" ..... want ons het mekaar en ons het God."
Posted: Sat May 16, 2020 7:15 pm
Dié Ds Hettie het 'n slag om alledaagse lewensaktiwiteite in verband te bring met God se Woord en ons sodoende meerOGGEND BOODSKAP - Ds Hettie Wessels
Saterdag, 16 Mei 2020.
Vrydagaande is vandat ek en my man getroud is pizza-aand.
Nou in hierdie tyd het ons besluit om maar aan te hou met die tradisie.
Ek moes baie vinnig leer om pizza deeg te maak. Tot my verbasing, toe nou
nie so ingewikkeld nie!
So staan ek gisteraand en knie, ek probeer al die meel bymekaar maak sodat
die deeg iewers elasties en glad kan word om papierdun uitgerol te word vir bak in die oond.
Ons familie hou van 'n baie dun deegie en genoeg kaas.
Aan die begin van die proses is dit of die deeg net wil breek en uitmekaar val, eers later in die proses
werk alles mooi saam.
Na die knie begin ek die deeg uitrol,
Terwyl ek so met koekroller oor en oor die deeg beweeg, dink ek by myself: na hierdie week voel ek ook nogal
of ek met 'n koekroller bygekom is. Of die uitdagings van die lewe my papierdun uitrol.
Ek is wel sterker en meer elasties ... ek hanteer vandag beter as gister en gister beter as 'n week gelede.
Omdat ons al 'n entjie in die pad afgestap het val ek nie meer uitmekaar nie, die lewe het mos al met 'n vorige krisis
my so bietjie geknie, gevou en weer geknie. Ek sou wel verkies om met 'n lappie toe gegooi te word sodat ek net 'n rukkie
kan lê en rus.
My ander gewaarwording is dat die gemeenskap van gelowiges ook so saam begin beweeg.
Die proses knie ons saam. Ons gaan saam deur hierdie brei proses. Ek ervaar dat ons 'n eenheid vorm, mekaar dra
en ondersteun. Ek weet dat ons anderkant gaan uitkom, want ons het mekaar en ons het God.
Ek besef dat ons nog dun uitgerol gaan word, maar ons is nie alleen nie.
Teks: Romeine 5:1 - 5 (Die Boodskap) ~
1 Omdat ons glo, is daar nou vrede tussen ons en God.
2 En dit alles is aan ons Here Jesus Christus te danke. Deur ons geloof het Hy gesorg dat ons nou in 'n splinternuwe
verhouding met God staan. Ons leef nou dag vir dag net uit Sy goedheid. Daarom is ons baie bly en opgewonde.
Want ons weet dat God se nuwe wêreld op ons wag. Daar sal ons Sy heerlikheid sien.
3 Al kry ons nou baie swaar, vat dit glad nie ons blydskap weg nie. Allesbehalwe. Ons weet mos dat swaarkry ons
vorm en slyp om nog meer op God te vertrou.
4 En wanneer ons onverskrokke op God vertrou, help dit ons om 'n sterk Christelike karakter te vorm. En 'n sterk
Christelike karakter maak dat ons deur dik en dun glo dat God se nuwe wêreld op ons wag.
5 Wanneer ons al ons hoop op God stel, sal ons nooit teleurgesteld wees nie. Want Hy vul ons lewens elke dag
met Sy liefde. Dit doen Hy deur die Heilige Gees wat by ons bly.
Gebed: Dankie Hemelse Vader vir geloof in U. Maak dit sterker elke dag.
Help ons om mekaar te dra.
Ons loof U vir groot genade.
Amen.
vertroud te maak daarmee, dieper insig te gee en sodoende die gedagtes in alledaagse taal, in ons harte vas te lê.
Dan ook nog, Die Boodskap teks wat sy gebruik, lees hieronder die 1953 vertaling se weergawe daarvan:
Romeine 5:1 - 5 (1953) ~
1 OMDAT ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus;
2 deur wie ons ook deur die geloof die toegang verkry het tot hierdie genade waarin ons staan; en ons roem in die hoop op die heerlikheid van God.
3 En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk,
4 en die lydsaamheid beproefdheid en die beproefdheid hoop;
5 en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.