Page 1 of 2
warm skoene
Posted: Wed Jun 24, 2020 1:14 pm
by louis joubert
Dagse .wil graag hoor met watse skoene die manne uitgaan in aande.My voete verkluim,so ek soek warm skoene
Re: warm skoene
Posted: Wed Jun 24, 2020 1:26 pm
by Plaashaas
Begin by goeie sokkies. First Acccent se sneeu sokkies werk maar jy gaan nou seker al naby R400 betaal vir n paar.
Wat die skoene betref gaan dit afhang wat jy bedoel met "uitgaan in die aande".
Re: warm skoene
Posted: Wed Jun 24, 2020 1:38 pm
by Capt. Yoda
Neem aan Louis bedoel jakals gaan jag in die aand
Re: warm skoene
Posted: Wed Jun 24, 2020 2:16 pm
by Toyrsi
Wol pantoffels
Re: warm skoene
Posted: Wed Jun 24, 2020 2:21 pm
by louis joubert
Het gehoor van wol pantoffels,maar kan seker nie baje loop met hulle.
Re: warm skoene
Posted: Wed Jun 24, 2020 2:25 pm
by louis joubert
So sit agter op bakkie vries my tone.het gehoor van pantoffels,ma kyk ook na skoene,en waar kan ek van hulle indie hande kry
Re: warm skoene
Posted: Wed Jun 24, 2020 2:57 pm
by Eduard Venter
Ek hou die draad ook fyn dop. Ek gaan maar gewoonlik uit met 2 pare kouse in die aande.
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Re: warm skoene
Posted: Wed Jun 24, 2020 3:02 pm
by Witpietskiet
https://www.freestylesa.co.za/collectio ... 2265209993
Dit is blykbaar n goeie oplossing, ek wag net dat die grense oopmaak dan gaan ek n paar laat kom.
Re: warm skoene
Posted: Wed Jun 24, 2020 3:03 pm
by prohunt
louis joubert wrote: Wed Jun 24, 2020 1:14 pm
Dagse .wil graag hoor met watse skoene die manne uitgaan in aande.My voete verkluim,so ek soek warm skoene
Hallo Louis,
Gaan kyk op Der Lederhandler se webtuiste vir die "Eskimo Boots". Dis 'n egte leer stewel met egte wol binnevoering. Dis al wat ek dra as ek in die nagte gaan jakkals jag. Ek trek ook natuurlik twee paar wolkouse oormekaar aan. Ek het al menige -5 grade nagte met hulle oorleef. Hy het nog 'n ritssluiter ook vir maklik aantrek.
Groete
Johan
Re: warm skoene
Posted: Wed Jun 24, 2020 3:05 pm
by prohunt
Daai stewel lyk presies soos die wat ek by Der Lederhandler gekoop het
Re: warm skoene
Posted: Wed Jun 24, 2020 3:14 pm
by jankraay
Kry vir jou thermal kouse by Dischem.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: warm skoene
Posted: Wed Jun 24, 2020 3:40 pm
by naas222
Kouse.. plastiek sak .. kouse... vir n vinnige oplossing.
maar kyk jou voete gaan stink



... strek als buite uit
Re: warm skoene
Posted: Wed Jun 24, 2020 5:38 pm
by BeesBreet
Twee pare kouse
As ek slegs in stoel sit wol pantoffels, anders het ek n paar slip on boots met wol inners soos die van wol pantoffels.
Baie ouens gebruik daai freestyle boots met wol inner
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: warm skoene
Posted: Wed Jun 24, 2020 5:38 pm
by BeesBreet
Hoekom wag vir grense? Hulle kan dit koerier
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: warm skoene
Posted: Wed Jun 24, 2020 6:17 pm
by Dirkvh
Vroutjie in ons distrik het vir my hierdie op bestelling gemaak, R1200
Sent from my POT-LX1AF using Tapatalk
Re: warm skoene
Posted: Wed Jun 24, 2020 7:19 pm
by Xplicitly
Hou die spasie dop. Ek is besig met die "ontwikkelingsfase" van my eie leer skoene met wol voering.
Sodra ek 'n wenresep het sal ek foto's opsit, dan kan ons plan maak...
Sent from my SM-G965F using Tapatalk
Re: warm skoene
Posted: Wed Jun 24, 2020 7:25 pm
by musgrave270
jankraay wrote:Kry vir jou thermal kouse by Dischem.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Hierdie op hul eie is al klaar amper genoeg.
Re: warm skoene
Posted: Wed Jun 24, 2020 8:09 pm
by Lamtjop
JCB wol stewels met rubber sool saam met n sokkie wat nie jou voete laat sweet nie werk goed in karoo se koue. Wat stap aanbetref hou dit verbasend goed, ek het al n paar keer berg geklim agter n kat aan met hulle en hulle hou nog. Ek gooi maar my ou paar werks skoene ook op bakkie as ek nou dalk vêr mag loop. Die freestyle boots was vir my te koud.
Re: warm skoene
Posted: Wed Jun 24, 2020 9:11 pm
by Smith223
My ondervinding van fietsry in die oggende terwyl dit nog donker is:
Lekker dik kouse, plastiek sak, en dan skoene.
Re: warm skoene
Posted: Thu Jun 25, 2020 7:47 am
by Toyrsi
louis joubert wrote: Wed Jun 24, 2020 2:21 pm
Het gehoor van wol pantoffels,maar kan seker nie baje loop met hulle.
Die pantoffels is net wanneer jy sit. As jy loop trek jy slipon boots aan. Dis daai stil sit wat man se voete koud maak.
Re: warm skoene
Posted: Thu Jun 25, 2020 7:52 am
by PWV
jankraay wrote: Wed Jun 24, 2020 3:14 pm
Kry vir jou thermal kouse by Dischem.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Luister na hierdie raad. Met hierdie kouse het jy nie ander skoene nodig nie!!
Re: warm skoene
Posted: Thu Jun 25, 2020 7:54 am
by Dirkvh
Ek het heat holders van dischem gekoop en saam met wolkouse gebruik. Teen -7 het hul nie gewerk nie.
Sent from my POT-LX1AF using Tapatalk
Re: warm skoene
Posted: Thu Jun 25, 2020 11:05 am
by Witpietskiet
BeesBreet wrote: Wed Jun 24, 2020 5:38 pm
Hoekom wag vir grense? Hulle kan dit koerier
Sent from my iPhone using Tapatalk
As die grense oopmaak het ek n geleentheid vir hulle op, dan spaar ek darem n hele paar rand op die koerier kostes en invoerbelasting.
Re: warm skoene
Posted: Fri Jun 26, 2020 8:30 am
by louis joubert
Dagse,ek het almal se raad gelees,en se baje dankie vir julle raad
Re: warm skoene
Posted: Fri Jun 26, 2020 2:48 pm
by OosKaapJagter
Hierdie soort goed is ontwerp vir mense wat in koelkamers/vrieskaste werk. Soek basies net "freezer wear South Africa" en kry dan 'n verskaffer naby jou, of een wat aflewer. Daar is stewels ook in die reeks.
https://www.barprostorage.co.za/tag/col ... zer-suits/