Wildteling en produkte van teling
Posted: Sat May 16, 2020 1:48 pm
Ek het my in die verlede al uitgespreek teen die teling van allerhande "smartie"-wild (nie dat iemand hulle nou aan my mening hoef te steur nie). Kleure wat kunsmatig vermeerder word nadat mustasies ontstaan het. Dit wil voorkom asof die smarties "gesmelt" het en die werklike trofee-manne die regte, oorspronklike, natuurlike dier verkies.
Nou sien ek in Wild en Jag die springbok wat in die Karoo geteel is. 'n Formidabele bok (Mannetjies Roux it is sy naam), met horings van 20 en 'n agste duim. Wat teling betref, wil dit gedoen wees. Maar vir my het die tradisionele, natuurlike horingkurwes in die slag gebly. Vir my lyk daardie "Mannetjies Roux" na 'n foto wat ge-"fotoshop" is.
Gee my maar die horingvorm wat ek oor die jare leer ken het soos hieronder.