Page 1 of 1

Weerstoestande vir jag met roepmetode.

Posted: Thu Jan 08, 2009 1:36 pm
by Lourens G
Calling on all callers

Ek het 'n paar teorie? oor die invloed van die weer op nagroep en sal dit waardeer as ek nog meer inligting kan kry van julle ander manne wat ook nog nagroep doen.

Ek stel veral belang in die weerstoestande ( Temp.- Wind rigting/temp/sterkte-wolke-vog/dou/re?n/ryp ens.) soos jy dit ondervind het tydens die dood van 'n jakkie of 'n katsi gedurende die maande van Junie en Julie (diep winter) asook watter tyd van die nag/dag dit was en in watter distrik.

Gooi ook sommaar die maanstand of die datum in as jy kan.

As die inligting my teorie? onderskryf kan dit hier bespreek word tot voordeel van alle nagridders.

n.s. Ek glo die Vrystaters het baie inligting want hulle skrik mos nie vir sub zero temerature nie. My ISUZU start altyd, maar hy kort bietjie woema.


Groete
Caller   

Re: Weerstoestande vir jag met roepmetode.

Posted: Mon Jan 12, 2009 4:48 pm
by Dawie
Caller

Junie, Julie.....2006,2007,2008 meeste jakkalse geskiet tussen 19h00 en 21h30

Dawie

Re: Weerstoestande vir jag met roepmetode.

Posted: Tue Jan 13, 2009 9:27 am
by JACQUES BOTHA
CALLER
NOU WEET JY DAT DIE ISUZU MANNE  DIE "250 DIESEL" EINTLIK MOES HERDOOP HET NA " 250 DIE  ESEL" STADIG MAAR SEKER.....EN EKONOMIES...

Re: Weerstoestande vir jag met roepmetode.

Posted: Tue Jan 13, 2009 11:24 am
by Kruger
Daar word gese dat die enigste verbetering wat aangebring kan word aan daai Isuzu 250's 'n 'wiper' op die agterruit is. Dis nou vir die torre wat jou van agter af invlieg!

Re: Weerstoestande vir jag met roepmetode.

Posted: Thu Jan 15, 2009 12:57 pm
by Caller
Dawie

Dankie man. Daai is maar my gunsteling tye ook. Maar het jy al nanag probeer of selfs so met dagbreek, spesifiek in die diep winter?

Caller

Re: Weerstoestande vir jag met roepmetode.

Posted: Fri Jan 16, 2009 8:39 am
by Dawie
Caller
Die voordeel van winter is dat dit vro?r donker raak so ou kan gouer begin lig.  Die nadeel is natuurlik koue,  daai koue wat maak dat jy nie jou gesig kan beweeg nie en jou kop begin so half dronk raak.  Ek hou nie daarvan om te skiet as ek koud kry nie want dit tas jou kordinasie aan,  dit het my al laat mis skiet,  want nou het jy nog handskoene aan want jou vingers pyn en as jy op katjie of jakkie afgery kom moet jy die handskoene nou nog uitrek ook,  dit maak 'n man nog stadiger op die "draw".  O en daai "wind chil factor" eina!! :'(  Omtrent die helfde van die jakkalse wat ek Jun,Jul skiet ry ek op af.

Ek het al tot so 03h00 sogens in die winter geroep ma dan is ek al amper vrek,  ek jag dwarsdeur die jaar.  Hier is ouens wat glad nie in die winter jag nie nie want die goed kom moeiliker in en hulle wil nie koud kry nie.

My grootste probleem is om iemand te kry om die bakkie te ry.

Die dagjag storie het ek eers einde 2008 op Hein se gevorderde kursus van geleer so ek het nog nie eintlik ondervinding daarvan nie.

"Luck" en so veel moontlik tyd in die veld speel ook 'n groot rol,  daai slim jakkies kry 'n ou partykeer net soos jy oor 'n bultjie gery kom,  dan is hy nog bietjie verward of sommer so in die draffie as hy sy ogies knip is hy in die hemel...Quick Draw!!!

Persoonlik dink ek nie dat daar noodwendig 'n sekere tyd saans wat "beter" is nie ek is van mening hoe meer jy in die veld is hoe meer kry jy vrek.

Waar boer en of skiet jy?

