Page 1 of 1
Opinies/raad oor Berretta Silver Pigeon 1 12boor 28"
Posted: Sun Jun 21, 2020 1:42 pm
by Gian_dP
Ek het toevallig op een van hierdie haelgewere afgekom wat binnekort te koop gaan wees aangesien eienaar oorsee verhuis.
Ek het bitter min kennis oor haelgewere en ervaring met haelgewere- paar social kleiduifskiete, paar keer met vriende se gewere hase, eende ens geskiet. Altyd baie lekker gewees, maar was nie rerig in die mark vir haelgeweer nie.
My vraag is rondom die geskiktheid van die Silver Pigeon as "all rounder" vir beginner haelgeweerskut, seker 70% kleiduif en 30% jag.
Is hierdie n goeie opsie?
Watter ander opsies is daar in R15000-R20000 prysklas?
Over/under vs semi-outo?
Waarvoor moet ek uitkyk in my soek na 'n haelgeweer, veral as ek tweedehands wil koop?
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: Opinies/raad oor Berretta Silver Pigeon 1 12boor 28
Posted: Sun Jun 21, 2020 2:21 pm
by Lategan1
Gian, ek is nie kenner nie, wel redelik omring deur hulle.
Gesels met Niël Rossouw by SO Stellenbosch. Hy was o.a. voorheen bestuurder by Valley Gun Club en rig ook af.
As jy iemand ken wat lid is daar, gaan kyk ook self. Ek lid daar, indien jy nie regkom nie kan ons gesels. Google sal ook mooi antwoord.
Jy kan baie opinies kry en jou behoefte hier genoem is vir my duidelik. Ek antwoord jou uit ‘n meer puristiese oogpunt.
Side x side: klassieke veldgebruik.
Over an Under: veld en sport. Dit is die allrounder vlgs jou behoefte en is ook die een wat gebruik en aanbeveel word by kleiduif skietklubs.
Auto: Het ‘n ander primêre aanwending, maar kan ook deug vir bg. Die puriste mag dalk net so bietjie frons!!
Silver pigeon - is die intreevlak vir ernstige skuts. Dus ‘n uitstekende keuse volg. jou behoefte gemeld. Jy sal met trots by enige kleiduifklub jou Beretta kan uithaal, dit nog vir baie jare. Jy kan dalk net oplees/ navraag doen oor 28” vs 30” vir jou gemoedsrus.
Tegnies of dit uitgewerk is, nie my veld nie. Ek weet net die knakaksie is redelike aanduiding oor die swaar gebruik daarvan al dan nie.
Prysklas klink baie goed.
Ek skiet self ene.
Beste.
Re: Opinies/raad oor Berretta Silver Pigeon 1 12boor 28"
Posted: Sun Jun 21, 2020 2:29 pm
by Gian_dP
Dankie Lategan, ek het gedink om met Niel te gesels as ek weer by S&O kom. Is Valley al oop?
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: Opinies/raad oor Berretta Silver Pigeon 1 12boor 28
Posted: Sun Jun 21, 2020 2:54 pm
by Lategan1
Weet nie of saam gholf oopgemaak het nie, ook geen e-pos ontvang nie, wat ons normaalweg wel kry.
Ek gaan jag die week, my kop op dit!!!
Beste.
Re: Opinies/raad oor Berretta Silver Pigeon 1 12boor 28"
Posted: Sun Jun 21, 2020 3:28 pm
by BeesBreet
Jy gaan sukkel om n beter ou vir daai tipe geld te kry...
Kan nie deelneem aan kluie kompetisies met n semi nie...(trap en skeet)
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Opinies/raad oor Berretta Silver Pigeon 1 12boor 28
Posted: Sun Jun 21, 2020 4:22 pm
by Ranger
If it fits you, buy it. If you get it for R15,000 - R20,000, you're stealing it. Don't worry about the barrel length, it will not be the thing holding you back from 25/25.
It is a GREAT all-rounder IMO, I use mine for everything.