Page 1 of 3

Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Posted: Fri Jun 12, 2020 5:26 pm
by Wouter Roets
Boys

Ek het so bietjie van n keuse om te maak. Wat dink julle en hoekom?

Groetnis
Wouter

Re: Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Posted: Fri Jun 12, 2020 5:29 pm
by DWB
Ek dog jy het laaaaankal die Amarok V6 ;)

Re: Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Posted: Fri Jun 12, 2020 5:52 pm
by jankraay
Wouter Roets wrote:Boys

Ek het so bietjie van n keuse om te maak. Wat dink julle en hoekom?

Groetnis
Wouter
Wout waar gaan daai bakkie oral loop?


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Posted: Fri Jun 12, 2020 5:55 pm
by JK
Seker nie rerig n vergelyking nie. Soos gese waat moet hy doen.

Re: Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Posted: Fri Jun 12, 2020 5:57 pm
by kwagga
Eintlik het jy beide nodig.......

Re: Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Posted: Fri Jun 12, 2020 6:03 pm
by Wouter Roets
Jan

Ek het n Land Cruiser VXR ook so ek kan seker nie se ek kort nou n voertuig waar my Amarok nie kan loop nie. Ek ry nie meer so baie soos voorheen nie, so die Land Cruiser sal kan werk vir wat ek huidig met die Amarok doen. Werk toe en terug, jagtrips en meskien so nou en dan n toertrippie. My probleem is die nuwe 190kw Amarok moes nou uitkom en die skrefie-ogie griep het dit nou uitgestel na erens in volgende jaar, so die no-braiener besluit is nou nie meer so nou-brainer besluit nie. Die nuwe Amarok moet in 2022 uitkom maar sal seker met die huidige crap eers in 2023 uitkom. Dit en die feit dat die tweedehanse mark nou lewendig is maak dat ek nou n besluit moet maak. Ek was lanklaas so deurmekaar!

Groetnis
Wout

Re: Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Posted: Fri Jun 12, 2020 6:07 pm
by tripodmvr
VXR of Amarok - watter een ry die gemaklikste en watter een het die beste woema?

Re: Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Posted: Fri Jun 12, 2020 6:16 pm
by Wouter Roets
DWB wrote: Fri Jun 12, 2020 5:29 pm Ek dog jy het laaaaankal die Amarok V6 ;)
Deon

My Amarok V6 is nou 3jaar oud en het maar 38 000km op en dit is nou tyd om hom te vervang vir verskeie redes soos vroeer genoem. Ek geniet daai bakkie elke keer wat ek in hom klim en hy is nog soos die dag wat ek hom gekoop het. Ek kan great deals nou kry op n nuwe een, om n idee te gee ek kan dieselfde prys betaal as wat ek 3 jaar terug betaal het en nog R50 000 wen op my deposito. As dit net die verdomde 190kw weergawe was dan het ons nou nie die gesprek gehad nie. Maar om nou die huidige bakkie weer te vat en n 190kw een ry volgende jaar verby my gaan maak dat ek in die reeling in vas jaag.

Groetnis
Wout

Oom Drieppot my VXR het drie chips in(250kw en 950NM) en die standaard Amarok sal hom nog steeds wegry tot en met 160km/h en 30km/k vinniger om n draai gaan.

Re: Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Posted: Fri Jun 12, 2020 6:29 pm
by Ds J
Wouter, dit klink vir my jy soek n nuwe speelding, en nie n ernstige werkesel nie.

In daardie geval is dit dalk raadsaam om elkeen van hulle vir n behoorlike draai te vat en dan vir die Amarok te besluit.

Re: Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Posted: Fri Jun 12, 2020 7:10 pm
by jankraay
tripodmvr wrote:VXR of Amarok - watter een ry die gemaklikste en watter een het die beste woema?
VXR en Amarok kan nie met mekaar vergelyk word as n man n bakkie wil koop nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Posted: Fri Jun 12, 2020 7:12 pm
by jankraay
As jy n speelding soek wat min gaan werk koop die Amarok. As jy n werks ding soek wat lekker kan speel koop die Cruiser.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Posted: Fri Jun 12, 2020 7:32 pm
by Wouter Roets
Jan

Daar is n magdom punte vir elkeen van die twee bakkies en ek besef terdee die verskille. Eerste plek gaan die Cruiser my R250 000-R300 000 meer kos maar die voordeel is ek kan hom dubbel die tyd ry as die Amarok. Ja hy het nie n diensplan nie, jy moet hom elke 5000km laat diens en hy suip diesel soos ek met Johnny en bier tekere gaan maar hy bly iets spesiaal. Ek het destyds toe die DC uitkom gewag vir die V8 en nadat Toyota SA my met n amptelike skrywe meedeel dat hulle nie die V8 hier gaan uitbring nie die 4.0 V6 gekoop. Nadat ek hom ingekleur het en getoor het het ek hom vir n jaar gery met n oordentlike glimlag op my gevreet totdat ek hom gerol het. So ek weet baie mooi die verskil tussen die twee voertuie. As ek nie die VXR ook gehad het nie was dit n no brainer vir die Amarok, maar aangesien ek die VXR seker sal vervang met die nuwe een wat oor n jaar of twee hier sal wees is die besluit nie so eenvoudig nie.

Sal eintlik graag met n Cruiser wil ry wat is soos ek beplan om myne te maak, ek bedoel performance gewys, dan sal ek weet of n mens vir n 5 of n 6 jaar met hom sal kan lewe. Lekker ding van n Cruiser of is dit nou n slegte ding is dat jy nooit ophou om iets aan hom te doen nie. Die oomblik as jy gatvol raak dan sit jy iets nuut by. Dink nie jy kan hom ooit perfek kry nie. Met die Amarok is dit maklik jy bestel die Hi-Line plus en daar gaan jy. Dit is maar die tweede voertuig in my hele lewe wat ek nie eers ge-chip het nie. Dit bly n awesome bakkie, maar ek weet ek gaan n beroerte kry as die 190kw model uitkom. As ek hom dan koop dan is die kompleet nuwe model te vinnig op my alie. Hoe meer ek dink hoe meer deurmekaar raak ek!

