soms baie moeilik sien as jy oor die oopvisiere korrel. Ek het vroeër baie oopvisier gejag en veral in digte bos met baie skadu en sonkolle raak dit baie moeilik om die korrel altyd raak te sien as die afstand verder as 30 tot 40m is. Onthou die manne wat buffels platskiet as hulle storm doen dit op baie korter afstande en soms in redelike oop terrein ook nog. En 'n buffel is groot so jy sien die korrel beter teen die dier. As jy kleiner wild skiet raak dit moeiliker. Dis ook moeiliker om die korrel te sien as dit aand raak. Dan het ek ook gevind dat as die son van die kant af kom jy 'n skuif in impak tot tot soveel as amper 75mm op 100m kan hê. As jy oopvisier nie tot afstande van 25 of 30m beperk nie, raak dit soms vrek moeilik om akkurate skote af te trek. Daarom is 'n scope altyd beter, selfs vir 50 tot 80m-skote.
Mooi loop

Re: 416 Rigby scope?

Posted: Tue May 12, 2020 9:51 pm
by BigBoreFanatic
Die sig in my skietoog raak ook boonop swakker. Ek vind die 'illuminated dot' werk uitstekend. Selfs in helder daglig. Ek glo nie ek sal ooit weer met oop visiere kan skiet nie.
Selfs my R1 se gaatjie visier is vervang met 'n teleskoop.

Re: 416 Rigby scope?

Posted: Wed May 13, 2020 7:30 am
by MyLani
On a Dangerous Game rifle, I found that the standard front sight on my CZ550 458 Lott was just too small, so I had a bigger insert put in (made by Thor if I can remember). Was much better to use.

Then I fell in love with the RMR's on a DG rifle. I have a Kahles Helia RD on the Lott now, with QD mount from American Hunting Rifles. You pick up the red dot Instantly for a quicker shot

Re: 416 Rigby scope?

Posted: Wed May 13, 2020 8:03 am
by DWB
MyLani, post a photo please.

Is it on a CZ?

People highly underestimate the versatility of a red dot.

Re: 416 Rigby scope?

Posted: Wed May 13, 2020 8:32 am
by MyLani
Yes. CZ550.
Will post some photos soon

Re: 416 Rigby scope?

Posted: Wed May 13, 2020 8:40 am
by MyLani
The Kahles has a 2 MOA dot. The smaller the better for me.
It is crisp, and extremely easy to pick it up. Various brightness settings, and the battery is replaced from the side, so it does not need to be removed to be replaced

Re: 416 Rigby scope?

Posted: Wed May 13, 2020 9:39 am
by DWB
Nice!

Yes 2 MOA is excellent and I believe 1MOA is also available nowadays.

Re: 416 Rigby scope?

Posted: Wed May 13, 2020 11:22 am
by MyLani
The Trijicon and Leupold also fits on that mount. They might be even more low profile than the Kahles. Wayne from AHR prefers the Leupold to mount like that

Re: 416 Rigby scope?

Posted: Wed May 13, 2020 11:27 am
by DWB
How did you manage to get the AHR mount in SA?