Re: Weerstoestande vir jag met roepmetode.

Posted: Fri Jan 16, 2009 1:15 pm
by Caller
Dawie

Nee ek boer nie, maar laat ons maar net s? ek jag maar dwarsoor die Republiek van die Vrystaat. Jy weet die gebied tussen die Vaal en die Groot Gariep. Ek konsentreer graag in die Suid-Westelike deel van hierdie ou Boere Republiek (Dealesville, Boshof en Hertzogville).

Dawie ou maat , nee ek sien jy is een van daai manne wat die die ding maak werk soos dit jou pas, maar ek het 'n teorie oor diepwinter se koudkry. Sal net graag wil hoor wat die manne se ondervinding is daarmee, voorlat ek my kop uitsteek.  Dink aan dagbreek.

Ek jag natuurlik baie lekker in die dag gedurende die winter en het selfs al 'n paar rooi-makoetsa's in die dag geroep en omgedop.

Caller

 

Re: Weerstoestande vir jag met roepmetode.

Posted: Fri Jan 16, 2009 2:31 pm
by tafjak
Caller

Hier in die iesten cape werk ek nader  aan die see as dit diep winter raak. Jy moet maar die uurglas dophou.

In die kouerdele hou ek daarvan om so teen 11 se kant 'n uiltjie te knip tot so 4 uur. Jakkalse is maar skaars en sku daardie tyd van die jaar. MAAR HULLE MOET VREET! Dit kan koud wees, die wind moet net nie waai nie.

Taffie

Re: Weerstoestande vir jag met roepmetode.

Posted: Fri Jan 16, 2009 2:58 pm
by Caller
Taffie

Jy is absoluut op die regte spoor. Koue wind "is bad news my frend" en ja hulle is minder aktief hier oor die middernag ure.

Caller

Re: Weerstoestande vir jag met roepmetode.

Posted: Fri Jan 16, 2009 3:18 pm
by JACQUES BOTHA
caller
dis reg ja maar die katte is weer besig hier om die 2 uur in die oggend tyd....as dit n kat is wat vang....het ek agtergekom al .maar  kat het eintlik mos nie ure en maan en nuuskierigheid aan hulle nie....maar hongerte laat hulle [partykeer nogal sprints oefen om in te kom...

Re: Weerstoestande vir jag met roepmetode.

Posted: Fri Jan 16, 2009 8:01 pm
by tafjak
Ek wonder hoeveel katte word raakgery in warm noordweste winde?

Taffie

Re: Weerstoestande vir jag met roepmetode.

Posted: Mon Jan 19, 2009 1:07 pm
by Caller
Weet nie. Hier in Sentraal S.A. is die nagwind hoofsaaklik Noord-Noord-Oos. Die namiddagwind is wel die meeste van die tyd Noord-Wes.

Wat ek wel weet is dat die katte lekker loop as die weerglas sak.

Caller

Re: Weerstoestande vir jag met roepmetode.

Posted: Wed Jan 21, 2009 9:14 am
by Caller
O ja en moennie vergeet nie, die katte met die dik sterte loop laat.

Caller

Re: Weerstoestande vir jag met roepmetode.

Posted: Thu Jan 22, 2009 9:32 pm
by tafjak
Caller

Ek weet nie wat vanaand aangaan nie, maar hiers darem 'n hele paar manne nie in die veld nie en kyk waar loop die tyd. Staak die manne of verbeel ek my of die wind maar orals knaend is.

O!!! daar sak die wind nou net, cheers sien more.

Taffie

Re: Weerstoestande vir jag met roepmetode.

Posted: Wed Feb 25, 2009 9:54 am
by Caller
Meerkat, Meerkat, Meerkat kom in!!!

Ontvang jy my?

As jy my kan ontvang! Druk jou send knoppie drie maal.

Ek wag vir jou ondervinding i.v.m met die weerstoestande wat jakkie se aktiwiteite be?nvloed. Stuur.

Lyk my jy ontvang my nie lekker nie. Sal jou later weer probeer.

Oor en uit.


Caller

Re: Weerstoestande vir jag met roepmetode.

Posted: Wed Feb 25, 2009 10:54 pm
by MEERKAT
Caller

Het vir jou Email gestuur.

Meerkat