Groetnis
Wout

Re: Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Posted: Fri Jun 12, 2020 8:06 pm
by Frederik
Dit is nou lekker kopkrap probleem om te hé.
Dit is 'n moeilike een en soos jy noem timing is nou deurmekaar.
Ek stel voor vat wat jy eerste kan kry want ons het geen idee hoe lank dit gaan vat voor ons alles weer tot normaal gaan kry as ons ooit weer na normaal gaan terugkeer.

Re: Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Posted: Fri Jun 12, 2020 8:35 pm
by Wouter Roets
Freek

Soos ek noem val die dealers oor hulle voete om besigheid met n mens te doen met oor as genoeg voorraad en afslag wat daar nog nooit van te vore was nie. Ek kan nou tweedehans oor die R500 000 kry vir die Amarok wat ek drie jaar terug R 700 000 voor betaal het. Ek kan n nuwe een nou vir R680 000 kry. Die Cruiser sal ek nou kan kry vir heel moontlik 12% af op die lys prys, dalk meer, die beste wat ek nog ooit op Toyota se bakkies kon kry is 9% af so hierdie is die tyd om te koop en te verkoop. Die feit is ek gaan nog steeds draai by R900 000 vir die Cruiser met sy ekstras wat heelwat meer is as die Amarok, maar ek sal dit weer dubbel en dwars terug maak die dag as ek hom verkoop.

Groetnis
Wout

Re: Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Posted: Sat Jun 13, 2020 7:26 am
by Apie
As daai 175kw in die VW vir jou te min raak gaan daai Cruiser jou baaaaiieee frustreer.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Posted: Sat Jun 13, 2020 7:56 am
by DWB
Wout.....

As jy standaard uit die fabriek uit gekom het met ñ lang genoeg ene (plesierspier het ek jou dit al sien noem) koop ñ Amarok aangesien jy dan blykbaar gesetel is in jou manlikheid.

As jy voel jy kort nog so raps, koop die V8 Cruiser, ek hoor daai V8 brul laat dinge groei ;D ;D ;D en help dan blykbaar in die manlihood gedeelte ;D ;D ;D

Onthou net dat hulle vir die Cruiser remme inbou as jy die volume laat aandraai, hy kom mos nie met dit uit nie ;D

Re: Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Posted: Sun Jun 14, 2020 7:40 pm
by Capt. Yoda
Jy het klaar die VXR vir lekker ry, hak daai V8 cruiser en sit alles wat chrome kan wees op hom

Re: Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Posted: Sun Jun 14, 2020 8:25 pm
by Williel
Vir my is die V8 te laag gerat. Dit voel of hul 1ste en 2de rat maar kon uitlos. Duine ry kan hy ook maar los om by die gewone V6 cruiser te kom, maar dis net my mening. Ekonomies om nou goedkoop te koop en oor n jaar of wat weer te verkoop om geld te maak is goed. Dan kan jy sommer self ervaar hoe daai V8 vir jou voel.

Re: Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Posted: Sun Jun 14, 2020 10:40 pm
by ruaanb
Daar is n 2de/5de rat mod wat daai uitsorteer.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Posted: Mon Jun 15, 2020 9:27 am
by Geno
Doubblekajuit Cruisers word gebou sodat 4 ouens saam kan voel hoe ongemaklik hulle ry...
Ek sou die Amarok vat.

Re: Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Posted: Mon Jun 15, 2020 9:58 am
by Wouter Roets
Boys

As ek alles wil doen op die Cruiser wat ek wil, kyk jy maklik na R300 000 ekstra. Dit raak so bietjie belaglik, want die dag as jy hom wil verkoop dan kry jy nie R100 000 terug nie. Ek weet die Cruiser is n moerse nice to have, maar ek weet wragtig nie of die kool die sous werd is nie. R1 100 000 vir n bok-wa, ek weet darem nie. Deon dan sal ek met my klein moolman maar moet aangaan met die Amakrokkie, hy het darem heated seats wat hom sal warm hou!

Groetnis en dankie vir die saampraat
Wouter

Re: Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Posted: Mon Jun 15, 2020 11:14 am
by Blitzzz
Lekker lag ek nou...

Die V8 se engin geluid klink net vir my baie beter as die V6 amarok. Dis seker soos ons gewere ook koop. Howa’s sal die bokke huis toe bring, maar tog koop ons ander handelsmerke oor een of ander persoonlike rede. Albei sal die werk doen. Vir my gaan dit oor watter een ek sal trots wees EN ook wat ek kan bekostig.

Ek sou hands down die cruiser vat, maar ek het ook nie ‘n VXR nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro

Re: Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Posted: Mon Jun 15, 2020 11:59 am
by Katefbessie
Amarok!

Re: Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Posted: Mon Jun 15, 2020 12:09 pm
by Wouter Roets
Blitzzz

Al wat dan nou maar oor bly is om n freeflow op die VXR te sit. Spanner met n smile op sy bakkies!

Groetnis
Wouter

Re: Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Posted: Mon Jun 15, 2020 12:51 pm
by Arnold van Wyk
As jy die LC V8 werlik gaan gebruik waarvoor hy gebou is koop hom. Maar om n bakkie met 38000km interuil op selfde model, is so goed ek skei my vrou en trou weer met haar. Ek wil darem nuwe een kry met "facelift" en "boobjob" ek sou wag vir nuwe Amarok.