Page 1 of 1
Jakkalsstoel gesoek
Posted: Tue Jun 02, 2020 7:43 pm
by Spanner
Ek wil 'n maat help om sy toerusting aan te vul.
Hy is op soek na 'n jakkalsskietstoel - verkieslik tweedehands, maar hy sal ook kyk om een nuut te koop of te laat maak.
Die probleem is, die ou weeg 147kg, so die stoel sal moet vasstaan ! Hy is in Vanderbijlpark.
Kan julle dalk help met info van kêrels in daai omgewing wat stoele het of maak ?
Spanner
Re: Jakkalsstoel gesoek
Posted: Wed Jun 03, 2020 4:04 pm
by Spanner
Sjoe... is daar niemand wat weet van ouens wat stoele bou in VdB omgewing nie ?
Re: Jakkalsstoel gesoek
Posted: Wed Jun 03, 2020 4:23 pm
by Henlo
http://www.hunting-chair.co.za/ Ek verneem hulle is in die vaal driehoek
Re: Jakkalsstoel gesoek
Posted: Wed Jun 03, 2020 4:56 pm
by Spanner
Baie dankie ek sal die info deurgee
Re: Jakkalsstoel gesoek
Posted: Wed Jun 03, 2020 5:35 pm
by Riaan Kriel
Kontak vir Hendrik Breedt op 083 twee ses 7 0 5 een sewe. Hy is geleë tussen Makwassie en Wesselsbron. Sy stoele is baie stewig en sal 'n man van daai grootte maklik dra.
Re: Jakkalsstoel gesoek
Posted: Wed Jun 03, 2020 7:51 pm
by Spanner
Magic, baie dankie.
Re: Jakkalsstoel gesoek
Posted: Fri Apr 25, 2025 3:50 pm
by BK9
Goeie Middag Almal.
Is daar iemand wat in die NW jakkels jag stoele bou ?
of is daar dalk iemand wat n ou een wil verkoop.
groete
Re: Jakkalsstoel gesoek
Posted: Fri Apr 25, 2025 3:55 pm
by Krobb
Goeie middag
Ek het eenkeer n stoel gesien waarop 2 mense kan sit.
Ek sal bly wees as iemand meer inligting kan gee.
Re: Jakkalsstoel gesoek
Posted: Fri Apr 25, 2025 5:08 pm
by Christo
Ek het nog 'n nuwe pivot gedeelte met sliprings as iemand stoel wil bou.
Gebou deur Freek Senekal hier op die forum destyds. Ek het nooit gekom by stoel bou nie.
Whatsapp my dan stuur ek foto's en kan ons onderhandel
Re: Jakkalsstoel gesoek
Posted: Sat Apr 26, 2025 8:59 am
by Vleisie
Krobb wrote: Fri Apr 25, 2025 3:55 pm
Goeie middag
Ek het eenkeer n stoel gesien waarop 2 mense kan sit.
Ek sal bly wees as iemand meer inligting kan gee.
Safari Hunting Chairs maak n dubbel stoel, jy kan gerus met Philip gesels.
https://safari-hunt.co.za/product-categ ... uct-page=1
Re: Jakkalsstoel gesoek
Posted: Sat Apr 26, 2025 2:58 pm
by Krobb
Dankie Vleisie.
Re: Jakkalsstoel gesoek
Posted: Sat Apr 26, 2025 9:23 pm
by Geno
Krobb wrote:Goeie middag
Ek het eenkeer n stoel gesien waarop 2 mense kan sit.
Ek sal bly wees as iemand meer inligting kan gee.
Ek verkoop Truter stoele in beide enkel- en dubbel sitplek modelle. Die Truter stoel is die maatstaf waarteen alle ander stoele gemeet word.
Re: Jakkalsstoel gesoek
Posted: Tue Apr 29, 2025 9:38 pm
by Apie
Vir ons ons ingeligte Jakkals jagters!
Is die dubbel stoel nou agv van klimaatsverandering en ekstra koue Vrystaat en Karoo nagte om mekaar warm te hou?
Of waarom sal mens ‘n dubbel stoel gebruik?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Jakkalsstoel gesoek
Posted: Wed Apr 30, 2025 6:40 am
by Geno
Ek gebruik die dubbelstoel om my laaitie saam my te vat en te leer. Asook om buitelanders in die aand te vat om jakkalse te skiet.
Re: Jakkalsstoel gesoek
Posted: Wed Apr 30, 2025 9:45 am
by Capt. Yoda
Apie wrote: Tue Apr 29, 2025 9:38 pm
Vir ons ons ingeligte Jakkals jagters!
Is die dubbel stoel nou agv van klimaatsverandering en ekstra koue Vrystaat en Karoo nagte om mekaar warm te hou?
Of waarom sal mens ‘n dubbel stoel gebruik?
Sent from my iPhone using Tapatalk
As jy vars gekys is en die pop wil orals saam gaan
Re: Jakkalsstoel gesoek
Posted: Fri Aug 22, 2025 2:55 pm
by PITSMIT
Christo wrote: Fri Apr 25, 2025 5:08 pm
Ek het nog 'n nuwe pivot gedeelte met sliprings as iemand stoel wil bou.
Gebou deur Freek Senekal hier op die forum destyds. Ek het nooit gekom by stoel bou nie.
Whatsapp my dan stuur ek foto's en kan ons onderhandel
christo hoe kontak ek jou asb